Skakels

Bet-El Bybel Instituut Tuisblad

Boekwinkel

Gratis Bybelstudie Sagteware

E-Biblioteek

Studiesentrum

Virtuele Kampus

Geloofsbeginsels

Kontak Ons

 

Kontak- besonderhede


Posadres:
Bet-El Bybel Instituut
Posbus 6618
MEYERSDAL

Registrasie:
As nie-winsgewende Artikel 21 Maatskappy ingevolge SA wetgewing
Reg:  2007/016478/08

Tel: 011 - 867 6215
Tel: 072 537 5238
Faks: 086 564 9968

Om 'n donasie te maak: Aktiveer hier

 

Web Seminare


Bet-El Bybel Instituut bied vanaf Oktober 2011 in samewerking met Leadership Dynamics Institute (http://www.leadershipinstitute.co.za) en Dynamic Life Coaching & Counseling Web Seminare aan. Onderwerpe wat behandel word is aktuele kwessies wat terselfdertyd gelowiges bemagtig met kennis vir die lewe van vandag.

Al wat u benodig is 'n internetverbinding en 'n rekenaar met klank (luidsprekers of oorfone). Nadat u registrasie finaliseer is, stuur ons vir u 'n uitnodiging met 'n skakel wat u aktiveer op die tyd wat die seminaar begin. U sien die aanbieding met die aanbieder lewendig aanlyn vanuit ons ateljee in Johannesburg. Ons sagteware sal u in staat stel om "screen sharing" te sien. Alles wat op 'n grootskerm in die aanbiedingslokaal aangebied word, word lewendig deur u gesien. Elke seminaar bestaan uit twee sessies van ongeveer 60 - 90 minute lank en ons bied die twee sessies op Dinsdae en Donderdae aande aan. Heelwat van die onderwerpe is deel van ons sillabus in verskeie studieprogramme.

Onderwerpe vir November & Desember 2011 sluit in:

1. God praat vandag nog - Hoor Sy stem: 1 & 3 November om 19H30

2. Genesing: 8 & 10 November om 19H30

3. Ken Jouself: 15 & 17 November om 19H30

4. Finansiële Wysheid: 22 & 24 November om 19H30

5. Vergifnis - 29 November & 1 Desember om 19H30

6. God praat vandag nog - Hoor Sy stem: 6 & 8 Desember om 19H30

Die koste van elke web seminaar is R180.00 vir albei sessies, dus per web seminaar - studente betaal slegs R100.00. Belangstellendes kan ons hier kontak.

Elke web seminaar het slegs plek vir 40 persone. Aan die einde van die sessie het u geleentheid om aanlyn vrae te stel - u kan dit d.m.v 'n teksboodskap vra in die aanlyn lokaal en die aanbieder van die seminaar sal dit persoonlik aanlyn beantwoord.

Indien u belangstel registreer vandag nog. Onthou, slegs die eerste 40 registrasies kan aanvaar word.

Kontak Ons

 

TERUG NA BO