Indien u enige vrae het waarvoor u nie die antwoord kry nie, 
kontak ons hier met u navraag.


Aktiveer
die onderstaande sleutel vir meer inligting

Sertifikaat in Christelike Berading

Diploma in Christelike Berading - Fase I

Diploma in Christelike Berading - Fase II

Meer Inligting oor Vlak B Studieprogramme

Toelatingsvereistes vir Vlak B Studieprogramme

Erkenning vir Vorige Studies

Koste van Vlak B Studieprogramme

Kriteria vir Suksesvolle Voltooiing van Studieprogram


TERUG NA DIE HOOFBLAD VAN PROSPEKTUS


STUDIEPROGRAMME - VLAK B  


SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE BERADING 

Die Sertifikaat in Christelike Berading is 'n Vlak B studieprogram wat bestaan uit 'n kombinasie van inleidende kursusse wat ten doel het om studente die kennis en vaardighede aan te leer ten einde 'n grondslag te vestig op die pad na effektiewe berading.

 

Die Sertifikaat in Christelike Berading behels die volgende ses modules wat uit drie-en-twintig vakeenhede bestaan (80 krediete):

 

MODULE 1 - Berading as Bediening (9 Krediete)

 

BSCB101 - Inleiding tot Christelike Berading
BSCB102 - Die Rol van die Gees & Die Woord in Berading
BSCB103 - Die Bediening van Berading

 

MODULE 2 - Die Berader (16 Krediete)

 

BSCB104 - Kwalifikasies van 'n Berader
BSCB105 - Fondasies van Christelike Berading
BSCB106 - Voorveronderstellings in Berading
BSCB107 - Voorbereiding in Berading

 

MODULE 3 - Die Beradingsproses I (12 Krediete)

 

BSCB108 - Verwerking van Informasie
BSCB109 - Vestiging van Hoop
BSCB110 - Skrifgebruik in Berading 
    

 

MODULE 4 - Die Beradingsproses II (12 Krediete)

 

BSCB111 - Probleemanalise
BSCB112 - Probleemoplossings
BSCB113 - Rol van Huiswerk in Berading

 

MODULE 5 - Beradingsbronne (15 Krediete)

 

BSCB114 - Beradingswaarskuwings
BSCB115 - Die Gebruik van Illustrasies in Berading
BSCB116 - Algemene Vrae m.b.t Berading
BSCB117 - Beradingsbronne

 

MODULE 6 - Beradingstegnieke (16 Krediete)

 

BSCB118 - Tegnieke m.b.t Luister, Bevraagteken, Klassifiseer, Waarneming & Reaksie
BSCB119 - Opsomming & Integrasie
BSCB120 - Konfrontasietegnieke & Identifisering
BSCB121 - Metodes van Analise
BSCB122 - Beplanningstegnieke
BSCB123 - Etiek in Berading

TERUG NA BO

DIPLOMA IN CHRISTELIKE BERADING - FASE I 

Die Diploma in Christelike Berading - Fase I is 'n Vlak B studieprogram wat bestaan uit 'n kombinasie van kursusse wat ten doel het om studente die kennis en vaardighede aan te leer ten einde 'n grondslag te vestig op die pad na effektiewe berading. Die Diploma in Christelike Berading - Fase I bou voort op die Sertifikaatprogram en voornemende studente moet eers registreer vir die Sertifikaatprogram voordat registreer kan word vir die Diplomaprogram.

 

Die Diploma in Christelike Berading behels die volgende ses modules wat uit drie-en-twintig vakeenhede bestaan (80 krediete):

 

MODULE 1 - Geloofsterapie (9 Krediete)

BDCB101 - Die toepassing van geloofsterapie en die proses vanuit 'n Bybelse en psigologiese basis.
BDCB102 - Die rol van geloof in die oplossing van spesifieke probleme.
BDCB103 - Bybelse metodes vir die gebruik van geloof in die oplossing van probleme.

