Gratis Bronne
Dissipelskap deur Ontwikkeling
Gratis Bronne
Ons gratis bronne wat van tyd tot tyd hier beskikbaar gestel sal word, sluit in:
- Boekresensies wat ‘n gratis boek insluit.
- Bevestigende self-refleksies.
- Gratis Bybelstudies.
- Insiggewende artikels
- Afslagkoepons vir kursusse
Hierdie afdeling van ons Webwerf is deurlopend in hersiening en verander gereeld. Besoek ons gereeld om die opdaterings te sien.
Skakels
Nuutste Boekresensie: Januarie 2022
“If you read any book this year, this is the one.” —Coffee Time Romance
Hierdie boek deur die bobaas outeur (The Mountain Between Us) Charles Martin vertel die aangrypende verhaal van ‘n man met ‘n pynlike verlede, ‘n klein dogterthjie met ‘n onsekere toekoms, en hul gesamentlike reis na hartsgenesing.
Die verhaal begin in ‘n stil, obskure klein dorpie waar ‘n sewejarige dogtertjie eiehandig haar lemonade by ‘n stalletjie verkoop. Vol energie, maar met ‘n pyn wat nie weggesteek kan word nie. Nie eers haar pragtige, geel rokkie kan die lelike litteken op haar bors verberg nie.
Nadat haar laaste kliënt – ‘n bebaarde vreemdeling – sy glas leeggedrink het, stap hy weg na sy motor, sy gedagtes by die boot wat hy besig is om te restoreer by die meer daar naby. Hierdie vreemdeling weet egter meer van die litteken as wat hy wil erken. Dan wanneer ‘n skedonk van ‘n vragmotor om die draai kom met radio al blêrend in die wind, het die tyd aangebreek. Dié tyd waar twee mense se lewens ingrypend verander.
Voor die einde van hulle reis sal beide van hulle weet waarom krieke huil … en dat wonderwerke om onverwagte draaie lê en wag.
If you read any book this year, this is the one. Click To Tweet(Laai die gratis boek af deur die illustrasie te aktiveer)
Self-Refleksie: Januarie 2022
Gratis Bybelstudies
U is welkom om die gratis bybelstudie af te laai deur die skakel onder die titel “Onderwerp” te aktiveer. ‘n Nuwe Bybelstudie sal maandeliks opgelaai word. Gebruik gerus ons Bybelstudies in u persoonlike stiltetyd of in u kleingroep.
Onderwerp | Kern Skrifgedeelte |
---|---|
Gaan honde hemel toe? | Genesis 1 - 2 |
Riglyn - Gaan honde hemel toe? | Genesis 1 - 2 |
'n Nuwe kleed vir 'n nuwe jaar | Kolossense 3: 1-17 |
Is jy 'n Gideon? | Rigters 6:11 - 8:32 |
Ambition | Philippians 2: 3-11 |
Moenie jou pyn vermors nie! | Verskeie Skrifgedeeltes |
Nuutste Artikel - Januarie 2022
‘n Nuwe Jaar op ‘n Nuwe Reis
- 14 Jan 2022
Die einde van 'n kalenderjaar, en die begin van 'n nuwe, is die ideale tyd om die goeie raad te volg wat die
Afslagkoepons vir Kursusse - 2022

Spesiale Aanbod
Ons gewilde, internasionaal bekende Dynamic Life Coaching kursus word in Afrkaans aangebied:
Soos oudergewoonte het ons aan die einde van ons inligtingsaand vir diegene wat dit bywoon ‘n verassing. Indien jy die inlgtingsaand gratis wil bywoon, beweeg terug na ons hoofblad en bespreek u sitplek.

Koeponkode DLC/117/1/3 – R3200 korting vir registrasie vir die Dynamic Life Coaching Sertifisering.
Terme & Voorwaardes:
- Koeponkode moet verskaf word op die registrasievorm.
- Koste is R 8750. Normale Prys – R 11 950.
- Registrasie & betaling nie later as 15 Maart 2022 om 15H00.
- Kursus word vir die eerste keer ooit in Afrikaans aangbied, Donderdae aande, 24 Maart – 30 Junie, 19H00-21H00 aanlyn via Zoom.