In Diepte Bybelstudie

Dissipelskap deur Ontwikkeling

In-Diepte BybelstudieDie In Diepte Bybelstudie Sertifikaatkursus is ‘n Vlak A (Sien die Prospektus) studieprogram wat die studente voorstel aan goeie Bybelstudie metodes. Studente word ook geleer om hierdie Bybelstudiemetodes toe te pas op ‘n wye verskeidenheid Christelike kwessies. Ons bestudeer ook ‘n oorsig oor die Bybel en leer meer oor die wyse hoe om God se stem te kan hoor. Lees gerus hier meer oor die onderwerp van die Bybel.

Hierdie kursus word slegs deur middel van afstandonderrig aangebied en geen aanlyn besprekingsklasse of mentorskap is van toepassing nie. Studente bestudeer die inhoud deur middel van selfstudie en voltooi die werkopdragte daarna. Geen eksamen is van toepassing op die Sertifikaat in In Diepte Bybelstudie nie.  ‘n Studiementor is egter tot die beskikking van studente indien hulle enige vrae het.

Alhoewel geen SAQA kredietpunte toegeken word vir die suksesvolle voltooiing van hierdie studieprogram nie, kan studente hierdie kwalifikasie aanbied vir erkenning van vorige studie indien registreer word vir Vlak E studies.

Die kursus kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande vakeenhede. Indien dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk, soos in die geval van sertifikaatdoeleindes, op u eie tyd deur die materiaal. Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van die program. Studente mag vir Bybelstudiedoeleindes registreer vir die kursus in geheel en/of losstaande eenhede. ‘n Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word en nie die Sertifikaat nie.

Dit is belangrik vir alle studente om eers vakeenheid SBS-KB101 – Kreatiewe Bybelstudiemetodes te voltooi alvorens aangegaan kan word met die ander vakeenhede.

Studente wat registreer vir die Sertifikaatkursus moet ‘n werkopdrag in elkeen van die 5 kursusse tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat te ontvang. ‘n Finale eksamen is egter nie van toepassing nie.  Lees gerus meer oor elke vakeenheid onder die titel “Kursusinhoud” hieronder. U kan ook die Prospektus aflaai en bestudeer vir volledige inligting.

Alle voorgeskrewe studiemateriaal vir die voltooing van hierdie program is ingesluit by die koste van die kursus. Ons verskaf ook gratis ‘n aantal aanbevole werke wat gebruik kan word deur studente, maar dit is egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.

U benodig geen spesiale sagteware om die studiemateriaal in hierdie kursus te lees nie, buiten ‘n pdf leser en MS Word wat deel is van die MS Office bundel. Indien u nie oor ‘n pdf leser of MS Word beskik nie, laai gerus Adobe Reader asook Libre Office af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie “Programmatuur” te aktiveer.

Toelatingsvereistes

Graad 12, alternatiewelik Graad 10 en ouer as 22 jaar.  Indien u egter nie aan hierdie vereiste voldoen nie maar tog belangstel, kontak ons gerus.

Kursusinhoud

Die Sertifikaat in In Diepte Bybelstudie behels twee hoofvakeenhede en drie byvakke, dus die volgende vyf (5) vakeenhede:

Hoofvakke:
Kreatiewe Bybelstudiemetodes

Hulp aan gelowiges vir persoonlike studie van God se Woord. Studente leer hoe om die Bybel te bestudeer per boek, hoofstuk, paragraaf, vers en woord. Metodes sluit in die biografiese, teologiese, tipologiese en tematiese metodes. Die gebruik van sagteware in Bybelstudie word ook bemeester.

God Praat Vandag Nog – Hoor Sy Stem

Gelowiges hoor dikwels die frase “God het vir my gesê”. Wat presies bedoel hul daarmee? Het jy al God se stem gehoor? Ons leer alle aspekte van God se stem en leer gelowiges hoe om van God te hoor.

Byvakke:
Die Leiding van die Heilige Gees

Om deur die Heilige Gees gelei te word, impliseer dat ons Sy stem sal hoor. Dit is waaroor hierdie studie gaan. Ons bestudeer Bybelse beginsels asook praktiese beginsels met betrekking tot hierdie onderwerp.

Ou Testamentiese Oorsig

‘n Oorsig oor die verskillende boeke en literatuursoorte wat voorkom in die Ou Testament.

Nuwe Testamentiese Oorsig

‘n Oorsig oor die verskillende boeke en literatuursoorte wat voorkom in die Nuwe Testament.

Duur van Studie

Studente wat registreer vir hierdie kursus moet vyf modules suksesvol voltooi. Hierdie modules word kategoriseer as teoretiese modules en geen praktiese werk is van toepassing nie. Ons beveel aan dat voltydse studente die program binne 6 maande voltooi, terwyl deeltydse studente dit binne ‘n bestek van een (1) jaar behoort te voltooi.

Studiemetode

Hierdie studieprogram word deur middel van afstandsonderrig aangebied. Dit behels selfstudie deur studente.

Koste van Studieprogram

Die koste van die Sertifikaat in In Diepte Bybelstudie is R 2 930.00.  Hierdie studiekoste sluit registrasie, versending van u datastafie, asook alle studiemateriaal in. U kan volledige inligting oor die studiekoste verkry in die Prospektus.  U kan die Prospektus hier aflaai.

Registrasie

Indien u wil voortgaan en registreer vir 'n kursus, aktiveer die illustrasie hieronder:

Registrasie

Studiesentrum

Aktiveer die illustrasie hieronder om na die Studiesentrum te beweeg:

Studiekalender 2023

Studiekalender

Aktiveer die illustrasie hieronder vir inligting m.b.t belangrike datums en gebeure

Studiekalender 2023

Nuwe registrasies vir 2023 is deurlopend oopgestel.

Eksamen

Eksamenblokke gedurende Januarie en Julie jaarliks. Eksamenrooster word publiseer in die Studiekalender op 1 Junie (Sien Studenteportaal).

Die volgende eksamenblok is skeduleer vir 1 tot 29 Julie 2023.

Aanlyn Registrasie

Voltooi gerus die aanlyn registrasievorm hier.