Indien u enige vrae het waarvoor u nie die antwoord kry nie, 
kontak ons hier met u navraag.


Aktiveer
die onderstaande sleutel vir meer inligting

Hoër Diploma in Berading

Baccalareus in Berading (B.Cns)

Meer Inligting oor Vlak D Studieprogramme (Fase IV & V)

Toelatingsvereistes vir Vlak D Studieprogramme (Fase IV & V)

Erkenning vir Vorige Studies (Fase IV & V)

Koste van Vlak D Studieprogramme Fase IV & V)

Kriteria vir Suksesvolle Voltooiing van Studieprogram (Fase IV & V)


TERUG NA DIE HOOFBLAD VAN PROSPEKTUS


STUDIEPROGRAMME - VLAK D -  (FASE IV & V)

 

U word aangeraai om eers Afdeling 9 van die Prospekus wat handel oor die eerste drie fases van hierdie studieprogram deur te lees en dan weer terug hierheen te beweeg. Indien u dit reeds gelees het, gaan gerus voort. Hierna sal ons slegs verwys na die twee kwalifikasies as Fases 4 en 5.

HOËR DIPLOMA IN BERADING(FASE IV)

Studente kies na voltooing van die Gevorderde Diploma in Bediening een van vyf spesialiteitsrigtings indien hulle 'n Baccalareusgraad wil verwerf. Die volgende spesialiteitsrigtings word aangebied:

1. Bediening (B.Min)
2. Berading (B.Cns)
3. Teologie (B.Div)
4. Besigheidsleiding (B.BL)
5. Opvoedkunde (B.Ed)
6. Besigheidsadministrasie (B.Admin)
7. Kunste (B.A met Endossement)
(U registreer vir die Hoër Diploma in Herderskap indien u die spesialiteitsrigting Bediening verkies)

Die Hoër Diploma in Berading behels die volgende ses modules wat uit twaalf (12) vakeenhede bestaan (80 krediete):

Module 1

1. CPX1 - Beradingspraktyk (7 Krediete)
2. DGR2 - Groei in Dissipelskap 2 (11 krediete)

Module 2

3. ICN1 - Inleiding tot Berading I (12 krediete)
4. MSE - Microsoft Excel (5 krediete)

Module 3

5. PLF1 - Inleiding tot Sielkunde I (11 krediete)
6. SST - Kreatiwiteit & Inisiatief (2 krediete)

Module 4

7. BBC - Christelike Berading (6 krediete)
8. SPR - Probleemoplossing (2 krediete)

Module 5

9. ISC1 - Inleiding tot Sosiologie I (10 krediete)
10. IWP - Effektiewe Benutting van Woorde (2 krediete)

Module 6

11. IPC1 - Interpersoonlike Kommunikasie I - 10 krediete)
12. EPH - Effektiewe Telefoniese Kommunikasie (2 krediete)

TERUG NA BO

BACCALAREUS IN BERADING (B.CNS) - FASE V 

Alle studente wat die spesialiteitsrigting "Berading" gekies het en die Hoër Diploma in Berading suksesvol voltooi het, registreer nou vir die laaste Fase (Boublok) vir die verwerwing van 'n Baccalareus in Berading (B.Cns).

 

Die Baccalareus in Berading (B.Cns) behels vier modules wat uit nege vakeenhede bestaan (50 krediete), asook 'n verdere keuse tussen twee spesialiteitsrigtings (30 krediete). Dit verskaf aan studente 'n totaal van 80 krediete wat benodig word vir die voltooiing van hierdie Fase.

 

Module 1

1. STH1 - Sistematiese Teologie I (8 Krediete)
2. HRP - Die Hantering van Verantwoordelikheid (2 krediete)
3. CPX2 - Beradingspraktyk (9 krediete)

Module 2

4. SCP - Sosiale Sielkunde (8 Krediete)
5. MPT - Microsoft Powerpoint (4 krediete)

Module 3

6. CST1 - Beradingstegnieke (8 krediete)
7. MDS - Besluitneming (2 krediete)

Module 4

8. MFC1 - Huweliksberading I (7 krediete)
9. TCH - Onderig & Lering (2 krediete)

'n Keuse word nou deur studente gemaak uit een van die volgende twee spesialiteitsrigtings:

 

Opsie 1
(30 Krediete)