MODULE 2 - Mentorskap & Begeleiding (12 krediete)

BDCB104 - Begeleidingsmodelle
BDCB105 - Begeleidingskonsepte
BDCB106 - Begeleiding & Praktyk

MODULE 3 - Die Rol van Verandering (16 krediete)

BDCB107 - 'n Narratiewe Benadering & Model
BDCB108 - Verandering m.b.t Spesifieke Probleme I
BDCB109 - Verandering m.b.t Spesifieke Probleme II
BDCB110 - Verandering m.b.t Spesifieke Probleme III

MODULE 4 - Die Rol van Openbaring (15 krediete)

BDCB111 - 'n Bybelse Fondasie
BDCB112 - Geloof, Deugdaamheid & Kennis
BDCB113 - Selfbeheersing, Volharding, Heiligheid
BDCB114 - Goedhartigheid, Liefde
BDCB115 - Assesering, Berading en Geestelike Groei

MODULE 5 - Lewensbeginsels (15 krediete)

BDCB116 - Beginsels vir Blywende Verandering
BDCB117 - Tipe Lewensbeginsels I
BDCB118 - Tipe Lewensbeginsels II
BDCB119 - Beradingsplanne

MODULE 6 - Groepsberading (13 krediete)

BDCB120 - Die Behoefte aan Groepe en Tipes Groepe
BDCB121 - Voordele, Nadele & Struktuur van Groepe
BDCB122 - Dinamika & Fases van Groepe
BDCB123 - Groepsleierskap

TERUG NA BO 

DIPLOMA IN CHRISTELIKE BERADING - FASE II 

Die Diploma in Christelike Berading - Fase II is 'n Vlak B studieprogram wat bestaan uit 'n kombinasie van kursusse wat ten doel het om studente die kennis en vaardighede aan te leer ten einde 'n grondslag te vestig op die pad na effektiewe berading. Die Diploma in Christelike Berading - Fase II bou voort op die Diploma in Christelike Berading - Fase I en voornemende studente moet eers registreer vir Fase I van die Diplomaprogram voordat registreer kan word vir hierdie Fase.

 

Die Diploma in Christelike Berading - Fase II behels die volgende agt modules wat uit twintig vakeenhede bestaan (80 krediete):

 

MODULE 1 - Huwelik & Gesinne (12 krediete)

BDCB201 - Geslagsverskille, Kommunikasie & Intimiteit
BDCB202 - Probleemhuwelike & Ouerskap
BDCB203 - Huweliksberading & Egskeiding

MODULE 2 - Afhanklikheid (9 krediete)

BDCB204 - Definisie, Oorsake & Behandeling
BDCB205 - Analise, Diagnose & die Afhanklike
BDCB206 - Behandeling van Spesifieke Afhanklikheid

MODULE 3 - Verslawing (16 krediete)

BDCB207 - Begrip en Teorie
BDCB208 - Alkohol, Dwelms, Liefde & Eetsteurings
BDCB209 - Behandeling & Genesing
BDCB210 - Assesering, Etiek & Beheer

MODULE 4 - Huishoudelike Geweld (16 krediete)

BDCB211 - Woede
BDCB212 - Emosionele & Fisies Mishandeling
BDCB213 - Geweld & die Slagoffer
BDCB214 - Seksuele Mishandeling

MODULE 5 - Psigopatologie (20 krediete)

BDCB215 - Psigopatologie I
BDCB216 - Psigopatologie II
BDCB217 - Psigopatologie III
BDCB218 - Psigopatologie IV
BDCB219 - Psigopatologie V

MODULE 6 - Beradingspraktyk (7 krediete)

BDCB220 - Beradingspraktyk

TERUG NA BO 

MEER INLIGTING OOR VLAK B STUDIEPROGRAMME  

Oorsig

 

Hierdie studieprogramme behandel gespesialiseerde konsepte met betrekking tot 'n spesifieke konteks. Die studieprogramme kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes gevolg word as geheel, maar nie as losstaande vakeenhede of modules nie.

 

Studente wat registreer vir hierdie studieprogramme vir Studiedoeleindes moet ‘n werkopdrag in elkeen van die modules tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat en/of Diploma te ontvang.  Werkopdragte behels in die meeste gevalle 'n 1 500 woord (3 bladsye) werkstuk wat deur die dosent gemerk sal word, maar kan verskil na gelang van die spesifieke vakeenheid.  'n Finale eksamen sal ook van toepassing wees. Die meeste van die studiemateriaal is ingesluit by die koste van die kursus, maar daar word van studente verwag om een verpligte handboek aan te koop vir die Sertifikaatprogram en ongeveer vier handboeke vir die Diplomaprogram (onderhewig aan verandering). Alle ander studiemateriaal, werkboeke en studiegidse, assok aanlyn klankdokumente wat lesings bevat, word verskaf. Die voorgeskrewe boeke is egter so gekies dat bekostigbaarheid van groot belang is. Die voorgeskrewe handboeke kan ook gebruik word as verwysingsbron vir die res van 'n student se lewe.

