|
Die
studieprogramme wat ons aanbied word identifiseer in ooreenstemming met
‘n spesifieke karegorie wat as volg vasgestel en definieer word:
Na registrasie ontvang voornemende studente 'n Epos boodskap wat van elke student verwag om die registrasie te bevestig. Daarna volg 'n tweede E-Pos boodskap waar 'n studentenommer uitgereik word aan studente en registrasie bevestig word. 'n Elektroniese faktuur word hierna uitgestuur en teen betaling en na bevestiging deur die bank word die studiemateriaal onmiddellik verwerk en uitgestuur, hetsy per spoedpos of per Internet. In die geval waar studente aansoek doen vir krediete, word daar 'n E-Pos na evaluasie versend aan die betrokke student wat hom/haar in kennis stel van voorlopige krediete wat toegestaan is. Die bevestiging sal vergesel word van 'n faktuur. Na betaling en bevestiging deur die bank, word u voorsien van 'n studentenommer en die materiaal word verwerk en versend. Alle versendings word gedoen binne sewe dae nadat die bevestiging van die betaling gedoen is, maar in die meeste gevalle binne 72 uur na bevestiging van betaling. Alle studente ontvang na versending van die studiemateriaal 'n E-Pos boodskap wat hul begelei om te registreer in die studiesentrum. Nadat studente registreer het in die studiesentrum, sal die aaantekenkode en sleutelwoord wat verskaf is in hierdie begeleidingsbrief alle studente toegang gee tot die spesifieke studieprogram van keuse. Alle verdere studiemateriaal, instruksies en dokumentasie van belang sal hier aan studente deurgegee word.
TERUG NA BO
Alle ingeskrewe studente ontvang toegang tot die studiesentrum, ongeag die wyse waarop die studiemateriaal bestel is. In die geval van studieprogramme wat deur korrespondensie aangebied word, word van tyd tot tyd studiebriewe publiseer wat studente moet deurlees en wat behulpsaam is met die hantering van die studiemateriaal. In die geval van afstandsonderrig deur mentorskap word 'n studieprogram publiseer in die vorm van vakeenhede wat deur die dosent behandel word. Elke vakeenheid wat deel vorm van 'n studieprogram het 'n aantal onderafdelings. Sulke onderafdelings sluit bv. in studiebriewe wat van tyd tot tyd deurgegee word, aanlyn lesings wat 'n klankdokument bevat wat afgelaai moet word, studiegidse, werkopdragte, werkboeke, ens. Alle studente verkry ook in die studiesentrum toegang tot 'n fasiliteit waar hul die werkopdragte wat reeds voltooi is kan oplaai sodat die korrespondense tussen dosent en student meer funksioneel en vinniger kan geskied. Die studiesentrum bied ook toegang tot die eksamensentrum waar studente aanlyn die spesifieke eksamen vir 'n vakeenheid in die gerief van hul eie huis kan voltooi en indien. Dit bevat ook verder kennisgewingborde vir elke vakeenheid asook 'n besprekingsforum wat beskikbaar is aan alle studente wat sekere aangeleenthede hanteer en bespreek m.b.t vakeenhede van toepassing.
In die meeste gevalle sluit die koste van die studieprogram waarvoor elke student registeer alle verpligte studiemateriaal in. Slegs in die geval van Vlak B studies word daar van studente verwag om gewoonlik net een, maar by uitsondering meer as een voorgeskrewe handboek aan te koop. Hierdie handboeke word egter so gekies deur die Instituut dat die inhoud daarvan gebruik kan word en relevant is vir studieprogram in sy geheel (dus waar studente voortgaan met Diplomastudies of Graadstudies kan hul steeds hierdie handboeke gebruik). Die handboeke sal ook altyd gebruik kan word in enige beroepsrigting en bedieningsgebied wat deur studente gekies word. Die koste van die handboeke asook die beskikbaarheid daarvan word ook in ag geneem by die keuse daarvan. Ons wil egter noem dat handboeke slegs in enkele studieprogramme 'n vereiste is. Studente moet die inligting wat in hierdie prospektus gegee word rakende die studieprogramme bestudeer ten opsigte van die vereistes van die spesifieke studieprogram. In ons boekwinkel word daar egter vir elke studieprogram sekere aanbevole werke genoem wat aangekoop kan word. Die aankoop daarvan is nie verpligtend nie, maar ons verwag van studente om by die voltooiing van werkopdragte wyer te lees as slegs die voorgeskrewe materiaal wat gratis verskaf word. Die benutting van hierdie werke is egter nie verpligtend nie en die studieprogram kan gemaklik suksesvol voltooi word sonder die gebruik van hierdie bronne. Dit bly egter die student se keuse of hy/sy hierdie bronne wil bekom. Ons beveel dit egter aan, maar soos reeds genoem is dit nie verpligtend nie. Daar word ook vir elke vakeenheid gratis boeke en artikels beskikbaar gestel in ons E-Biblioteek. Hierdie studiemateriaal kan gratis afgelaai word deur studente en kan ook gebruik word as addisionele bronne by die voltooiing van werkopdragte.