Leierskapsvaardighede (5 Krediete)
Beradingsaspekte (5 Krediete)
Inleiding tot Sielkunde (5 Krediete)
Bybelse Berading (5 Krediete)
Inleiding tot Sosiologie (5 Krediete)
Interpersoonlike Kommunikasie II (5 Krediete)

Opsie 2
(30 Krediete)

Herderskap (4 Krediete)
Gedragsterapie (8 Krediete)
Pastorale Sielkunde (5 Krediete)
Abnormale Sielkunde (4 Krediete)
Beradingspraktyk (5 Krediete)
Oorredingstegnieke (2 Krediete)
Verskuilde Vermoëns (2 Krediete)

TERUG NA BO 

MEER INLIGTING OOR VLAK D STUDIEPROGRAMME (FASE IV & V)

Oorsig

 

Studente wat registreer vir hierdie studieprogramme vir Studiedoeleindes moet een of meer werkopdragte in elkeen van die modules tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat en/of Diploma te ontvang.  Vir elke student word daar ook 'n dosent aangewys wat hom/haar begelei in die praktiese studie-gedeelte van die kursus. Die praktiese werk behels vier praktiese take wat aan die student gegee word: Preekkunde, Onderrrig, Selfevaluasie en 'n praktiese toets. In hierdie fase van studie sal daar meer kontak wees tussen student en dosent en daar mag self 'n persoonlike ontmoeting of twee plaasvind. 'n Finale eksamen sal ook van toepassing wees. .

 

Alle Vlak D Studieprogramme bied aan studente die konsep van "Studie deur Boublokke/Fases". Ons verfris u geheue - elke boublok/fase is 'n onderafdeling en bou voort na die volgende boublok/fase. Studente verkry egter 'n kwalifikasie by voltooiing van 'n spesifieke boublok/fase en die voltooiing van 'n boublok of fase dien as krediet vir die volgende boublok. Studente mag egter uittree uit die studieprogram na voltooiing van 'n spesifieke boublok of fase en het geen verpligting om voort te gaan met studies totdat al die boublokke of fases voltooi is nie. Dit beteken dat studente, anders as in die geval van inwonende universiteite en die tradisionele model na voltooiing van hul eerste jaar (as voorbeeld) reeds 'n kwalifikasie verwerf en nie eers twee of meer jare van studie moet voltooi voordat 'n kwalifikasie verwerf kan word nie. Hierdie fases is dus saamgestel en ontwerp om volledig ook deel te vorm van mekaar. Na voltooiing van elke fase van hierdie studieprogram ontvang studente 80 krediete wat ten gunste van registrasie vir die volgende vlak benut word. Studente wat dus registreer met die doelwit om 'n Baccalareus in Berading te verwerf volg die volgende pad na verwerwing van hierdie kwalifikasie:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in Dissipelskap (Boublok/Fase I)
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Leierskap - Fase I (Boublok/Fase II)
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Gevorderde Diploma in Bediening - Fase II
(Boublok/Fase II)

Stap 4 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Hoër Diploma in Berading - Fase IV

Stap 5 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Baccalareus in Berading - Fase V

 

Ons kan dit as volg illustreer:

Stap 1 - Sertifikaat in Dissipelskap.  Studente registreer vir die Sertifikaat in Dissipelskap. By suksesvolle voltooiing van die Sertifikaat in Dissipelskap, ontvang studente volle krediete vir die eerste jaar (80 krediete) van die Baccalareus in Bediening en word dan toegelaat om te registreer vir die Diploma in Leierskap.


  
  80 Krediete

Stap 2 - Diploma in Leierskap.  Studente registreer vir die Diploma in Leierskap. By suksesvolle voltooiing van die Diploma in Leierskap, ontvang studente volle krediete vir die tweede jaar (80 krediete) van die Baccalareus in Bediening en word dan toegelaat om te registreer vir die Gevorderde Diploma in Bediening.

