Indien u enige vrae het waarvoor u nie die antwoord kry nie, 
kontak ons hier met u navraag.


Aktiveer
die onderstaande sleutel vir meer inligting

Sertifikaat in Dissipelskap

Diploma in Leierskap

Gevorderde Diploma in Bediening

Meer Inligting oor Vlak D Studieprogramme

Toelatingsvereistes vir Vlak D Studieprogramme

Erkenning vir Vorige Studies

Koste van Vlak D Studieprogramme

Kriteria vir Suksesvolle Voltooiing van Studieprogram


TERUG NA DIE HOOFBLAD VAN PROSPEKTUS


STUDIEPROGRAMME - VLAK D  


SERTIFIKAAT IN DISSIPELSKAP (FASE I)

Die Sertifikaat in Dissipelskap is 'n Vlak D kursus wat bestaan uit 'n kombinasie van Bybelkundige en Teologiese kursusse gekombineer met noodsaaklike lewensvaardigheidskursusse wat ten doel het om diegene in die lokale kerk wat hulself wil bemagtig en toe te rus om geestelike werkers en leiers te wees.

Module 1 (21 Krediete)

1.  MSG - Studiegids & Proses (Gratis Vakeenheid)
2.  CHB1 - Basiese Christelike Beginsels I (12 krediete)
3.  MPX1 - Bedieningspraktyk (9 krediete)

Module 2 (16 Krediete)

4.  OTS1 - Ou Testamentiese Studies I (5 krediete)
5.  CMB - Basiese Rekenaarvaardighede (2 krediete)
6.  VCH - Christuswaardes (7 krediete)
7.  UDT - Tydsbesteding (2 krediete)

Module 3 (12 Krediete)

8.  CHB2 - Basiese Christelike Beginsels II (12 krediete)

Module 4 (10 Krediete)

9.  GSA - Die Evangelies & Handelinge (8 krediete)
10. LSN - Luistervaardighede (2 krediete)

Module 5 (12 Krediete)

11. DGR1 - Groei in Dissipelskap (10 krediete)
12. LRN -  Leervaardighede (2 krediete)

Module 6 (9 Krediete)

13. SLT -  Oorsig oor die Sendbriewe (9 krediete)

TERUG NA BO

DIPLOMA IN LEIERSKAP - FASE II 

Die Diploma in Leierskap is 'n Vlak D kursus wat bestaan uit 'n kombinasie van Bybelkundige en Teologiese kursusse gekombineer met noodsaaklike lewensvaardigheids- kursusse wat ten doel het om diegene in die lokale kerk wat hulself wil bemagtig en toe te rus om geestelike werkers en leiers te wees. Hierdie studieprogram bou voort op die Sertifikaat in Dissipelskap (Sien Meer Inligting oor Vlak D studieprogramme hieronder).

 

Die Diploma in Leierskap behels die volgende ses modules wat uit dertien vakeenhede bestaan (80 krediete):

 

MODULE 1 (19 Krediete)

 

1. CVD2 - Dissipelskap (Gratis Vakeenheid)

2. MPX2 - Bedieningspraktyk (8 krediete)
3. QPV1 - Oorwinningstoerusting I (11 krediete)

MODULE 2 (14 Krediete)

 

4. OTS2 - Ou Testamentiese Studies II (7 krediete)
5. ICV - Kommunikasievaardighede (2 krediete)
6. MRF - Die Huwelik & Gesin (5 krediete)

 

MODULE 3 (13 Krediete)

 

7. IPR - Interpersoonlike Verhoudings (2 krediete)
8. SRM - 'n Studie van Romeine (11 krediete)

 

MODULE 4 (14 Krediete)

 

9. ISC - 'n Verbeterde Selfbeeld (2 krediete)
10 CHM1 - Christelike Volwassenheid I (12 krediete)

 

MODULE 5 (8 Krediete)

 

11. GJH1 - Die Evangelie van Johannes I (6 krediete)
12. ISC - Basiese Internetkommunikasie (2 krediete)

 

MODULE 6 (12 Krediete)

 

13. CHL1 - Christelike Leierskap I (12 krediete)


TERUG NA BO 

GEVORDERDE DIPLOMA IN BEDIENING - FASE III 

Die Gevorderde Diploma in Bediening 'n Vlak D kursus wat bestaan uit 'n kombinasie van Bybelkundige en Teologiese kursusse gekombineer met noodsaaklike lewensvaardigheids- kursusse wat ten doel het om diegene in die lokale kerk wat hulself wil bemagtig en toe te rus om geestelike werkers en leiers te wees. Hierdie studieprogram bou voort op die Diploma in Leierskap (Sien Meer Inligting oor Vlak D studieprogramme hieronder).

