Kerkgeskiedenis
Dissipelskap deur Ontwikkeling
Studente wat registreer vir die Sertifikaat in Kerkgeskiedenis verwerf kennis aangaande die geskiedenis van die kerk asook ‘n oorsig oor ‘n verskeidenhied van Christelike tradisies. Hierdie sertifikaat is n kredietdraende Vlak AA kursus wat bestaan uit een (1) module en twee (2) vakeenhede en vorm deel van Kwalifikasie 101571 onder die SAQA (South African Qualifications Authority) omgewing, soos aanbeveel en goedgekeur deur die QCTO (Quality Council for Trades and Occupations), Die kwalifikasie word onder toesig van LEDISA Academy (Pty) Ltd aangebied..
Die Sertifikaat in Kerkgeskiedenis is ‘n bywoningsertifikaat wat bestaan uit een module en twee vakeenhede met die totale kredietwaarde van 6 SAQA krediete, oordraagbaar na die Beroepsertifikaat in Bedieningspraktyk. Die finale uitkomste van hierdie kwalifikasie is as volg:
- Verskillende manifestasies van die kerk vanaf Nuwe Testamentiese tye.
- Oorsig oor die hoofgroeperinge van die kerk deur verskeie ontwikkelingsfases, karaktereienskappe en verhoudings tussen hierdie groeperings.
- ‘n Verskeidenhied van tradisies wat deur die verloop van die geskiedenis ontstaan en ontwikkel het.
- Die geskiedenis van sendingwerk in Afrika en die invloed daarvan op die ontwikkeling van ‘n verskeidenheid kerke.
- Die redes vir die ontwikkeling van Afrika-kerke.
- Die karkatereienskappe van die hoofgroeperings van Afrika-kerke en die onderskeidende faktore tussen hulle.
Toelatingsvereistes
Die toelatingsvereistes vir die Sertifikaat in Kerkgeskiedenis is Graad 12, met Engels as vereiste. Die taal waarin ons met u kommunikeer, u begelei in u studies en ook kontaksessies aanbied (sien studiemetode hieronder), is wel Afrikaans. Dit is egter ‘n vereiste van die Departement van Onderwys in hierdie stadium dat die studiemateriaal en eksamens in Engels hanteer moet word. Dis ongelukkig buite ons beheer en is voorskriftelik met betrekking tot die akkreditasievereistes.
Kursusinhoud
Die Sertifikaat in Kerkgeskiedenis (6 krediete) behels die volgende module en twee (2) vakeenhede:
Kerkgeskiedenis (6 Krediete)
- Algemene Kerkgeskiedenis
- Oorsig & ontwikkeling van die kerk.
- Hoofgroeperinge van kerkontwikkeling.
- Afrika Kerkgeskiedenis
- Geskiedenis en ontwikkeling van die kerk in Afrika.
- Geskiedenis van sending in Afrika.
- Hoofgroeperinge van die Afrika-kerke.
Studiemateriaal
Alle voorgeskrewe studiemateriaal vir die voltooing van hierdie program is ingesluit by die koste van die kursus. Ons verskaf ook gratis ‘n aantal aanbevole werke wat gebruik kan word deur studente, maar dit is egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.
U benodig geen spesiale sagteware om die studiemateriaal in hierdie kursus te lees nie, buiten ‘n pdf leser en MS Word wat deel is van die MS Office bundel. . Indien u nie oor ‘n pdf leser of MS Word beskik nie, laai gerus Adobe Reader asook Libre Office af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie “Programmatuur” te aktiveer.
Duur van Studie
Studente wat registreer vir hierdie kursus moet slegs drie teoretiese modules suksesvol voltooi. Ons beveel aan dat voltydse studente die program binne 6 maande voltooi, terwyl deeltydse studente dit binne ‘n bestek van een (1) jaar behoort te voltooi.
Studiemetode
Hierdie studieprogram word deur middel van afstandsonderrig onder mentorskap aangebied. Dit behels selfstudie deur studente, die bywoning van enkele internet-besprekingsessies (altyd na-ure aangebied), die indiening van werkopdragte, asook die voltooiing van ‘n eksamen. Geen praktiese werk word vereis nie.
Koste van Studieprogram
Die koste van die studieprogram is R 3 450.00. Hierdie studiekoste sluit registrasie, assessering, fasilitering, sertifisering, asook alle studiemateriaal in. Die versendingskoste van u studiemateriaal is egter nie hierby ingesluit nie. U kan volledige inligting oor die studiekoste en afbetalingsopsies verkry in die Prospektus wat beskikbaar is vanaf die Hoofblad onder die skakel “Studenteportaal”. U kan die Prospektus hier aflaai.
Soek
Navigasie
Studiekalender
Eksamen
Eksamenblokke gedurende Januarie en Julie jaarliks. Eksamenrooster word publiseer in die Studiekalender op 1 Junie (Sien Studenteportaal).
Die volgende eksamenblok is skeduleer vir 1 tot 29 Julie 2023.