 

Die Vlak B Studieprogramme bied aan studente die konsep van "Studie deur Boublokke/Fases". Elke boublok/fase is 'n onderafdeling en bou voort na die volgende boublok/fase. Studente verkry egter 'n kwalifikasie by voltooiing van 'n spesifieke boublok/fase en die voltooiing van 'n boublok of fase dien as krediet vir die volgende boublok. Studente mag egter uittree uit die studieprogram na voltooiing van 'n spesifieke boublok of fase en het geen verpligting om voort te gaan met studies totdat al die boublokke of fases voltooi is nie. Dit beteken dat studente, anders as in die geval van inwonende universiteite en die tradisionele model na voltooiing van hul eerste jaar (as voorbeeld) reeds 'n kwalifikasie verwerf en nie eers twee of meer jare van studie moet voltooi voordat 'n kwalifikasie verwerf kan word nie. Die Sertifikaatprogram is dus saamgestel en ontwerp om volledig ook deel te vorm van die Diploma in Christelike Berading. Na voltooiing van hierdie studieprogram ontvang studente 80 krediete wat ten gunste van registrasie vir die Diploma in Christelike Berading. Studente wat dus registreer met die doelwit om 'n Diploma in Christelike Berading te verwerf volg die volgende pad na verwerwing van hierdie kwalifikasie:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in Christelike Berading (Boublok/Fase I)
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Christelike Berading - Fase I (Boublok/Fase II)
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Christelike Berading - Fase II
(Boublok/Fase II)

 

Ons kan dit as volg illustreer:

Stap 1 - Sertifikaat in Christelike Bereading.  Studente registreer vir die Sertifikaat in Christelike Berading. By suksesvolle voltooiing van die Sertifikaat in Christelike Berading, ontvang studente volle krediete vir die eerste jaar (80 krediete) van die Diploma in Christelike Berading en word dan toegelaat om te registreer vir die Diploma in Christelike Berading (Fase I).


  
  80 Krediete


Stap 2 - Diploma in Christelike Berading (Fase I).  Studente registreer vir die Diploma in Christelike Berading (Fase I). By suksesvolle voltooiing van die Diploma in Christelike Berading (Fase I), ontvang studente volle krediete vir die tweede jaar (80 krediete) van die Diploma in Christelike Berading (Fase I) en word dan toegelaat om te registreer vir die Diploma in Christelike Berading (Fase I).

  160 Krediete
  Sertifikaat in Christelike Berading (80 Krediete) + 80 Krediete


Stap 3 - Diploma in Christelike Berading (Fase II). Studente registreer vir die Diploma in Christelike Berading (Fase II). By suksesvolle voltooiing van die Diploma in Christelike Berading ontvang studente die balans van 80 krediete (derde jaar) wat benodig word vir die verwerwing van die Diploma in Christelike Berading. Studente benodig 240 krediete vir die verwerwing van die Diploma in Christelike Berading en het dit in verskillende fases wat boublokke genoem word, voltooi.

  240 Krediete
  Sertifikaat in Christelike Berading (80 Krediete) + Diploma in
  Christelike Berading (Fase I) (80 krediete) + 80 Krediete

Die Sertifikaat in Christelike Berading is dus die eerste boublok, die Diploma in Christelike Berading (Fase I) die tweede boublok en die Diploma in Christelike Berading - Fase II die derde en laaste boublok.

Nota: Voornemende studente hoef egter nie die totale program te voltooi nie. Die einde van elke fase dui 'n ontrekkingspunt (exit point) aan wat beteken dat studente na die voltooiing van 'n spesifieke boublok 'n kwalifikasie kan verwerf, tydelik of permanent onttrek en selfs die keuse het om op 'n later stadium weer te registreer en dan voort te gaan by die punt waar hulle onttrek het.

Duur van Studie

 

Vlak B is studieprogramme wat deur afstandsonderrig en nie deur middel van korrespondensiestudies aangebied word nie. Vir die verskil tussen hierdie twee tipes van studie, sien meer inligting hieroor in die Studente en Algemene afdelings van hierdie Prospektus.