Hierdie diplomaprogram behels dertien (13) vakeenhede wat ingedeel is in ses (6) modules.

Module 1 (15 Krediete)

1. CVD3 - Dissipelskap (Gratis Vakeenheid)
2. MPX3 - Bedieningspraktyk (7 krediete)
3. OTS3 - Ou Testamentiese Studies III (6 krediete)
4. SWE - Effektiewe Gesprekvoering (2 krediete)

Module 2 (16 Krediete)

5. MPR1 - Bedieningsbeginsels I - (12 krediete)
6. MSW - Microsoft Word (4 krediete)

Module 3 (16 Krediete)

7. PCH - Christusvoorskrifte (8 krediete)
8. GJH2 - Die Evangelie van Johannes II (8 krediete)

Module 4 (13 Krediete)

9. CHL2 - Christelike Leierskap II (11 krediete)
10.MNP - Menslike Hulpbronbestuur (2 krediete)

Module 5 (12 Krediete)

11. PTR1 - Pastorale Bediening (12 krediete)

Module 6 (8 Krediete)

12. SCR - 'n Studie van Korintiers (6 krediete)
13. ENG - Engelse Vaardighede (2 krediete)

TERUG NA BO 

MEER INLIGTING OOR VLAK D STUDIEPROGRAMME  

Oorsig

 

Studente wat registreer vir hierdie studieprogramme vir Studiedoeleindes moet een of meer werkopdragte in elkeen van die modules tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat en/of Diploma te ontvang.  Werkopdragte behels in die meeste gevalle 'n 1 500 woord (3 bladsye) werkstuk wat deur die dosent gemerk sal word, maar kan verskil na gelang van die spesifieke vakeenheid.  'n Finale eksamen sal ook van toepassing wees. Alle studiemateriaal is ingesluit by die koste van die kursus.

 

Die Vlak D Studieprogramme bied aan studente die konsep van "Studie deur Boublokke/Fases". Elke boublok/fase is 'n onderafdeling en bou voort na die volgende boublok/fase. Studente verkry egter 'n kwalifikasie by voltooiing van 'n spesifieke boublok/fase en die voltooiing van 'n boublok of fase dien as krediet vir die volgende boublok. Studente mag egter uittree uit die studieprogram na voltooiing van 'n spesifieke boublok of fase en het geen verpligting om voort te gaan met studies totdat al die boublokke of fases voltooi is nie. Dit beteken dat studente, anders as in die geval van inwonende universiteite en die tradisionele model na voltooiing van hul eerste jaar (as voorbeeld) reeds 'n kwalifikasie verwerf en nie eers twee of meer jare van studie moet voltooi voordat 'n kwalifikasie verwerf kan word nie. Die Sertifikaatprogram is dus saamgestel en ontwerp om volledig ook deel te vorm van die Diploma in Leierskap. Na voltooiing van elke fase van hierdie studieprogram ontvang studente 80 krediete wat ten gunste van registrasie vir die volgende vlak benut word. Studente wat dus registreer met die doelwit om 'n Gevorderde Diploma in Bediening te verwerf volg die volgende pad na verwerwing van hierdie kwalifikasie:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in Dissipelskap (Boublok/Fase I)
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Leierskap - Fase I (Boublok/Fase II)
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Gevorderde Diploma in Bediening - Fase II
(Boublok/Fase II)

 

Ons kan dit as volg illustreer:

Stap 1 - Sertifikaat in Dissipelskap.  Studente registreer vir die Sertifikaat in Dissipelskap. By suksesvolle voltooiing van die Sertifikaat in Dissipelskap, ontvang studente volle krediete vir die eerste jaar (80 krediete) van die Baccalareus in Bediening en word dan toegelaat om te registreer vir die Diploma in Leierskap.


  
  80 Krediete

Stap 2 - Diploma in Leierskap.  Studente registreer vir die Diploma in Leierskap. By suksesvolle voltooiing van die Diploma in Leierskap, ontvang studente volle krediete vir die tweede jaar (80 krediete) van die Baccalareus in Bediening en word dan toegelaat om te registreer vir die Gevorderde Diploma in Bediening.

