Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

SSF-KM09: Geestelike & Lewensontwikkeling

January 18, 2024 @ 18:00 - 19:30

Eksamen: Geestelike & Lewensontwikkeling – Module KM09

Eksamenlokaal: Bet-El Studiesentrum

Hierdie Module behels slegs een (1) eksamen en wel as volg:

Module SSF-KM0901 – Geestesvorming
  • Studie-Eenheid KM0901-KT01 – Bybelse & teologiese fondasies
  • Studie-Eenheid KM0901-KT02 – Beginsels & prosesse
  • Studie-Eenheid KM0901-KT03 – Metodes & praktyk
Module SSF-KM0902 – Pro-aktiewe Lewensvaardighede
  • Studie-Eenheid KM0902-KT01 – Bybelse & algemene beginsels
  • Studie-Eenheid KM0902-KT02 – Positiewe vaardighede & gewoontes
Module SSF-KM0903 – Re-aktiewe Lewensvaardighede
  • Studie-Eenheid KM0903-KT01 – Bybelse & algemene beginsels
  • Studie-Eenheid KM0903-KT02 – Oorlewingsvaardighede
Module SSF-KM0904 – Bevryding & Genesing
  • Studie-Eenheid KM0904-KT01 – Bybelse & teologiese fondasies
  • Studie-Eenheid KM0904-KT02 – Beginsels
Module SSF-KM0905 – ‘n Christelike Waardestelsel
  • Studie-Eenheid KM0905-KT01 – Bybelse & teologies fondasies
  • Studie-Eenheid KM0905-KT02 – Beginsels & metodes

Hierdie vraestel bestaan uit slegs een afdeling.

Alle vrae in hierdie vraestel is baseer op u voorgeskrewe materiaal en is kort teoretiese vrae. Geen lang besprekingsvrae soos voorgekom in u werkopdragte is hier van toepassing nie. Alle vrae het ‘n gewig van een tot vyf punte per vraag. Die puntetelling is beperk tot ‘n maksimum van vyf (5) punte per vraag. Daar word van u verwag om nie van u voorgeskrewe materiaal gebruik te maak in die beantwoording van hierdie vraestel nie.

Terwyl u die vraestel antwoord aanlyn, kan ons elektronies presies sien hoeveel tyd u afstaan aan elke vraag en antwoord. Ons volg u vordering vraag vir vraag aanlyn. Negentig minute is voldoende tyd en u moet daarop let dat daar geen tyd is om u voorgeskrewe boeke te raadpleeg nie. Ons sal ook kan sien hoeveel tyd u neem vir u antwoord per vraag, en daaruit aflei dat u die antwoord geken het, of te lank geaarsel het om te antwoord. U moet weer daarop let dat hierdie nie ‘n oopboek eksamen is nie.

U ontvang negentig (90) minute om elke vraestel te voltooi en in te handig. U doen hierdie afdeling deur die vrae wat gestel word aanlyn te antwoord en elektronies in te handig. U moet seker maak dat u die antwoord inhandig (submit/finish) voordat u negentig (90) minute verstreke is. Indien dit nie die geval is nie, sal u punte inboet en selfs die risiko loop om geen krediet vir hierdie vraestel te ontvang nie.

Die slaagsyfer van elke vraestel is ten minste 60% vir alle studente. Hierdie vereiste is van toepassing op elke individuele vraestel. Die vrae is so gestel dat elke vraag deel uitmaak van ‘n afsonderlike studie-eenheid.

Die slaagsyfer vir hierdie Module is 65%, met die subminima vereistes soos hierbo uiteengesit.

U het ‘n maksimum van negentig (1.5) ure vir die voltooiing van elke vraestel. Hierdie tyd is opgemaak as volg:

• Vyf (5) minute vir die oopmaak van die spesifieke vraestel.
• Tagtig (80) minute vir die beantwoording van die vraestel.
• Vyf (5) minute om u antwoord finaal aanlyn in te dien.

Sterkte met u voorbereiding. U sal een week voor die eksamen verdere instruksies per E-Pos ontvang.

Terug na die Hoofblad van die Kalender

Details

  • Date: January 18, 2024
  • Time:
    18:00 - 19:30

Venue

Organizer