  160 Krediete
  Sertifikaat in Dissipelskap (80 Krediete) + 80 Krediete


Stap 3 - Gevorderde Diploma in Bediening. Studente registreer vir die Gevorderde Diploma in Bediening. By suksesvolle voltooiing van die Gevorderde Diploma in Bediening ontvang studente die balans van 80 krediete (derde jaar) wat benodig word vir die verwerwing van hierdie Gevorderde Diploma. Studente benodig 240 krediete vir die verwerwing van die Gevorderde Diploma in Bediening en het dit in verskillende fases wat boublokke genoem word, voltooi. Studente ontvang volle krediete (240 krediete) vir die derde jaar van die Baccalareus in Bediening

  240 Krediete
  Sertifikaat in Dissipelskap (80 Krediete) + Diploma in
  Leierskap (80 krediete) + 80 Krediete

Stap 4 - Hoër Diploma in Berading. Studente registreer vir die Hoër Diploma in Berading. By suksesvolle voltooiing van die Hoër Diploma in Berading ontvang studente die balans van 80 krediete (vierde jaar) wat benodig word vir die verwerwing van hierdie Diploma. Studente benodig 320 krediete vir die verwerwing van die Hoër Diploma in Berading en het dit in verskillende fases wat boublokke genoem word, voltooi. Studente ontvang volle krediete (320 krediete) vir die vierde jaar van die Baccalareus in Berading.

  320 Krediete
  Sertifikaat in Dissipelskap (80 Krediete) + Diploma in
  Leierskap (80 krediete) + Gevorderde Diploma in Bediening + 80

Krediete

 

Stap 5 - Baccalareus in Berading (B.Cns). Studente registreer vir die Baccalareus in Berading (B.Cns). By suksesvolle voltooiing van die Baccalareus in Berading (B.Cns) ontvang studente die balans van 80 krediete (vyfde jaar) wat benodig word vir die verwerwing van hierdie Graad. Studente benodig 400 krediete vir die verwerwing van die Baccalareus in Berading (B.Cns) en het dit in verskillende fases wat boublokke genoem word, voltooi. Studente ontvang volle krediete (400 krediete) vir die vyfde jaar van die Baccalareus in Berading. Indien hulle dit verkies en wil voortgaan, het hulle nou toelating vir 'n Honneursgraad in Bediening en 'n Meestersgraad in Bediening vir toelating aan nasionale & internasionale universiteite.

 

  400 Krediete
  Sertifikaat in Dissipelskap (80 Krediete) + Diploma in
  Leierskap (80 krediete) + Gevorderde Diploma in Bediening + Hoër Diploma in Berading + 80
Krediete

 

Die Sertifikaat in Dissipelskap is dus die eerste boublok, die Diploma in Leierskap die tweede boublok en die Gevorderde Diploma in Bediening die derde boublok, die Hoër Diploma in Berading die vierde boublok en die Baccalareus in Berading (B.Cns) die vyfde en laaste boublok..

 

Nota: Voornemende studente hoef egter nie die totale program te voltooi nie. Die einde van elke fase dui 'n ontrekkingspunt (exit point) aan wat beteken dat studente na die voltooiing van 'n spesifieke boublok 'n kwalifikasie kan verwerf, tydelik of permanent onttrek en selfs die keuse het om op 'n later stadium weer te registreer en dan voort te gaan by die punt waar hulle onttrek het.

 

Duur van Studie

 

Vlak D is studieprogramme wat deur afstandsonderrig en nie deur middel van korrespondensiestudies aangebied word nie. Vir die verskil tussen hierdie twee tipes van studie, sien meer inligting hieroor in die Studente en Algemene afdelings van hierdie Prospektus.

 

Afstandsonderrig deur middel van mentorskap beteken dat 'n student onder begeleiding van 'n studiementor die studieprogram voltooi. Studente kry toegang tot die Studiesentrum waar daar lesings in klank publiseer word wat afgelaai word en deurgeluister word deur die student. Daarmee saam ontvang studente 'n werkboek (waar van toepassing) waarin aantekeninge gemaak kan word en wat die hoofmomente van elke lesing bevat. Addisioneel tot u handboek word u begelei deur die studieprogram stap vir stap. Die hoeveelheid werk wat publiseer word per lesing is ongeveer een uur studie per lesing, Ons verwag van studente om ongeveer ses na tien ure per week aandag te gee aan hierdie studieprogram, en een addisionele uur vir afronding. Indien u hierdie program volg, sal u gemaklik die studiemateriaal en program kan baasraak en voltooi. Die lesings en werkboek is egter so uitgewerk dat studente wat agter raak, baie maklik kan opvang deur slegs 'n bietjie harder te werk in opeenvolgende weke. Studente hoef nie aanlyn te luister na lesings nie, maar kan die lesings aflaai en in die gerief van hul eie huis daarna luister en notas maak. U word begelei op 'n akademiese vlak, maar ook op 'n geloofsvlak deur u studiementor. U werk u eie studierooster uit per week, per maand, per jaar. Op hierdie wyse kan u binne een jaar gemaklik die studieprogram vir elke fase voltooi. Daar is egter 'n maksimum tydsbeperking vir die voltooiing van die studieprogram. Ons gebruik egter kriteria wat studente in staat stel om gemaklik deur die studiemateriaal te beweeg en aan die vereistes te voldoen met in agneming van die unieke omstandighede van deeltydse studente soos genoem hierbo. Die maksimum termyn vir die voltooiing van elke fase van 'n Vlak D studieprogram is 3 jaar per fase (ongeveer 2 ure studie per week), uitgesluit die finale fase (Fase 5) wat twee jaar is. Indien u dus al vyf die boublokke wil voltooi, sal u 'n maksimum van veertien jaar kry om dit te doen.