  160 Krediete
  Sertifikaat in Dissipelskap (80 Krediete) + 80 Krediete


Stap 3 - Gevorderde Diploma in Bediening. Studente registreer vir die Gevorderde Diploma in Bediening. By suksesvolle voltooiing van die Gevorderde Diploma in Bediening ontvang studente die balans van 80 krediete (derde jaar) wat benodig word vir die verwerwing van hierdie Gevorderde Diploma. Studente benodig 240 krediete vir die verwerwing van die Gevorderde Diploma in Bediening en het dit in verskillende fases wat boublokke genoem word, voltooi. Studente ontvang volle krediete (240 krediete) vir die derde jaar van die Baccalareus in Bediening

  240 Krediete
  Sertifikaat in Dissipelskap (80 Krediete) + Diploma in
  Leierskap (80 krediete) + 80 Krediete

Die Sertifikaat in Dissipelskap is dus die eerste boublok, die Diploma in Leierskap die tweede boublok en die Gevorderde Diploma in Bediening die derde en laaste boublok.

Nota: Voornemende studente hoef egter nie die totale program te voltooi nie. Die einde van elke fase dui 'n ontrekkingspunt (exit point) aan wat beteken dat studente na die voltooiing van 'n spesifieke boublok 'n kwalifikasie kan verwerf, tydelik of permanent onttrek en selfs die keuse het om op 'n later stadium weer te registreer en dan voort te gaan by die punt waar hulle onttrek het.

Verdere Opsies na die Voltooiing van die Gevorderde Diploma in Bediening

(Slegs ter inligting - Indien u verder wil beweeg na die verwerwing van 'n Baccalareusgraad, sien Afdelings 10 - 15 van die Prospektus vir inligting oor die besonderhede van die opsies)

 

Studente wat die Gevorderde Diploma in Bediening suksesvol voltooi het, het nou reeds 240 krediete verwerf vir die verwerwing van 'n Baccalareusgraad. Daar word 400 krediete benodig vir die verwerwing van 'n Baccalareusgraad. Die balans van 160 krediete wat benodig word, is ingedeel in twee verdere fases (boublokke) van 80 krediete elk en studente kan nou kies watter spesialisasierigting hul wil volg. Die opsies is as volg:

 

Opsie 1 - Spesialisasie in Bediening

Registrasie vir die:


(80 Krediete)

en by suksesvolle voltooing daarvan,
vir die:


(80 Krediete)

U het nou suksesvol die Baccalareus in
Bediening (B.Min)
verwerf

Opsie 2 - Spesialisasie in Berading

Registrasie vir die:


80 Krediete)

en by suksesvolle voltooing daarvan,
vir die:


(80 Krediete)

U het nou suksesvol die Baccalareus in
Berading (B.Cns)
verwerf


Opsie 3 - Spesialisasie in Teologie

Registrasie vir die:


(80 Krediete)

en by suksesvolle voltooing daarvan,
vir die:


(80 Krediete)

U het nou suksesvol die Baccalareus in
Teologie (B.Div)
verwerf


Opsie 4 - Spesialisasie in Leierskap

Registrasie vir die:


(80 Krediete)

en by suksesvolle voltooing daarvan,
vir die:


(80 Krediete)

U het nou suksesvol die Baccalareus in
Besigheidsleiding (B.BL)
verwerf


Opsie 5 - Spesialisasie in Opvoedkunde

Registrasie vir die:


(80 Krediete)

en by suksesvolle voltooing daarvan,
vir die:


(80 Krediete)

U het nou suksesvol die Baccalareus in
Opvoedkunde (B.Ed)
verwerf


Opsie 6 - Spesialisasie in Bestuur

Registrasie vir die:


(80 Krediete)

en by suksesvolle voltooing daarvan,
vir die:


(80 Krediete)

U het nou suksesvol die Baccalareus in
Opvoedkunde (B.Ed)
verwerf

 

 

Duur van Studie

 

Vlak D is studieprogramme wat deur afstandsonderrig en nie deur middel van korrespondensiestudies aangebied word nie. Vir die verskil tussen hierdie twee tipes van studie, sien meer inligting hieroor in die Studente en Algemene afdelings van hierdie Prospektus.

