Taalbeleid
Taalbeleid van Bet-El Bybel Instituut
As gevolg van akkreditasievereistes en die feit dat ons internasionale aanvaarding in hierdie verband het, is dit nodig om ‘n komponent van ons studiemateriaal in Engels beskikbaar te stel. Dit is nie slegs as gevolg van die feit dat internasionale akkreditasie vir ons belangrik is nie, maar die beste voorgeskrewe werke en artikels is hoofsaaklik in Engels publiseer. Omdat ons egter verkies om ons onderrigmedium Afrikaans te hou, het ons die volgende taalbeleid saamgestel:
- Die onderrigmedium van Bet-El Bybel Instituut is Afrikaans, maar werkopdragte en eksamens kan in die taal van u keuse voltooi word.
- ‘n Groot aantal voorgeskrewe materiaal is in Engels, maar alle studiebriewe, opdragte, take en kommunikasie in die Aanlyn Studiesentrum sal in Afrikaans wees.
- Ons is tans in proses om studiemateriaal in Afrikaans te vertaal en beskikbaar te stel. Hierdie is egter ‘n deurlopende proses.
- Sommige klankbane en dokumente is alreeds in Afrikaans beskikbaar vir kursusse waarvan die studiemateriaal slegs Engels is, maar die meeste lesings wat aan studente gebied word, is in Engels.
- ‘n Groot aantal gidse van hoofvakke in Graad D kursusse, is alreeds in Afrikaans beskikbaar.