Sluiting van Akademiese Jaar
December 15 @ 16:00
Die akademiese jaar sluit op 15 Desember en sal eers weer hervat op 1 Februarie die daaropvolgende jaar. Geen personeeel sal gedurende hierdie tyd beskikbaar wees vir akademiese navrae of bystand nie.
Administratiewe personeel sal steeds beskikbaar wees vir registrasie- en administratiewe navrae en bystand as volg.
- 19 – 23 Desember: Weeksdae tussen 09H00 & 12H00.
- 3 – 31 Januarie: Weeksdae tussen 09H00 & 12H00.
Indien studente wat nie eksamen doen in Januarie van die daaropvolgende jaar nie, ‘n dringende akademiese navraag het, kan u dit per E-Pos aan die administratiewe afdeling deurstuur. Dit mag egter oorstaan tot die aanvang van die akademiese jaar voordat u ‘n antwoord kan verwag. (Afhangende van die dringendheid)
Kandidate wat die eksamen in Januarie van die daaropvolgende jaar doen, kan egter dringende navrae per EPos deurstuur aan die akademiese afdeling. Dit is die enigste uitsondering m.b.t akademiese navrae.
Dankie vir u harde werk gedurende die jaar. Mag u ‘n vreugdevolle en voorspoedige vakansietyd beleef.