 

Afstandsonderrig deur middel van mentorskap beteken dat 'n student onder begeleiding van 'n studiementor die studieprogram voltooi. Studente kry toegang tot die Studiesentrum waar daar lesings in klank publiseer word wat afgelaai word en deurgeluister word deur die student. Daarmee saam ontvang studente 'n werkboek (waar van toepassing) waarin aantekeninge gemaak kan word en wat die hoofmomente van elke lesing bevat. Addisioneel tot u handboek word u begelei deur die studieprogram stap vir stap. Die hoeveelheid werk wat publiseer word per lesing is ongeveer een uur studie per lesing, Ons verwag van studente om ongeveer ses na tien ure per week aandag te gee aan hierdie studieprogram, en een addisionele uur vir afronding. Indien u hierdie program volg, sal u gemaklik die studiemateriaal en program kan baasraak en voltooi. Die lesings en werkboek is egter so uitgewerk dat studente wat agter raak, baie maklik kan opvang deur slegs 'n bietjie harder te werk in opeenvolgende weke. Studente hoef nie aanlyn te luister na lesings nie, maar kan die lesings aflaai en in die gerief van hul eie huis daarna luister en notas maak. U word begelei op 'n akademiese vlak, maar ook op 'n geloofsvlak deur u studiementor. U werk u eie studierooster uit per week, per maand, per jaar. Op hierdie wyse kan u binne een jaar gemaklik die studieprogram vir elke fase voltooi. Daar is egter 'n maksimum tydsbeperking vir die voltooiing van die studieprogram. Ons gebruik egter kriteria wat studente in staat stel om gemaklik deur die studiemateriaal te beweeg en aan die vereistes te voldoen met in agneming van die unieke omstandighede van deeltydse studente soos genoem hierbo. Die maksimum termyn vir die voltooiing van elke fase van 'n Vlak D studieprogram is 3 jaar per fase (ongeveer 2 ure studie per week). Indien u dus al drie die boublokke wil voltooi, sal u 'n maksimum van nege jaar kry om dit te doen.

 

Ons verwag egter van studente om erns te maak met hul studies en die program waarvoor hul registreer te voltooi.  Dus verskaf ons sekere riglyne aan studente wat hul in ag moet neem voordat hulle besluit om te registreer. Hierdie riglyne gee aan u die basis sodat u self die tydperk kan bepaal vir die voltooiing van die spesifieke kwalifikasie.  Deur hierdie riglyne te benut, kan studente ook bepaal hoeveel tyd hul aan hul studies per dag, week of maand behoort te spandeer.

 

Die riglyne is die volgende:

  • Vir alle Vlak D Studieprogramme beveel ons aan dat studente die studieprogram versprei oor 'n tydperk van een kalenderjaar per fase.  Die volume van materiaal asook vereistes wat gestel word is van so aard dat dit 'n deeltydse student met gemak 'n kalenderjaar sal neem om te voltooi. Voltydse studente kan al vyf die fases in drie jaar gemaklik voltooi.

  • Indien 'n studunt die kwalifikasie (Fase) wil voltooi binne een kalenderjaar, beveel ons aan dat u tussen 3-6 ure per kredietpunt sal benut. U behoort dus gemaklik die studieprogram binne 'n tydperk van 24 tot 42 weke te voltooi.

  • Hierdie riglyn is van toepassing op deeltydse studente.

  • Deeltydse studente behoort dus 'n gemiddeld van tussen 6 en 12 ure per week tot hul beskikking te hê.

  • Indien studente hierdie formule as riglyn gebruik kan hul enige tyd na ontvangs van die studiemateriaal met inagneming van die moeilikheidsgraad bepaal of hul dit vinniger kan voltooi.

Krediete

 

Na voltooiing van elke fase van hierdie studieprogram ontvang studente 80 krediete per fase wat ten gunste van krediete in enige ander studierigting van toepassing gebruik kan word.

 

TERUG NA BO


TOELATINGSVEREISTES VIR VLAK D STUDIEPROGRAMME  

Die minimum toelatingsvereistes vir registrasie in hierdie kursusse en/of vakeenhede is die volgende: 


Vir die Sertifikaat in Dissipelskap
  • Graad 12, alternatiewelik Graad 10 en ouer as 22 jarige ouderdom