 

Afstandsonderrig deur middel van mentorskap beteken dat 'n student onder begeleiding van 'n studiementor die studieprogram voltooi. Studente kry toegang tot die Studiesentrum waar daar weekliks 'n lesing in klank publiseer word wat afgelaai word en deurgeluister word deur die student. Daarmee saam ontvang studente 'n werkboek waarin aantekeninge gemaak kan word en wat die hoofmomente van elke lesing bevat. Addisioneel tot u handboek word u begelei deur die studieprogram stap vir stap. Die hoeveelheid werk wat publiseer word per lesing is ongeveer een uur studie per lesing, Ons verwag van studente om ongeveer drie ure per week aandag te gee aan hierdie studieprogram, en een addisionele uur vir afronding. Indien u hierdie program volg, sal u gemaklik die studiemateriaal en program kan baasraak en voltooi. Die lesings en werkboek is egter so uitgewerk dat studente wat agter raak, baie maklik kan opvang deur slegs 'n bietjie harder te werk in opeenvolgende weke. Studente hoef nie aanlyn te luister na lesings nie, maar kan die lesings aflaai en in die gerief van hul eie huis daarna luister en notas maak. U word begelei op 'n akademiese vlak, maar ook op 'n geloofsvlak deur u studiementor. U werk u eie studierooster uit per week, per maand, per jaar. Op hierdie wyse kan u binne een jaar gemaklik die studieprogram voltooi. Daar is egter 'n maksimum tydsbeperking vir die voltooiing van die studieprogram. Ons gebruik egter kriteria wat studente in staat stel om gemaklik deur die studiemateriaal te beweeg en aan die vereistes te voldoen met in agneming van die unieke omstandighede van deeltydse studente soos genoem hierbo. Die maksimum termyn vir die voltooiing van elke fase van 'n Vlak B studieprogram is 3 jaar (ongeveer 2 ure studie per week). Indien u dus al drie die boublokke wil voltooi, sal u 'n maksimum van nege jaar kry om dit te doen.

 

Ons verwag egter van studente om erns te maak met hul studies en die program waarvoor hul registreer te voltooi.  Dus verskaf ons sekere riglyne aan studente wat hul in ag moet neem voordat hulle besluit om te registreer. Hierdie riglyne gee aan u die basis sodat u self die tydperk kan bepaal vir die voltooiing van die spesifieke kwalifikasie.  Deur hierdie riglyne te benut, kan studente ook bepaal hoeveel tyd hul aan hul studies per dag, week of maand behoort te spandeer.

 

Die riglyne is die volgende:

  • Vir alle Vlak B Studieprogramme beveel ons aan dat studente die studieprogram versprei oor 'n tydperk van een kalenderjaar.  Die volume van materiaal asook vereistes wat gestel word is van so aard dat dit 'n deeltydse student met gemak 'n kalenderjaar sal neem om te voltooi.

  • Indien 'n studunt die kwalifikasie wil voltooi binne een kalenderjaar, beveel ons aan dat u tussen 3-6 ure per kredietpunt sal benut. U behoort dus gemaklik die studieprogram binne 'n tydperk van 24 tot 42 weke te voltooi.

  • Hierdie riglyn is van toepassing op deeltydse studente.

  • Deeltydse studente behoort dus 'n gemiddeld van tussen 6 en 12 ure per week tot hul beskikking te hê.

  • Indien studente hierdie formule as riglyn gebruik kan hul enige tyd na ontvangs van die studiemateriaal met inagneming van die moeilikheidsgraad bepaal of hul dit vinniger kan voltooi.

Krediete

 

Na voltooiing van elke fase van hierdie studieprogram ontvang studente 80 krediete wat ten gunste van krediete in enige ander studierigting van toepassing gebruik kan word.