 

Ons verwag egter van studente om erns te maak met hul studies en die program waarvoor hul registreer te voltooi.  Dus verskaf ons sekere riglyne aan studente wat hul in ag moet neem voordat hulle besluit om te registreer. Hierdie riglyne gee aan u die basis sodat u self die tydperk kan bepaal vir die voltooiing van die spesifieke kwalifikasie.  Deur hierdie riglyne te benut, kan studente ook bepaal hoeveel tyd hul aan hul studies per dag, week of maand behoort te spandeer.

 

Die riglyne is die volgende:

  • Vir alle Vlak D Studieprogramme beveel ons aan dat studente die studieprogram versprei oor 'n tydperk van een kalenderjaar per fase.  Die volume van materiaal asook vereistes wat gestel word is van so aard dat dit 'n deeltydse student met gemak 'n kalenderjaar sal neem om te voltooi. Voltydse studente kan al vyf die fases in drie jaar gemaklik voltooi.

  • Indien 'n studunt die kwalifikasie (Fase) wil voltooi binne een kalenderjaar, beveel ons aan dat u tussen 3-6 ure per kredietpunt sal benut. U behoort dus gemaklik die studieprogram binne 'n tydperk van 24 tot 42 weke te voltooi.

  • Hierdie riglyn is van toepassing op deeltydse studente.

  • Deeltydse studente behoort dus 'n gemiddeld van tussen 6 en 12 ure per week tot hul beskikking te hê.

  • Indien studente hierdie formule as riglyn gebruik kan hul enige tyd na ontvangs van die studiemateriaal met inagneming van die moeilikheidsgraad bepaal of hul dit vinniger kan voltooi.

Krediete

 

Na voltooiing van elke fase van hierdie studieprogram ontvang studente 80 krediete per fase wat ten gunste van krediete in enige ander studierigting van toepassing gebruik kan word.

 

TERUG NA BO


TOELATINGSVEREISTES VIR VLAK D STUDIEPROGRAMME (FASE IV & V)

Die minimum toelatingsvereistes vir registrasie in hierdie kursusse en/of vakeenhede is die volgende: 


Vir die Hoër Diploma in Berading
  • Die Gevorderde Diploma in Bediening

  • 'n Liefde vir God en Sy Woord

  • 'n Onderneming om erns te maak met u studies

  • 'n Verbintenis om die kursus/vakeenheid te voltooi waarvoor u registreer

  • Die besit van 'n Bybel

Vir die Baccalareus in Berading (B.Cns)

  • Die Hoër Diploma in Berading

  • 'n Liefde vir God en Sy Woord

  • 'n Onderneming om erns te maak met u studies

  • 'n Verbintenis om die kursus/vakeenheid te voltooi waarvoor u registreer

  • Die besit van 'n Bybel

Die onderrigmedium is Afrikaans, maar werkopdragte en eksamens kan in die taal van u keuse voltooi word. Daar is egter sekere vakeenhede wat Engelse studiemateriaal het. Ons is egter tans in proses om studiemateriaal in Afrikaans te vertaal en beskikbaar te stel. Enkele klankbane en dokumente is alreeds in Afrikaans beskikbaar vir kursusse waarvan die studiemateriaal slegs Engels is, maar die meeste lesings wat aan studente gebied word, is in Engels..Alle studiemateriaal vir die hoofvakke van u kursus, is reeds in Afrikaans beskikbaar. Die meeste leeswerk wat van studente verwag word in die finale fase van hierdie program, is egter net in Engels beskikbaar. Internasionale akkreditasievereistes gee hier die deurslag.