  • 'n Liefde vir God en Sy Woord

  • 'n Onderneming om erns te maak met u studies

  • 'n Verbintenis om die kursus/vakeenheid te voltooi waarvoor u registreer

  • Die besit van 'n Bybel

Vir die Diploma in Leierskap

  • Die Sertifikaat in Dissipelskap

  • 'n Liefde vir God en Sy Woord

  • 'n Onderneming om erns te maak met u studies

  • 'n Verbintenis om die kursus/vakeenheid te voltooi waarvoor u registreer

  • Die besit van 'n Bybel

Vir die Gevorderde Diploma in Bediening

  • Die Diploma in Leierskap

  • 'n Liefde vir God en Sy Woord

  • 'n Onderneming om erns te maak met u studies

  • 'n Verbintenis om die kursus/vakeenheid te voltooi waarvoor u registreer

  • Die besit van 'n Bybel

Die onderrigmedium is Afrikaans, maar werkopdragte en eksamens kan in die taal van u keuse voltooi word. Daar is egter sekere vakeenhede wat Engelse studiemateriaal het. Ons is egter tans in proses om studiemateriaal in Afrikaans te vertaal en beskikbaar te stel. Enkele klankbane en dokumente is alreeds in Afrikaans beskikbaar vir kursusse waarvan die studiemateriaal slegs Engels is, maar die meeste lesings wat aan studente gebied word, is in Engels..Alle studiemateriaal vir die hoofvakke van u kursus, is reeds in Afrikaans beskikbaar.

TERUG NA BO


ERKENNING VIR VORIGE STUDIES / KWALIFIKASIES  

Met betrekking tot Vlak D Studieprogramme gee ons ten volle erkenning vir vorige studies en kwalifikasies. U doen aansoek deur middel van RPL beginsels soos vervat in die Onderwyswet en krediete word toegestaan indien u aan die beginsels van RPL (Recognition of Prior Learning) voldoen. In sommige gevalle word oorbruggingskursusse aanbeveel en u hoef dan nie al die vlakke van studie te voltooi nie. Indien u voorheen studeer het en reeds kursusse voltooi het en/of kwalifikasies behaal het, kontak ons vir meer besonderhede.

TERUG NA BO


KOSTE VAN VLAK D STUDIEPROGRAMME  

In die geval van registrasie vir Vlak D studieprogramme, word geen aansoekfooie gehef nie, maar daar is 'n registrasiefooi van R250.00 van toepassing.  Die koste wat wel gehef word, is absoluut minimaal vir ‘n studieprogram van hierdie omvang en word moontlik gemaak deur borgskappe en gratis dienste van vrywilligers wat betref die voorbereiding van studiemateriaal en die bestuur van die studieprogram.  ‘n Soortgelyke studieprogram kan by ander instansies selfs soveel as R 13 500.00 per jaar kos. U kan nou u Baccalareusgraad behaal vir ongeveer R 18 000.00 (versprei oor 5 jaar) in die gerief van u eie huis. 'n Ten volle akkrediteerde graad in die bediening is nou vir u 'n realiteit.

 

Die koste van alle Vlak D studieprogramme is as volg: 

  • Aansoekfooie:  Gratis
  • Registrasie:  R250.00 - ingesluit by die totale koste van die Studieprogram.
  • As geheel vir Sertifikaat- en Diplomadoeleindes:   
    R 3 450.00 per fase van Studie, dus vir die Sertifikaat in Dissipelskap, Diploma in Leierskap en Gevorderde Diploma in Bediening - R 3 450.00 elk (ingesluit registrasiefooi).
    Opsies:
    Aflaai van Internet: R 3 450.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van elke boublok of fase van die studieprogram
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 250.00
    per CD van ses modules. Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing:  + R 150.00 (ingesluit by die totale koste)
    Totale Koste: Sonder CD R 3 450.00 of alternatiewelik met CD R 3 700.00 - uitgesluit versendingskoste.
    Alle Voorgeskrewe boeke word ingesluit by die Studiepakket en u ontvang dit gratis as deel van u studiemateriaal.
    'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien 'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie.  (Besonderhede word hieronder gegee).

    Studente wat die studiemateriaal per CD bestel, ontvang saam met die studiemateriaal 'n CD met 38 gratis sagteware programme wat gebruik kan word vir studiedoeleindes. Sagteware sluit bv in 2 volledige Engels verklarende woordeboeke, drie "mindmap" programme, 'n elektroniese dagboek en vele meer.
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:        
    Dieselfde koste word gehef as vir Sertifikaatdoeleindes.
  • Per alleenstaande vakeenheid:   
    Hierdie opsie is nie beskikbaar vir hierdie studieprogramme nie.