 

TERUG NA BO


TOELATINGSVEREISTES VIR VLAK B STUDIEPROGRAMME  

Die minimum toelatingsvereistes vir registrasie in hierdie kursusse en/of vakeenhede is die volgende: 


Vir die Sertifikaat in Christelike Berading
  • Graad 12, alternatiewelik Graad 10 en ouer as 22 jarige ouderdom

  • 'n Liefde vir God en Sy Woord

  • 'n Onderneming om erns te maak met u studies

  • 'n Verbintenis om die kursus/vakeenheid te voltooi waarvoor u registreer

  • Die besit van 'n Bybel

Vir die Diploma in Christelike Berading - Fase I

  • Die Sertifikaat in Christelike Berading

  • 'n Liefde vir God en Sy Woord

  • 'n Onderneming om erns te maak met u studies

  • 'n Verbintenis om die kursus/vakeenheid te voltooi waarvoor u registreer

  • Die besit van 'n Bybel

Vir die Diploma in Christelike Berading - Fase II

  • Die Diploma in Christelike Berading - Fase I

  • 'n Liefde vir God en Sy Woord

  • 'n Onderneming om erns te maak met u studies

  • 'n Verbintenis om die kursus/vakeenheid te voltooi waarvoor u registreer

  • Die besit van 'n Bybel

Die onderrigmedium is Afrikaans, maar werkopdragte en eksamens kan in die taal van u keuse voltooi word. Daar is egter sekere vakeenhede wat Engelse studiemateriaal het. Ons is egter tans in proses om studiemateriaal in Afrikaans te vertaal en beskikbaar te stel. Enkele klankbane en dokumente is alreeds in Afrikaans beskikbaar vir kursusse waarvan die studiemateriaal slegs Engels is, maar die meeste lesings wat aan studente gebied word, is in Engels..

TERUG NA BO


ERKENNING VIR VORIGE STUDIES / KWALIFIKASIES  

Met betrekking tot Vlak B Studieprogramme word geen erkenning gegee indien u reeds vorige kwalifikasies in 'n spesifieke studierigting behaal het nie.  Die rede daarvoor is dat hierdie kursusse lae-koste kursusse is wat ten doel het om teologiese/persoonlike ontwikkeling/geestelike groei/Bybelkundige studies vir so veel as moontlik mense toeganklik te maak. 

TERUG NA BO


KOSTE VAN VLAK B STUDIEPROGRAMME  

In die geval van registrasie vir Vlak B studieprogramme, word geen aansoekfooie gehef nie, maar daar is 'n minimale registrasiefooi van R100.00 van toepassing.  Die koste van hierdie studieprogramme is egter minimaal en dek enkele uitgawes wat aangegaan word m.b.t die bestuur van die studieprogram.  Die bedrae wat wel gehef word, is absoluut minimaal vir ‘n studieprogram van hierdie omvang en word moontlik gemaak deur borgskappe en gratis dienste van vrywilligers wat betref die voorbereiding van studiemateriaal en die bestuur van die studieprogram.  ‘n Soortgelyke studieprogram kan by ander instansies selfs soveel as R 13 500.00 per jaar kos.

 

Die koste van alle Vlak B studieprogramme is as volg: 

  • Aansoekfooie:  Gratis
  • Registrasie:  R100.00 - ingesluit by die totale koste van die Studieprogram.
  • As geheel vir Sertifikaatdoeleindes:   
    Aflaai van Internet: R 2 290.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van elke boublok of fase van die studieprogram
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 250.00
    per CD van ses modules (ongeveer 23 vakeenhede).  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing:  + R 150.00 (ingesluit by die totale koste)
    Totale Koste: Sonder CD R 2 090.00 of alternatiewelik met CD R 2 340.00 - uitgesluit versendingskoste.
    (Voorgeskrewe boeke ter waarde van ongeveer R250.00 moet addisioneel deur die voornemende student begroot word.)
    'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien 'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie.  (Besonderhede word hieronder gegee).
    Studente wat die studiemateriaal per CD bestel, ontvang saam met die studiemateriaal 'n CD met 38 gratis sagteware programme wat gebruik kan word vir studiedoeleindes. Sagteware sluit bv in 2 volledige Engels verklarende woordeboeke, drie "mindmap" programme, 'n elektroniese dagboek en vele meer.
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:        
    Aflaai van Internet: R 2 090.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die kursus.
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 250.00
    per CD van ses modules.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Totale Koste: Sonder CD R 2 090.00 of alternatiewelik met CD R 2 340.00
  • Per alleenstaande vakeenheid:   
    Hierdie opsie is nie beskikbaar vir hierdie studieprogramme nie.

  • Uitreik van brief van voltooiing  
    Gratis
  • Versending van CD:  R 75.00 per versending. Voornemende studente moet daarop let dat hierdie opsie eers beskikbaar is vanaf April 2012. Alle studiemateriaal word tans in die Studiesentrum beskikbaar gestel, maar die CD's sal beskikbaar wees teen April 2012.