TERUG NA BO


ERKENNING VIR VORIGE STUDIES / KWALIFIKASIES (FASE IV & V) 

Met betrekking tot Vlak D Studieprogramme gee ons ten volle erkenning vir vorige studies en kwalifikasies. U doen aansoek deur middel van RPL beginsels soos vervat in die Onderwyswet en krediete word toegestaan indien u aan die beginsels van RPL (Recognition of Prior Learning) voldoen. In sommige gevalle word oorbruggingskursusse aanbeveel en u hoef dan nie al die vlakke van studie te voltooi nie. Indien u voorheen studeer het en reeds kursusse voltooi het en/of kwalifikasies behaal het, kontak ons vir meer besonderhede.

TERUG NA BO


KOSTE VAN VLAK D STUDIEPROGRAMME (FASE IV & V)

In die geval van registrasie vir Vlak D studieprogramme, word geen aansoekfooie gehef nie, maar daar is 'n registrasiefooi van toepassing.  Die koste wat wel gehef word, is absoluut minimaal vir ‘n studieprogram van hierdie omvang en word moontlik gemaak deur borgskappe en gratis dienste van vrywilligers wat betref die voorbereiding van studiemateriaal en die bestuur van die studieprogram.  ‘n Soortgelyke studieprogram kan by ander instansies selfs soveel as R 13 500.00 per jaar kos. U kan nou u Baccalareusgraad behaal vir ongeveer R 18 000.00 (versprei oor 5 jaar) in die gerief van u eie huis. 'n Ten volle akkrediteerde graad in die bediening is nou vir u 'n realiteit, sonder dat u voltyds of na-uurs by 'n universiteit moet klasse bywoon, sonder om u geliefdes te verlaat, en teen bekostigbare tariewe. Selfs die skryf van die eksamen vind plaas in die gerief van jou eie huis.

Die koste van alle Vlak D studieprogramme is as volg: 

  • Aansoekfooie:  Gratis
  • Registrasie:  R250.00 vir Fase 4; R650.00 vir Fase 4.
  • As geheel 
    R 3 850.00 vir Fase 4 (Ingesluit die Registrasiefooi)
    R 4 500.00 vir Fase 5 (Ingesluit die Registrasiefooi)
    Opsies:
    Aflaai van Internet: Die totale koste hierbo vir alle vakeenh
    ede wat deel uitmaak van elke boublok of fase van die studieprogram
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 250.00
    per CD van ses modules vir Fase 4 en + R 450.00 per CD van vier modules & spesialiteitsvakeenhede vir Fase 5. Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing:  + R 150.00 (ingesluit by die totale koste)
    Alle Voorgeskrewe boeke word ingesluit by die Studiepakket en u ontvang dit gratis as deel van u studiemateriaal.
    'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien 'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie.  (Besonderhede word hieronder gegee).

    Studente wat die studiemateriaal per CD bestel, ontvang saam met die studiemateriaal 'n CD met 38 gratis sagteware programme wat gebruik kan word vir studiedoeleindes. Sagteware sluit bv in 2 volledige Engels verklarende woordeboeke, drie "mindmap" programme, 'n elektroniese dagboek en vele meer.
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:        
    Hierdie opsie is nie beskikbaar vir hierdie studieprogramme nie.
  • Per alleenstaande vakeenheid:   
    Hierdie opsie is nie beskikbaar vir hierdie studieprogramme nie.

  • Versending van CD:  R 75.00 per versending. Voornemende studente moet daarop let dat hierdie opsie eers beskikbaar is vanaf Februarie 2012. Alle studiemateriaal word tans in die Studiesentrum beskikbaar gestel, maar die CD's sal beskikbaar wees teen Februarie 2012.

Opmerkings m.b.t Koste van Vlak D Studieprogram (Fase IV & V)


Die volgende kostes het betrekking, addisioneel of opsioneel, afhangende van die spesifieke omstandighede van die student.

