Alle studiemateriaal wat ons verskaf, word aan studente versend op ‘n datastokkie (Memory Stick). Studente ontvang as deel van hul studiemateriaal, ‘n gratis sagteware-pakket met ongeveer 25 programme wat hul kan gebruik om behulpsaam te wees gedurende hul studies. Hierdie sagtewarepakket sluit o.a. in: twee volledige Engels verklarende woordeboeke, drie “mindmap” programme, persoonlike beplanning- sagteware soos taak- skeduleerders en nog vele meer.
Daar is ook heelwat gratis materiaal in ons E-Biblioteek wat beskikbaar is vir aflaai aan enige persoon wat ons webtuiste besoek.
Alle voorgeskrewe materiaal is ingesluit vir studente en geen addisionele voorgeskrewe werke hoef aangekoop te word nie. Die een uitsondering hier is die Sertifikaatkursus in Christelike Berading & Lewensafrigting.
Nadat studente die studiemateriaal ontvang het, word hul begelei deur middel van ons aanlyn studie-sentrum.
Alle selfstudie- opdragte word in die Studie- sentrum aan studente deurgegee en werkopdragte is ook daar beskikbaar vir aflaai en kan weer elektronies ingehandig word.
Wanneer ‘n student kwalifiseer vir die eksamen (buiten ekstene eksamens), word die vraestel voltooi in ons aanlyn Studiesentrum, en ons skeduleer ‘n tydgleuf wat die student pas.