Opmerkings m.b.t Koste van Vlak B Studieprogram


Die volgende kostes het betrekking, addisioneel of opsioneel, afhangende van die spesifieke omstandighede van die student.

  • Finansiële Toegewings aan Studente.  Waar studente nie die volle bedrag vir die Studieprogram kan betaal teen registrasie nie, word ‘n voorwaardelike toegewing as volg gemaak:

  • Studente mag registreer vir die volle Studieprogam (per Fase of Boublok), alternatiewelik die selfstudieprogram vir Bybelstudiedoeleindes en kan die totale studiekoste per Module betaal. Hierdie toegewing is onderworpe aan die volgende voorwaardes:

    • Studente moet registreer vir die modules in die volgorde waarin dit aangebied word. Sien die inligting wat gegee word oor die kursusinhoud in hierdie Prospektus.

    • Studiemateriaal word slegs versend en/of beskikbaar gestel in die Studiesentrum aan studente wat vir die modules ten volle betaal het.

    • ‘n Afsonderlike ooreenkoms moet skriftelik aangegaan word tussen die Instituut en die student alvorens so ‘n toegewing gemaak kan word.

    • Studente betaal slegs vir die eerste registrasie die registrasiefooi van R100.00.
    • Die koste van hierdie opsie is egter heelwat duurder in die opsig dat studente elke versending se posgeld self moet betaal wat R75.00 per versending beloop, en die koste van 'n krediet verhoog van R27.50 per krediet na R39.00 per krediet, uitgesluit registrasie. Die rede daarvoor is dat hierdie opsie aansienlike administrasiekoste meebring.
    • Studente is steeds onderhewig aan die regulasies m.b.t die kansellasie en/of staking van studies.  In die geval waar studente nog nie die studiekostes ten volle betaal het nie, sal die kostes van die kansellasie en staking van studies soos gemeld hieronder, steeds verskuldig en betaalbaar wees deur die student.
    • Die oorweging van die aansoek om uitstel vir betaling en die goedkeuring daarvan berus by die Dekaan en sy besluit sal as finaal aanvaar word.
  • Herregistrasie in die geval van druip van vakeenhede.  ‘n Persentasiepunt en simbool ooreenkomstig die evaluasiekriteria vir hierdie kursusse word toegeken vir elke werkopdrag.  Minder as 60% vir die werkopdragte impliseer dat ‘n student die vakeenheid druip en dit moet herhaal.  Herregistrasie vir hierdie kursus is dan van toepassing en beteken dat ‘n student by enige tweede of verdere registrasie ‘n herregistrasiefooi van R100.00 per vakeenheid moet betaal.  Studente hoef egter nie weer die kursusgeld in hierdie geval te betaal nie.

  • Hernasien van Werkopdragte.  Waar studente ‘n versoek vir hernasien van werkopdragte en/of eksament aan die Instituut rig, is ‘n fooi van R100.00 betaalbaar voordat die werkopdrag of eksamenantwoordstel hernagesien kan word.  Die goedkeuring van enige versoek om hernasien berus by die Dekaan.

  • Kansellasie van Studies.  Aansoek om kansellasie van vakeenhede, omruiling van vakeenhede en/of kansellasie van ‘n studieprogram mag gedoen word binne twee weke na registrasie, op die voorwaarde dat geen studiemateriaal reeds versend is, en/of geen gebruikerskode en sleutelwoord verskaf is vir aflaai van die Internet nie. In gevalle waar ‘n versoek om kansellasie ontvang word binne twee weke na registrasie, na die studiemateriaal reeds versend is of nadat ‘n gebruikerskode en sleutelwoord reeds toegestaan en versend is, sal geen kansellasie van registrasie of studies oorweeg word nie. Indien 'n versoek om omruiling van kursusse goedgekeur word waar die aansoek deur die student binne twee weke na registrasie gedoen is en geen studiemateriaal of toegang tot die Studiesentrum is reeds voorsien nie, sal ‘n kursuswysingingsfooi van 25% van die bestaande studiekoste gehef word en daar sal van die student verwag word om die volle koste te betaal van die nuwe vakeenhede/kursusse/ studieprogramme wat hy/sy nou byvoeg of omruil, asook die registrasiefooi van toepassing op die nuwe studieprogram. Indien 'n versoek om kansellasie van studies goedgekeur word waar die aansoek deur die student binne twee weke na registrasie gedoen is en geen studiemateriaal of toegang tot die Studiesentrum is reeds voorsien nie, sal ‘n kansellasiefooi van 25% van die studiekoste gehef betaalbaar wees. By ontvangs van 'n versoek om kansellasie van 'n student na die verstryking van twee weke na registrasie en nadat die studiemateriaal reeds beskikbaar gestel is aan die student deur die verskaffing van 'n aantekenkode en sleutelwoord, sal geen versoek om kansellasie oorweeg word nie en dit sal beskou word as 'n staking van studies. Die oorweging van die aansoek om kansellasie/omruiling van kursusse en die goedkeuring daarvan berus by die Dekaan en sy besluit sal as finaal aanvaar word.