  • Finansiële Toegewings aan Studente.  Waar studente nie die volle bedrag vir die Studieprogram kan betaal teen registrasie nie, word ‘n voorwaardelike toegewing as volg gemaak:

  • Studente mag registreer vir die volle Studieprogam (per Fase of Boublok) en kan die totale studiekoste in paaiemente betaal. Hierdie toegewing is onderworpe aan die volgende voorwaardes:

    • Studente moet registreer vir die modules in die volgorde waarin dit aangebied word. Sien die inligting wat gegee word oor die kursusinhoud in hierdie Prospektus.

    • Studiemateriaal word slegs versend en/of beskikbaar gestel in die Studiesentrum aan studente wat vir die modules ten volle betaal het.

    • ‘n Afsonderlike ooreenkoms moet skriftelik aangegaan word tussen die Instituut en die student alvorens so ‘n toegewing gemaak kan word.

    • Studente betaal slegs vir die eerste registrasie die registrasiefooi van toepassing.
    • Die koste van hierdie opsie is egter heelwat duurder in die opsig dat studente elke versending se posgeld self moet betaal wat R75.00 per versending beloop, en die koste van 'n krediet verhoog. In die geval van Fase 4 van R45.00 per krediet na R58.00 per krediet,en in die geval van Fase 5 van R48.12 per krediet na R58.00 per krediet, uitgesluit registrasie. Die rede daarvoor is dat hierdie opsie aansienlike administrasiekoste meebring.
    • Totale studiekoste is dan as volg betaalbaar. In vier paaiemente van 25% elk van die totale studiekoste. Die registrasiefooi is betaalbaar saam met die eerste paaiement by registrasie. Die ander drie paaiemente is betaalbaar onderskeidelik die tweede maand na registrasie, die vierde maand na registrasie en die sesde maand na registrasie.
    • Studente is steeds onderhewig aan die regulasies m.b.t die kansellasie en/of staking van studies.  In die geval waar studente nog nie die studiekostes ten volle betaal het nie, sal die kostes van die kansellasie en staking van studies soos gemeld hieronder, steeds verskuldig en betaalbaar wees deur die student.
    • Die oorweging van die aansoek om uitstel vir betaling en die goedkeuring daarvan berus by die Dekaan en sy besluit sal as finaal aanvaar word.
  • Herregistrasie in die geval van druip van vakeenhede.  ‘n Persentasiepunt en simbool ooreenkomstig die evaluasiekriteria vir hierdie kursusse word toegeken vir elke werkopdrag.  Minder as 60% vir die werkopdragte impliseer dat ‘n student die vakeenheid druip en dit moet herhaal.  Herregistrasie vir hierdie kursus is dan van toepassing en beteken dat ‘n student by enige tweede of verdere registrasie ‘n herregistrasiefooi van R100.00 per vakeenheid moet betaal.  Studente hoef egter nie weer die kursusgeld in hierdie geval te betaal nie.

  • Hernasien van Werkopdragte.  Waar studente ‘n versoek vir hernasien van werkopdragte en/of eksament aan die Instituut rig, is ‘n fooi van R100.00 betaalbaar voordat die werkopdrag of eksamenantwoordstel hernagesien kan word.  Die goedkeuring van enige versoek om hernasien berus by die Dekaan.

  • Kansellasie van Studies.  Aansoek om kansellasie van vakeenhede, omruiling van vakeenhede en/of kansellasie van ‘n studieprogram mag gedoen word binne twee weke na registrasie, op die voorwaarde dat geen studiemateriaal reeds versend is, en/of geen gebruikerskode en sleutelwoord verskaf is vir aflaai van die Internet nie. In gevalle waar ‘n versoek om kansellasie ontvang word binne twee weke na registrasie, na die studiemateriaal reeds versend is of nadat ‘n gebruikerskode en sleutelwoord reeds toegestaan en versend is, sal geen kansellasie van registrasie of studies oorweeg word nie. Indien 'n versoek om omruiling van kursusse goedgekeur word waar die aansoek deur die student binne twee weke na registrasie gedoen is en geen studiemateriaal of toegang tot die Studiesentrum is reeds voorsien nie, sal ‘n kursuswysingingsfooi van 25% van die bestaande studiekoste gehef word en daar sal van die student verwag word om die volle koste te betaal van die nuwe vakeenhede/kursusse/ studieprogramme wat hy/sy nou byvoeg of omruil, asook die registrasiefooi van toepassing op die nuwe studieprogram. Indien 'n versoek om kansellasie van studies goedgekeur word waar die aansoek deur die student binne twee weke na registrasie gedoen is en geen studiemateriaal of toegang tot die Studiesentrum is reeds voorsien nie, sal ‘n kansellasiefooi van 25% van die studiekoste gehef betaalbaar wees. By ontvangs van 'n versoek om kansellasie van 'n student na die verstryking van twee weke na registrasie en nadat die studiemateriaal reeds beskikbaar gestel is aan die student deur die verskaffing van 'n aantekenkode en sleutelwoord, sal geen versoek om kansellasie oorweeg word nie en dit sal beskou word as 'n staking van studies. Die oorweging van die aansoek om kansellasie/omruiling van kursusse en die goedkeuring daarvan berus by die Dekaan en sy besluit sal as finaal aanvaar word.