  • Uitreik van brief van voltooiing  
    Gratis
  • Versending van CD:  R 75.00 per versending. Voornemende studente moet daarop let dat hierdie opsie eers beskikbaar is vanaf Februarie 2012. Alle studiemateriaal word tans in die Studiesentrum beskikbaar gestel, maar die CD's sal beskikbaar wees teen Februarie 2012.

Opmerkings m.b.t Koste van Vlak D Studieprogram


Die volgende kostes het betrekking, addisioneel of opsioneel, afhangende van die spesifieke omstandighede van die student.

  • Finansiële Toegewings aan Studente.  Waar studente nie die volle bedrag vir die Studieprogram kan betaal teen registrasie nie, word ‘n voorwaardelike toegewing as volg gemaak:

  • Studente mag registreer vir die volle Studieprogam (per Fase of Boublok), alternatiewelik die selfstudieprogram vir Bybelstudiedoeleindes en kan die totale studiekoste per Module betaal. Hierdie toegewing is onderworpe aan die volgende voorwaardes:

    • Studente moet registreer vir die modules in die volgorde waarin dit aangebied word. Sien die inligting wat gegee word oor die kursusinhoud in hierdie Prospektus.

    • Studiemateriaal word slegs versend en/of beskikbaar gestel in die Studiesentrum aan studente wat vir die modules ten volle betaal het.

    • ‘n Afsonderlike ooreenkoms moet skriftelik aangegaan word tussen die Instituut en die student alvorens so ‘n toegewing gemaak kan word.

    • Studente betaal slegs vir die eerste registrasie die registrasiefooi van R250.00.
    • Die koste van hierdie opsie is egter heelwat duurder in die opsig dat studente elke versending se posgeld self moet betaal wat R75.00 per versending beloop, en die koste van 'n krediet verhoog van R40.00 per krediet na R58.00 per krediet, uitgesluit registrasie. Die rede daarvoor is dat hierdie opsie aansienlike administrasiekoste meebring.
    • Studente is steeds onderhewig aan die regulasies m.b.t die kansellasie en/of staking van studies.  In die geval waar studente nog nie die studiekostes ten volle betaal het nie, sal die kostes van die kansellasie en staking van studies soos gemeld hieronder, steeds verskuldig en betaalbaar wees deur die student.
    • Die oorweging van die aansoek om uitstel vir betaling en die goedkeuring daarvan berus by die Dekaan en sy besluit sal as finaal aanvaar word.
  • Herregistrasie in die geval van druip van vakeenhede.  ‘n Persentasiepunt en simbool ooreenkomstig die evaluasiekriteria vir hierdie kursusse word toegeken vir elke werkopdrag.  Minder as 60% vir die werkopdragte impliseer dat ‘n student die vakeenheid druip en dit moet herhaal.  Herregistrasie vir hierdie kursus is dan van toepassing en beteken dat ‘n student by enige tweede of verdere registrasie ‘n herregistrasiefooi van R100.00 per vakeenheid moet betaal.  Studente hoef egter nie weer die kursusgeld in hierdie geval te betaal nie.

  • Hernasien van Werkopdragte.  Waar studente ‘n versoek vir hernasien van werkopdragte en/of eksament aan die Instituut rig, is ‘n fooi van R100.00 betaalbaar voordat die werkopdrag of eksamenantwoordstel hernagesien kan word.  Die goedkeuring van enige versoek om hernasien berus by die Dekaan.

  • Kansellasie van Studies.  Aansoek om kansellasie van vakeenhede, omruiling van vakeenhede en/of kansellasie van ‘n studieprogram mag gedoen word binne twee weke na registrasie, op die voorwaarde dat geen studiemateriaal reeds versend is, en/of geen gebruikerskode en sleutelwoord verskaf is vir aflaai van die Internet nie. In gevalle waar ‘n versoek om kansellasie ontvang word binne twee weke na registrasie, na die studiemateriaal reeds versend is of nadat ‘n gebruikerskode en sleutelwoord reeds toegestaan en versend is, sal geen kansellasie van registrasie of studies oorweeg word nie. Indien 'n versoek om omruiling van kursusse goedgekeur word waar die aansoek deur die student binne twee weke na registrasie gedoen is en geen studiemateriaal of toegang tot die Studiesentrum is reeds voorsien nie, sal ‘n kursuswysingingsfooi van 25% van die bestaande studiekoste gehef word en daar sal van die student verwag word om die volle koste te betaal van die nuwe vakeenhede/kursusse/ studieprogramme wat hy/sy nou byvoeg of omruil, asook die registrasiefooi van toepassing op die nuwe studieprogram. Indien 'n versoek om kansellasie van studies goedgekeur word waar die aansoek deur die student binne twee weke na registrasie gedoen is en geen studiemateriaal of toegang tot die Studiesentrum is reeds voorsien nie, sal ‘n kansellasiefooi van 25% van die studiekoste gehef betaalbaar wees. By ontvangs van 'n versoek om kansellasie van 'n student na die verstryking van twee weke na registrasie en nadat die studiemateriaal reeds beskikbaar gestel is aan die student deur die verskaffing van 'n aantekenkode en sleutelwoord, sal geen versoek om kansellasie oorweeg word nie en dit sal beskou word as 'n staking van studies. Die oorweging van die aansoek om kansellasie/omruiling van kursusse en die goedkeuring daarvan berus by die Dekaan en sy besluit sal as finaal aanvaar word.

