Christelike Studieprogramme
Dissipelskap deur Ontwikkeling
Die inhoud van elkeen van hierdie Christelike Studieprogramme kan aktiveer word deur die spesifieke illustrasie in die inhoudsblad hieronder te aktiveer.
Vlak A Studieprogramme
Hierdie studieprogramme fokus daarop om kennis aangaande spesifieke onderwerpe te verbeter. Dit is kort, bekostigbare kursusse en geen krediete word verwerf vir verdere studie nie.
Vlak AA Studieprogramme
Hierdie studieprogramme is korter studieprogramme wat deel uitmaak van die Beroepsertifikaat in Bedieningspraktyk. Krediete word verwerf vir verdere studie in die Beroepsertifikaat (Vlak E). Dit sluit egter geen praktiese werk in nie.
Vlak BB Studieprogramme
Hierdie studieprogram fokus in Vlak I op Christelike Berading terwyl die tweede vlak fokus op Christelike Lewensafrigting. Die inhoud van hierdie kursus is gemik op beroepsopleiding en praktiese werk is van toepassing.