Eksamen: Christelike Berading & Lewensafrigting – Module CCC-PM01
Eksamenlokaal: Bet-El Studiesentrum
Hierdie Module behels sewe (7) eksamens en wel as volg:
Module CCC-PM01-BSCB7 – Bybelse Fondasie vir Verandering
- Studie-Eenhede 01 tot 04
Module CCC-PM01-BSCB8 – Blywende Verandering
- Studie Eenhede 05 tot 08
Module CCC-PM01-BDCB8 – Selfkennis
- Studie Eenhede 09 tot 11
Module CCC-PM01-BDCB9 – Interpersoonlike Probleme
- Studie Eenhede 12 tot 13
Module CCC-PM01-BDCB10 – Interpersoonlike Verhoudings
- Studie Eenhede 14 tot 17
Module CCC-PM01-BDCB11 – Spesifieke Probleme
- Studie Eenhede 18 tot 21
Module CCC-PM01-BDCB12 – ‘n Goddelike Standaard
- Studie Eenheid 22
Elkeen van hierdie vraestelle bestaan uit slegs een afdeling.
Die vraestel sal die vorm van een of meer van die volgende behels:
- ‘n Persoonlike Onderhoud
- Dokumente wat aanlyn ingehandig moet word
- ‘n Verslag van u Studiementor
- ‘n Aanlyn Groepsgesprek
Studente sal voor hulle eksamen afgehandel word, meer spesifieke besonderhede ontvang van die dosent.
U ontvang dertig (30) minute om hierdie vraestel te voltooi. Dit beteken u groepsgesprek of persoonlike onderhoud sal slegs maksimum 30 minute in beslag neem. Dit mag egter in ‘n korter tyd afgehandel word. Indien daar van u verwag word om dokumente in te handig, het u dertig (30) minute tyd vir die inhandiging daarvan.
Die slaagsyfer van elke vraestel is ten minste 50% vir alle studente. ‘n Vereiste is dat u in elke vakeenheid ten minste ‘n slaagsyfer sal behaal van 50%. Soos hierbo gesien het hierdie module het ‘n aantal vakeenhede. U moet dus individueel in elke vakeenheid ten minste 50% behaal en u gemiddeld versprei vir alle vakeenhede van elke module moet ook minimum 50% wees.
Die slaagsyfer vir hierdie Module is 60%, met die subminima vereistes soos hierbo uiteengesit.
Sterkte met u voorbereiding. U sal een week voor die eksamen verdere instruksies per E-Pos ontvang.