  • Staking van Studies.  Staking van vakeenhede en/of ‘n studieprogram in geheel word nie aanvaar sonder koste nie. Staking van Studies word definieer as die kansellasie of staking van studies sonder skriftelike kennisgewing aan die Instituut, of waar die aansoek om kansellasie afgekeur is deur die Dekaan en student verkies steeds om sy/haar studieprogram te staak. In hierdie geval is geen stakingsfooi betaalbaar nie, maar studente ontvang geen korting by herregistrasie nie. Studente sal egter steeds verantwoordelik wees vir uitstaande studierekeninge in die geval van staking van studies en geen terugbetalings word gemaak by staking van studies nie. Die staking van studies is ‘n ernstige aangeleentheid vir die Instituut en besluite m.b.t die staking van studies berus by die Dekaan en sal van geval tot geval en met inagneming van die omstandighede op meriete geneem word. Die besluit van die Dekaan sal as finaal aanvaar word.

  • Hereksamens.  In die geval van Vlak D Studieprogramme behou die Instituut die reg voor om aan 'n studente 'n hereksamen toe te staan. Hierdie besluit sal geneem word met inagneming van die spesifieke student se deelname en vordering met die kursusmateriaal, die evaluasie van werkopdragte, asook met inagneming van spesifieke omstandighede van die student. 'n Hereksamenfooi van R125.00 sal betaalbaar wees en die besluit m.b.t hereksamen berus by die Dekaan. Die besluit van die Dekaan sal as finaal aanvaar word.

Alle Vlak D Studieprogramme het ten doel het om teologiese en geestelike opvoeding aan soveel mense as moontlik beskikbaar te stel.  Die manier waarop die kostestruktuur opgestel is, maak dit moontlik vir studente om erns te maak mt hulle studies en teen minimale koste in die gerief van hul eie huise onderrig te ontvang.  Op hierdie manier voldoen ons aan bekosbaarheidsvereistes en studente word aangemoedig om erns te maak met hul studies om die kwalifikasie, alternatiewelik hulself geestelik te verryk – wat andersins nie moontlik sal wees nie.

TERUG NA BO


KRITERIA VIR SUKSESVOLLE VOLTOOIING VAN STUDIEPROGRAM (FASE IV & V)

Die werkopdragte wat ingehandig word deur studente sal 40% van die totale kursuspunt behels.  Die gewig van die finale assesering in die vorm van 'n oopboek-eksamen in die konteks van u fanale punt is 50%. Die ander 10% van u punt word opgemaak deur u aktiewe deelname in die Studiesentrum bv. antwoord van besprekingsvrae, deelname aan besprekingsforums, aantal besoeke en aktiewe insette wat gelewer word, ens. 'n Finale slaagsyfer vir alle vakeenhede op hierdie vlak van Studie is 60%. Die kriteria wat toegepas word vir die slaag van vakeenhede is as volg:

 

Slaag 60% - 100%
Druip met begeleiding Onder 60%
Kansellasie van Studieprogram Slegs binne twee weke na registrasie en indien geen studiemateriaal of aantekenkode vir die Studiesentrum reeds voorsien is nie of soos goekgekeur deur Dekaan
Staking van Studieprogram Onvoltooid, met koste

 



TERUG NA BO

Indien u enige vrae het waarvoor u nie die antwoord gekry het nie, 
kontak ons hier met u navraag.

TERUG NA DIE HOOFBLAD VAN PROSPEKTUS