Studente ontvang na voltooiing van die registrasieproses toegang tot die studiesentrum met 'n aantekenkode en sleutelwoord wat per E-Pos verskaf word. In die studiesentrum ontvang die student 'n volledige studiebrief met instruksies oor hoe om die materiaal te bekom en watter materiaal van toepassing is op die spesifieke studieprogram. Die studiemateriaal is beskermende inligting wat oopgesluit word met 'n afsonderlike sleutelwoord en aantekenkode. Hierdie kodes word aan alle studente beskikbaar gestel in die studiesentrum. 'n Aanlyn kennisgewingbord is ook vir elke studieprogram beskikbaar in die studiesentrum indien studente enige vrae het en ons administratiewe sentrum is bereikbaar per E-Pos of telefonies om studente by te staan. Telefoniese bystand word egter net in uitsonderlike gevalle hanteer en is slegs beskikbaar vanaf 1 Februarie 2012 na die opening van die akademiese jaar.
TERUG
NA BO Verskillende studieprogramme vereis verskillende evaluasiemetodes en eksamineringsvereistes. Alle eksamens kan egter aanlyn voltooi word in die eksamensentrum wat in die studiesentrum aktiveer kan word. Dus beweeg die student na 'n aanlyn eksamensentrum op die Internet waar die eksamenvraestel gepubliseer is en aktiveer kan word met 'n gebruikerskode en sleutelwoord wat aan die student beskikbaar gestel is, of in die geval van 'n oopboek eksamen aan die student gestuur word. Die vraestel word dan aanlyn voltooi en ingestuur deur die druk van 'n knoppie. Inligting met betrekking tot die vereistes en prosedure van elke eksamen word in die studiesentrum publiseer vir studente sodat hulle maklik en met 'n geruste hart deur die studiemateriaal kan werk sonder dat die eksamen enige bedreiging vir hulle behoort in te hou.
TERUG NA BO
Soos in die geval van die eksamenprosedures en -vereistes, vereis verskillende studieprogramme verskillende evaluasiemetodes en vereistes m.b.t werkopdragte. Alle werkopdragte word verskaf in die studiesentrum per studieprogram en per vakeenheid. Die werkopdrag word voltooi op die student se rekenaar en word dan bloot ingestuur deur te "copy & paste" en die druk van 'n knoppie.
TERUG
NA BO
Daar is verskeie goeie sagtewareprogramme in die handel beskikbaar wat studente kan gebruik. Studente kan navraag doen by enige goeie Christelike Boekwinkel wat gewoonlik sulke programmatuur op die rak beskikbaar het. Alle ingeskrewe studente ontvang egter gratis Bybelstudiesagteware wat ons aanbeveel om gebruik te word in u studieprogram. Hierdie sagteware kan gratis afgelaai word in ons elektroniese biblioteek deur alle ingeskrewe studente. Daar is ook 'n volledige handleiding beskikbaar wat studente begelei oor die wyse waarop hierdie sagteware so effektief moontlik benut kan word.
Studente wat die studiemateriaal per kompakskyf bestel, ontvang ook 38 gratis sagteware programme wat vir studiedoeleindes gebruik kan word. Geen student hoef enige sagteware aan te koop nie en hierdie 38 programme is meer as voldoende om enige studietaak met sukses af te handel.
TERUG NA BO
Studies deur korrespondensie is van toepassing op studieprogramme waarvan die studiemateriaal deur die student bekom word en die studiemateriaal word op sy eie tyd deurgewerk. Daar is in hierdie geval geen voorgeskrewe tye vir die indiening van werkopdragte en die voltooiing van enige eksamen nie, maar daar is gewoonlik 'n tydsbeperking gestel vir die suksesvolle voltooiing van die studieprogram, bv. in die geval van die Sertifikaat in In-Diepte Bybelstudie sal dit drie jaar wees. Die student besluit gewoonlik in hierdie geval self wanneer hy gereed is vir die voltooiing van 'n werkopdrag of eksamen. Dit kan enige tyd deur die akademiese jaar geskied. Geen afstandsmentor of studiementor word aangewys vir die student in hierdie geval nie, maar daar is te alle tye 'n lid van ons akademiese personeel beskikbaar vir die hantering van vrae en/of probleme. Hierdie studente het ook toegang tot die studiesentrum waar hulle gebruik kan maak van die aanlyn kennisgewingbord om inligting te verkry of vrae te stel.