  • Staking van Studies.  Staking van vakeenhede en/of ‘n studieprogram in geheel word nie aanvaar sonder koste nie. Staking van Studies word definieer as die kansellasie of staking van studies sonder skriftelike kennisgewing aan die Instituut, of waar die aansoek om kansellasie afgekeur is deur die Dekaan en student verkies steeds om sy/haar studieprogram te staak. In hierdie geval is geen stakingsfooi betaalbaar nie, maar studente ontvang geen korting by herregistrasie nie. Studente sal egter steeds verantwoordelik wees vir uitstaande studierekeninge in die geval van staking van studies en geen terugbetalings word gemaak by staking van studies nie. Die staking van studies is ‘n ernstige aangeleentheid vir die Instituut en besluite m.b.t die staking van studies berus by die Dekaan en sal van geval tot geval en met inagneming van die omstandighede op meriete geneem word. Die besluit van die Dekaan sal as finaal aanvaar word.

  • Hereksamens.  In die geval van Vlak A Studieprogramme behou die Instituut die reg voor om aan 'n studente 'n hereksamen toe te staan. Hierdie besluit sal geneem word met inagneming van die spesifieke student se deelname en vordering met die kursusmateriaal, die evaluasie van werkopdragte, asook met inagneming van spesifieke omstandighede van die student. 'n Hereksamenfooi van R125.00 sal betaalbaar wees en die besluit m.b.t hereksamen berus by die Dekaan. Die besluit van die Dekaan sal as finaal aanvaar word.

Alle Vlak B Studieprogramme is lae-koste studieprogramme wat ten doel het om teologiese en geestelike opvoeding aan soveel mense as moontlik beskikbaar te stel.  Die manier waarop die kostestruktuur opgestel is, maak dit moontlik vir studente om erns te maak mt hulle studies en feitlik gratis onderrig te ontvang.  Op hierdie manier voldoen ons aan bekosbaarheidsvereistes en studente word aangemoedig om erns te maak met hul studies en ‘n sertifikaat te verwerf, alternatiewelik hulself geestelik te verryk – wat andersins nie moontlik sal wees nie.

TERUG NA BO


KRITERIA VIR SUKSESVOLLE VOLTOOIING VAN STUDIEPROGRAM

Die werkopdragte wat ingehandig word deur studente sal 40% van die totale kursuspunt behels.  Die gewig van die finale assesering in die vorm van 'n oopboek-eksamen in die konteks van u fanale punt is 50%. Die ander 10% van u punt word opgemaak deur u aktiewe deelname in die Studiesentrum bv. antwoord van besprekingsvrae, deelname aan besprekingsforums, aantal besoeke en aktiewe insette wat gelewer word, ens. 'n Finale slaagsyfer vir alle vakeenhede op hierdie vlak van Studie is 60%. Die kriteria wat toegepas word vir die slaag van vakeenhede is as volg:

 

Slaag 60% - 100%
Druip met begeleiding Onder 60%
Kansellasie van Studieprogram Slegs binne twee weke na registrasie en indien geen studiemateriaal of aantekenkode vir die Studiesentrum reeds voorsien is nie of soos goekgekeur deur Dekaan
Staking van Studieprogram Onvoltooid, met koste

 



TERUG NA BO

Indien u enige vrae het waarvoor u nie die antwoord gekry het nie, 
kontak ons hier met u navraag.

TERUG NA DIE HOOFBLAD VAN PROSPEKTUS