|
Enkele Belangrike
Inligting voordat Voornemende Studente registreer:
Afstandsonderrig
deur Mentorskap
Hierdie studieprogram word deur middel van afstandsonderrig deur mentorskap
aangebied. Studies geskied in ooreenstemming met 'n geskeduleerde
studieprogram onder begeleiding van 'n Studiementor. 'n Tydsbeperking
word ook in hierdie geval gestel om die studieprogram te voltooi.
Studente kommunikeer verkieslik deur gebruik te maak van die Studiesentrum
om met die administratiewe en akademiese departement te kommunikeer
en alle studiemateriaal en lesings word elektronies publiseer, maar
die student het nie die opsie om die studiemateriaal per CD te bestel
nie. 'n Studiementor word aangewys vir elke student en studente word
begelei onder leiding van die Studiementor deur die akademiese program.
Alle studente ontvang toegang tot die Studiesentrum waar studente
gebruik kan maak van 'n kennisgewingbord vir kommunikasiedoeleindes
met die Instituut. Vir meer inligting oor hierdie onderwerp word voornemende
studente aangeraai om seker te maak dat hulle die inligting oor hierdie
onderwerp asook die inligting oor die spesifieke studieprogram deeglik
deurgelees het in die Prospektus.
Studente
wat nie beskik oor Internet nie.
Wat betref hierdie kursus, maak ons ongelukkig nie op die oomblik
gebruik van die posstelsel nie, behalwe die versending van studiemateriaal.
Indien u egter nie oor E-Pos of Internetfasiliteite beskik, maar graag
wil studeer, kontak ons deur middel van die Kontakvorm
met verwysing na u spesifieke omstandighede en ons gesels met u oor
'n uitsondering op die reël.
Studiesentrum.
Studente studeer deur middel van afstandsonderrig met mentorskap
en die Studiesentrum is die allerbelangrikste skakel tussen die Instituut
en die student. U sal moet die Studiesentrum so gereeld as moontlik
moet besoek om te verseker dat u begelei word deur die studieprogram.
Al u studiemateriaal, klanklesings, instruksies, werkopdragte, artikels
en vele meer kommunikasie sal daar publiseer word en studente moet
verseker dat hulle dit dan aflaai. Indien u navraag hieroor wil doen,
kontak ons deur middel van die Kontakvorm.
Werkswinkels.
Werkswinkels mag moontlik van tyd tot tyd deur die land aangebied
oor spesifieke onderwerpe wat ingesluit is in u studieprogram. U sal
kennis ontvang indien so werkswinkel in u omgewing aangebied word
en u word uitgenooi om in te skryf daarvoor. Dis egter opsioneel en
daar sal 'n addisionele kosteheffing wees wat nie ingesluit is by
u studieprogram nie. Indien u navraag hieroor wil doen, kontak ons
deur middel van die Kontakvorm.
Belangrike
kennisgewing:
Studente wat registreer moet seker maak van die toelatingsvereistes
(indien van toepassing) voor hulle registreer.
Prospektus
Studente word aangeraai om te verseker
dat hulle die Prospektus deeglik bestudeer het alvorens hulle
registreer.
U MOET op die volgende wyse registreer:
Laai
die registrasievorm hier af deur te regskliek op die skakel, die registrasievorm
te stoor
op u hardeskyf, dit uit te druk en te voltooi.
|