Bybelkunde
Dissipelskap deur Ontwikkeling
Die Sertifikaat in Bybelkunde is ‘n Vlak C kursus (Sien Prospektus) wat die studente voorstel aan die inhoud van die Bybel asook goeie Bybelstudie metodes. Studente word ook geleer om hierdie Bybelstudiemetodes persoonlik toe te pas op lewe van die gelowige.
Hierdie Vlak C Studieprogram bied aan studente die konsep van “Studie deur Boublokke/Fases”. Elke boublok/fase is ‘n onderafdeling en bou voort na die volgende boublok/fase. Studente verkry egter ‘n kwalifikasie by voltooiing van ‘n spesifieke boublok/fase.
Studente mag egter uittree uit die studieprogram na voltooiing van ‘n spesifieke boublok of fase en het geen verpligting om voort te gaan met studies totdat al die boublokke of fases voltooi is nie. Dit beteken dat studente, anders as in die geval van inwonende universiteite en die tradisionele model na voltooiing van hul eerste jaar (as voorbeeld) reeds ‘n kwalifikasie verwerf en nie eers twee of meer jare van studie moet voltooi voordat ‘n kwalifikasie verwerf word nie. Die Sertifikaatprogram is dus saamgestel en ontwerp om volledig ook deel te vorm van die Sertifikaat in Missionêre Werk.
Ons kan dit as volg illustreer:
Stap 1 – Sertifikaat in Bybelkunde. Studente registreer vir die Sertifikaat in Bybelkunde. By suksesvolle voltooiing van die studieprogram, kwalifiseer studente vir ontvangs van die Sertifikaat, en volle krediete indien voortgegaan wil word met registrasie vir die Sertifikaat in Bybelstudies.
Stap 2 – Sertifikaat in Bybelstudies. Studente registreer vir die Sertifikaat in Bybelstudie. By suksesvolle voltooiing van die studieprogram, kwalifiseer studente vir ontvangs van die Sertifikaat, en volle krediete indien voortgegaan wil word met registrasie vir die Sertifikaat in Missionêre Werk.
Stap 3 – Sertifikaat in Missionêre Werk. Studente registreer vir die Sertifikaat in Missionêre Werk. By suksesvolle voltooiing van die studieprogram, kwalifiseer studente vir ontvangs van die Sertifikaat.
Die Sertifikaat in Bybelkunde is dus die eerste boublok, die Sertifikaat in Bybelstudies die tweede boublok, gevolg deur die Sertifikaat in Missionêre Werk wat die derde boublok is.
Nota: Voornemende studente hoef egter nie die totale program te voltooi nie. Die einde van elke fase dui ‘n ontrekkingspunt (exit point) aan wat beteken dat studente na die voltooiing van ‘n spesifieke boublok ‘n kwalifikasie kan verwerf, tydelik of permanent onttrek en selfs die keuse het om op ‘n later stadium weer te registreer en dan voort te gaan by die punt waar hulle onttrek het.
Die kursus kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande modules. Indien dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk op u eie tyd deur die materiaal. Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van die program. In die geval van registrasie vir Bybelstudiedoeleindes word ‘n brief van voltooiing uitgereik en nie die Sertifikaat nie. Daar is geen krediete wat toegeken word nie, maar erkenning vir vakeenhede geslaag sal gegee word indien studente later wil inskryf vir die Sertifikaatkursus.
Toelatingsvereistes
Graad 12, alternatiewelik Graad 10 en ouer as 22 jaar.
Studiemateriaal
Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente. Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf. Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.
U benodig geen spesiale sagteware om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten ‘n pdf leser. Indien u nie oor ‘n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie “Programmatuur” te aktiveer.
Kursusinhoud
Die Sertifikaat in Bybelkunde behels die volgende drie (3) modules wat bestaan uit ses (6) vakeenhede:
Module 1 (24 Krediete)
- HAR101 – Ou Testamentiese Oorsig
- HAR102 – Nuwe Testamentiese Oorsig.
- ‘n Oorsig oor die Bybel. Die struktuur van elke Bybelboek word oorsigtelik bespreek, met agtergrondinligting bv. die tema, skrywer, ens. van elke boek.
Module 2 (28 Krediete)
- HAR103 – Geloofsfondasies
- Die belangrikheid van die regte geestelike fondasies vir die lewe en bediening word beklemtoon deur te fokus op die Christelike geloof soos dit beskryf word in Hebreërs 6:1.
- HAR104 – Kreatiewe Bybelstudie Metodes
- Hulp aan gelowiges vir persoonlike studie van God se Woord. Studente leer hoe om die Bybel te bestudeer per boek, hoofstuk, paragraaf, vers en woord. Metodes sluit in die biografiese, teologiese, tipologiese en tematiese metodes.
Module 3 (28 Krediete)
- HAR201 – ‘n Bybelse Wêreldbeeld
- Die Bybelse wêreldbeeld van Genesis tot Openbaring word bestudeer. God se plan vir die nasies van die wêreld van die begin van die tye word uitgelig.
- HAR202 – Koninkrykslewe
- Hierdie vakeenheid fokus op patrone en beginsels van ‘n Koninkrykslewe wat belangrik is vir die lewe en vir ‘n bediening.
Studiemetode
Hierdie studieprogram word deur middel van afstandsonderrig aangebied. Dit behels selfstudie deur studente.
Koste van Studieprogram
Die koste van die studieprogram is R 4 450.00 per jaarfase. Hierdie studiekoste sluit registrasie, versending van u datastafie, asook alle studiemateriaal in. U kan volledige inligting oor die studiekoste verkry in die Prospektus onder die skakel “Studenteportaal”. U kan die Prospektus hier aflaai.
Soek
Navigasie
Studiekalender
Eksamen
Eksamenblokke gedurende Januarie en Julie jaarliks. Eksamenrooster word publiseer in die Studiekalender op 1 Junie (Sien Studenteportaal).
Die volgende eksamenblok is skeduleer vir 1 tot 29 Julie 2023.