Studies deur afstandsonderrig volg die pad van 'n begeleide studieprogram. Die studiemateriaal is in eenhede opgedeel en die student word oor 'n tydperk begelei om geleidelik deur die materiaal te werk. Waar studente egter agter raak, kan hulle egter inhaal sonder om penaliseer te word of noodwendig hulself uit die program te diskwalifiseer. Die meeste word ook op klankdokumente beskikbaar gestel en studente kan dit aflaai en in die gerief van hulle eie huise deurwerk. Vir hierdie studente word 'n afstandsmentor met die student se inset plaaslik aangestel of alternatiewelik 'n studiementor deur ons wat saam met 'n dosent verantwoordelik is vir die begeleiding van studente. 'n Afstandsmentor is 'n persoon wat oor die kwalifikasies beskik en in die geografiese gebied van die student woonagtig is en op 'n persoonlike vlak bystand kan verleen. 'n Studiementor is 'n persoon wat oor die kwalifikasies beskik maar nie in die student se onmiddellike omgewing woon nie en wat verantwoordelik is vir die begeleiding van die student.
TERUG NA BO
Bet-El Bybel Instituut maak gebruik van vrywilligers op 'n nasionale sowel as internasionale basis. Van tyd tot tyd word poste adverteer vir dosente, studiementors, vertalers, programmatuurontwikkelaars, administratiewe personeel en vele ander poste. Ons moedig ons studente ook aan om as deel van hulle bediening betrokke te raak by Bet-El Bybel Instituut. Deel van ons droom is dan ook om studente wat 'n spesifieke kursus voltooi, aan te stel as studiementor vir 'n aantal studente wat ingeskryf is vir 'n kursus wat reeds deur die spesifieke student voltooi is. Volledige opleiding en begeleiding word beskikbaar gestel aan diegene wat betrokke raak op hierdie vlak. Op die hoofblad van Bet-El Bybel Instituut is daar 'n skakel aangebring wat lees "Werwing". Alle poste en inligting word hier adverteer soos en wanneer beskikbaar gestel word. ons moedig u aan om hierdie sleutel gereeld te aktiveer en aan ons 'n E-Pos te stuur deur middel van ons Kontakvorm indien u navrae het daaroor.
In die geval van studieprogramme deur afstandsonderrig word studente begelei deur die publisering van lesings op gegewe tye in die studiesentrum. Die studieprogram is versprei oor 'n tydperk wat gemaklik deur studente hanteer sal kan word sonder druk. Intervalle is ook ingebou in die studieprogramme vir studente wat as gevolg van omstandighede agter raak en graag weer op datum wil kom. Kennisgewings m.b.t die vereistes en datums vir werkopdragte en eksamens word vroegtydig beskikbaar gestel (in die meeste gevalle al aan die begin van die akademiese jaar).
In albei bogenoemde gevalle word daar egter 'n tydsbeperking gestel vir die voltooiing van die studieprogram. Ons gebruik egter kriteria wat studente in staat stel om gemaklik deur die studiemateriaal te beweeg en aan die vereistes te voldoen met in agneming van die unieke omstandighede van deeltydse studente soos genoem in Paragraaf 1 hierbo. Om u 'n voorbeeld te gee - Die Sertifikaat in In-Diepte Bybelstudie is 'n tipiese een jaar kwalifikasie wat studente wat teen 'n tempo van drie ure per week werk binne 6 maande behoort te kan voltooi. Ons gee riglyne aan studente deur die kwalifikasie in een kalenderjaar te voltooi, maar ons laat 'n maksimumtermyn van drie jaar toe vir die voltooiing van die kwalifikasie. Indien studente nie aan hierdie riglyn kan voldoen nie, word 'n skrywe aan ons gerig en ons gee uitstel sonder benadeling van die student, met inagneming van die student se unieke omstandighede. Indien die student egter om een of ander rede die program nie voltooi nie, mag hy/sy selfs jare daarna weer aangaan deur slegs die registrasie te heraktiveer. Die student se heraktivering word evalueer en indien spesiale vereistes nie van toepassing is nie, kan studente voortgaan sonder om enigsins weer die totale studiegelde te betaal. Herregistrasiefooi mag moontlik gehef word.
Ons verwag egter van studente om erns te maak met hul studies en die program waarvoor hul registreer te voltooi. Dus verskaf ons sekere riglyne aan studente wat hul in ag moet neem wanneer hul die studierooster uitwerk. Hierdie riglyne gee aan u die basis sodat u self die tydperk kan bepaal vir die voltooiing van die spesifieke kwalifikasie. Deur hierdie riglyne te benut, kan studente ook bepaal hoeveel tyd hul aan hul studies per dag, week of maand behoort te spandeer.
Die riglyne is die volgende:
TERUG NA BO Met inganeming van bogenoemde inligting, die volgende riglyn:
Alle Vlak A Studieprogramme - 'n maksimum van drie jaar. Alle Vlak B & C Diplomaprogramme - 'n maksimum van 9 jaar Alle B, C en D Studieprogramme - 'n maksimum van 3 jaar per fase. Met inagneming van elke studente se omstandighede, kan hierdie vereistes gewysig word. Skriftelike versoeke vir die wysiging van die vereistes moet gerig word aan die Dekaan wat goedkeuring sal verneem na inagneming van die meriete van die aansoek.
TERUG NA BO
|
|||||||||||||||||||||
|
TERUG NA DIE HOOFBLAD VAN PROSPEKTUS
|