  • Staking van Studies.  Staking van vakeenhede en/of ‘n studieprogram in geheel word nie aanvaar sonder koste nie. Staking van Studies word definieer as die kansellasie of staking van studies sonder skriftelike kennisgewing aan die Instituut, of waar die aansoek om kansellasie afgekeur is deur die Dekaan en student verkies steeds om sy/haar studieprogram te staak. In hierdie geval is geen stakingsfooi betaalbaar nie, maar studente ontvang geen korting by herregistrasie nie. Studente sal egter steeds verantwoordelik wees vir uitstaande studierekeninge in die geval van staking van studies en geen terugbetalings word gemaak by staking van studies nie. Die staking van studies is ‘n ernstige aangeleentheid vir die Instituut en besluite m.b.t die staking van studies berus by die Dekaan en sal van geval tot geval en met inagneming van die omstandighede op meriete geneem word. Die besluit van die Dekaan sal as finaal aanvaar word.

  • Hereksamens.  In die geval van Vlak D Studieprogramme behou die Instituut die reg voor om aan 'n studente 'n hereksamen toe te staan. Hierdie besluit sal geneem word met inagneming van die spesifieke student se deelname en vordering met die kursusmateriaal, die evaluasie van werkopdragte, asook met inagneming van spesifieke omstandighede van die student. 'n Hereksamenfooi van R125.00 sal betaalbaar wees en die besluit m.b.t hereksamen berus by die Dekaan. Die besluit van die Dekaan sal as finaal aanvaar word.

Alle Vlak D Studieprogramme het ten doel het om teologiese en geestelike opvoeding aan soveel mense as moontlik beskikbaar te stel.  Die manier waarop die kostestruktuur opgestel is, maak dit moontlik vir studente om erns te maak mt hulle studies en teen minimale koste in die gerief van hul eie huise onderrig te ontvang.  Op hierdie manier voldoen ons aan bekosbaarheidsvereistes en studente word aangemoedig om erns te maak met hul studies om die kwalifikasie, alternatiewelik hulself geestelik te verryk – wat andersins nie moontlik sal wees nie.

TERUG NA BO


KRITERIA VIR SUKSESVOLLE VOLTOOIING VAN STUDIEPROGRAM

Die werkopdragte wat ingehandig word deur studente sal 40% van die totale kursuspunt behels.  Die gewig van die finale assesering in die vorm van 'n oopboek-eksamen in die konteks van u fanale punt is 50%. Die ander 10% van u punt word opgemaak deur u aktiewe deelname in die Studiesentrum bv. antwoord van besprekingsvrae, deelname aan besprekingsforums, aantal besoeke en aktiewe insette wat gelewer word, ens. 'n Finale slaagsyfer vir alle vakeenhede op hierdie vlak van Studie is 60%. Die kriteria wat toegepas word vir die slaag van vakeenhede is as volg:

 

Slaag 60% - 100%
Druip met begeleiding Onder 60%
Kansellasie van Studieprogram Slegs binne twee weke na registrasie en indien geen studiemateriaal of aantekenkode vir die Studiesentrum reeds voorsien is nie of soos goekgekeur deur Dekaan
Staking van Studieprogram Onvoltooid, met koste

 



TERUG NA BO

Indien u enige vrae het waarvoor u nie die antwoord gekry het nie, 
kontak ons hier met u navraag.

TERUG NA DIE HOOFBLAD VAN PROSPEKTUS