Bet-El Bybel Instituut wil graag hoor van vrywilligers wat wil of kan dien as personeellede van hierdie bediening.  Van tyd tot tyd stel ons ook voltydse personeel aan.  Indien u by ons aansluit, sal u deel word van 'n dinamiese en strategiese bediening wat ten doel het om gelowiges te ontwikkel tot volle dissipelskap in die Here Jesus Christus.  Op hierdie wyse help ons in die bereiking van die wêreld vir ons God.  

Vereistes:

Ons benodig tans die volgende:

  1. Grafiese ontwerpers (2)

  2. Web ontwikkelaars / ontwerpers (2)

  3. Kursusleiers (10)

  4. Studiementors (25)

  5. Engels / Afrikaans vertalers (15)

  6. Taalvaardiges in Engels en ten minste een van die volgende tale:  Xhosa, Suid-Sotha, Noord-Sotho, Zulu. (10)

  7. Persone wat beskik oor tyd om in Internet Kafees te dien.

  8. Administrasiebeamptes (3)

  9. Bemarkers en Fondswerwers (11)

  10. Ontwikkelaar van Bemarkingsmateriaal (2)

  11. Taalkundige wat beskik oor taalvaardighede asook teologiese kennis (2)

  12. Intersessors en Gebedsvriende

  13. Donateurs en Borge

  14. Eienaars van Internetkafees wat hul bronne vir die bediening wil beskikbaar stel

Indien u belangstel of wil navraag doen oor enige van bogenoemde posisies, kontak ons hier met 'n kennisgewing oor u belangstelling. 

Alle navrae sal beantwoord word. maar die feit dat enige persone belangstel, 'n navraag het of aansoek doen waarborg geen aanstelling of aanvaarding deur Bet-El Bybel Instituut nie.

Seën in Christus

Dr. Leon P. Pienaar
Dekaan
Bet-El Bybel Instituut

 

TERUG NA BET-EL BYBEL INSTITUUT HOOFBLAD