Pre-2020 Studieprogramme
Welkom as besoeker by ons Instituut. Die inligting op hierdie webblad is verouderd en sal mettertyd verwyder word. Dit verskyn steeds hier omrede dit tans gelys is op soekenjins. U kan rustig hierdie inligting deurlees, maar beweeg daarna gerus na die webblad wat hierdie een vervang het. ‘n Skakel na die nuwe webblad is hier aangebring:
Skakel na nuwe inligting – Christelike Studieprogramme
‘n Aantal studieprogramme word nie meer vanaf Julie 2019 aangebied nie. Studente reeds registreer vir hierdie studieprogramme moet hul studies voltooi voor einde Julie 2021.
Studente kan egter nie vir hierdie studieprogramme registreer na Desember 2018 nie. Die spesifieke programme is vervang soos aangedui hieronder. Die nuwe programme kan aktiveer word in die navigasieraam aan die regterkant van hierdie bladsy.
Hierdie verouderde studieprogramme sluit in:
- Christelike Berading 1
- Christelike Berading 2
- Christelike Berading 3
- Dissipelskap
- Leierskap
- Gevorderde Bediening
- Spesialiteitsrigtings
Nuwe studieprogramme wat ou sillabus-pre-2020 studieprogramme vervang
- Christelike Berading 1, 2 & 3 is vervang deur die Sertifikaat in Christelike Berading & Lewensafrigting.
- Dissipelskap, Leierskap en Gevorderde Bediening is vervang deur die Beroepsertifikaat in Bedieningspraktyk (Minister of Religion).
- Spesialiteitsrigtings is in totaliteit vervang en die onderwerpe en spesialisasie is ingewerk in die sillabus van die Beroepsertifikaat in Bedieningspraktyk (Minister of Religion).
(Inligting t.o.v hierdie verouderde studieprogramme is beskikbaar op aanvraag. Kontak ons gerus hier.)