Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

SCK-KM03: Basiese Christelike Konsepte

July 20, 2024 @ 09:00 - 10:30

Eksamen: Basiese Christelike Konsepte – Module KM03

Eksamenlokaal: Bet-El Studiesentrum

Hierdie Module behels slegs een (1) eksamen en wel as volg:

Module SCK-KM0301 – Geloofstradisies
  • Studie-Eenheid KM0301-KT01 – Katoliek & Gereformeerd
  • Studie-Eenheid KM0301-KT02 – Pinkster & Charismaties
  • Studie-Eenheid KM0301-KT03 – Modernisme & Post-modernisme
  • Studie-Eenheid KM0301-KT04 – Swart, Bevryding & Feminisme
  • Studie-Eenheid KM0301-KT05 – Teologiese Neigings in Afrika
Module SCK-KM0302 – Kennis van God
  • Studie-Eenheid KM0302-KT01 – Uitgangspunte
  • Studie-Eenheid KM0302-KT02 – Openbaringsbegrip
Module SCK-KM0303 – God
  • Studie-Eenheid KM0303-KT01 – God as Skepper
  • Studie-Eenheid KM0303-KT02 – Die Drie-Eenheid
  • Studie-Eenheid KM0303-KT03 – Karaktertrekke van God
  • Studie-Eenheid KM0303-KT04 – Afrika Begrip
  • Studie-Eenheid KM0303-KT05 – Wanopvattings
Module SCK-KM0304 – Skepping, Mensdom & Redding
  • Studie-Eenheid KM0304-KT01 – ‘n Bybelse Wêreldbeeld
  • Studie-Eenheid KM0304-KT02 – Skepping
  • Studie-Eenheid KM0304-KT03 – Die Mens
  • Studie-Eenheid KM0304-KT04 – Sondeval & Redding
  • Studie-Eenheid KM0304-KT05 – Missio Dei
  • Studie-Eenheid KM0304-KT06 – Jesus Christus
  • Studie-Eenheid KM0304-KT07 – Die Heilige Gees
Module SCK-KM0305 – Nuwe Lewe in Christus
  • Studie-Eenheid KM0305-KT01 – Die kerk as Nuwe Gemeenskap
  • Studie-Eenheid KM0305-KT02 – Persoonstransformasie
  • Studie-Eenheid KM0305-KT03 – reldtransformasie

Hierdie vraestel bestaan uit slegs een afdeling.

Alle vrae in hierdie vraestel is baseer op u voorgeskrewe materiaal en is kort teoretiese vrae. Geen lang besprekingsvrae soos voorgekom in u werkopdragte is hier van toepassing nie. Alle vrae het ‘n gewig van een tot vyf punte per vraag. Die puntetelling is beperk tot ‘n maksimum van vyf (5) punte per vraag. Daar word van u verwag om nie van u voorgeskrewe materiaal gebruik te maak in die beantwoording van hierdie vraestel nie.

Terwyl u die vraestel antwoord aanlyn, kan ons elektronies presies sien hoeveel tyd u afstaan aan elke vraag en antwoord. Ons volg u vordering vraag vir vraag aanlyn. Negentig minute is voldoende tyd en u moet daarop let dat daar geen tyd is om u voorgeskrewe boeke te raadpleeg nie. Ons sal ook kan sien hoeveel tyd u neem vir u antwoord per vraag, en daaruit aflei dat u die antwoord geken het, of te lank geaarsel het om te antwoord. U moet weer daarop let dat hierdie nie ‘n oopboek eksamen is nie.

U ontvang negentig (90) minute om elke vraestel te voltooi en in te handig. U doen hierdie afdeling deur die vrae wat gestel word aanlyn te antwoord en elektronies in te handig. U moet seker maak dat u die antwoord inhandig (submit/finish) voordat u negentig (90) minute verstreke is. Indien dit nie die geval is nie, sal u punte inboet en selfs die risiko loop om geen krediet vir hierdie vraestel te ontvang nie.

Die slaagsyfer van elke vraestel is ten minste 60% vir alle studente. Hierdie vereiste is van toepassing op elke individuele vraestel. Die vrae is so gestel dat elke vraag deel uitmaak van ‘n afsonderlike studie-eenheid.

Die slaagsyfer vir hierdie Module is 65%, met die subminima vereistes soos hierbo uiteengesit.

U het ‘n maksimum van negentig (1.5) ure vir die voltooiing van elke vraestel. Hierdie tyd is opgemaak as volg:

• Vyf (5) minute vir die oopmaak van die spesifieke vraestel.
• Tagtig (80) minute vir die beantwoording van die vraestel.
• Vyf (5) minute om u antwoord finaal aanlyn in te dien.

Sterkte met u voorbereiding. U sal een week voor die eksamen verdere instruksies per E-Pos ontvang.

Terug na die Hoofblad van die Kalender

Details

  • Date: July 20, 2024
  • Time:
    09:00 - 10:30

Venue

Organizer