Indien u enige vrae het waarvoor u nie die antwoord kry nie, 
kontak ons hier met u navraag.



Aktiveer
die onderstaande sleutel vir meer inligting

1.  Wat is die koste van die Studieprogramme?

2.  Hoe betaal ek vir my Studieprogram?

3.  Word daar beurse toegeken deur Bet-El Bybel Instituut?

4.  Indien ek nie my volle rekening met registrasie kan vereffen nie, kan ek alternatiewe reëlings tref?

5.  Kan ek 'n donasie aan Bet_El Bybel Instituut maak?

TERUG NA DIE HOOFBLAD VAN PROSPEKTUS


WAT IS DIE KOSTE VAN DIE STUDIEPROGRAMME

Elke studieprogram se koste verskil van die ander. Studiekoste word bereken op grond van 'n aantal faktore bv. vlak van studie, aantal krediete betrokke, akkreditasie, voorgeskrewe materiaal voorsien, praktiese komponent, onderrigmetodes, en nog vele meer. Die inligting m.b.t die koste van elke individuele studieprogram is egter vir u aangebring in die afdeling van hierdie prospektus wat die spesifieke studieprogram bevat bv. Afdelings 5-15. Beweeg net terug na die hoofblad van die prospektus met die sleutel hierbo en aktiveer die spesifieke studieprogram wat vir u die koste daaraan verbonde sal verskaf.


TERUG NA BO



HOE BETAAL EK VIR MY STUDIEPROGRAM

Ten te voldoen aan die doelwit van bekostigbaarheid en die studiekoste van ons programme so laag as moontlik te hou, is daar besluit om die betaalopsies aan studente te vereenvoudig. Omdat heelwat betaalwyses bv. Paypal en kredietkaarte addisionele kostes meebring, maak ons nie gebruik hiervan nie. Dit is moontlik minder gerieflik vir sommiges, maar in ag genome die feit dat alle voornemende studente sal verkies om kostes te besnoei sodat ander in staat sal wees om ook te studeer, is dit 'n klein opoffering om te maak. In die geval van lopende rekenings, kan ons ook nie tjeks aanvaar nie omrede die invordering daarvan 'n risiko vir ons is en dus ook koste beïnvloed. Ons verkies dus dat alle voornemende studente in die vorm van 'n direkte deposito of internet oorplasing sal betaal. Na registrasie word 'n faktuur aan elke student uitgereik wat die volledige bankbesonderhede sal bevat.

 

TERUG NA BO



WORD DAAR BEURSE TOEGEKEN DEUR BET-EL BYBEL INSTITUUT

Gegewe die tye waarin ons leef en die sosiale omstandighede van die bevolkingsamestelling in Suid-Afrika, is ons deeglik bewus daarvan dat sommige mense graag wil studeer, maar dit dood eenvoudig nie kan bekostig nie. Met dit in ag genome het Bet-El Bybel Instiuut die koste van ons Studiepakette so laag as moontlik gehou en beweeg ons jaar na jaar vorentoe sonder om drastiese verhogings aan te kondig. Ons studiekoste vir al ons studiepakette het byvoorbeeld dieselfde gebly vanaf 2007 tot 2011 en dit was eers nodig om in 2012 'n aanpassing te maak. Hierdie aanpassing was egter minimaal in vergeleke met ander instansies van dieselfde formaat. Dit word moontlik gemaak deur 'n vereenvoudigde stelsel wat ons gebruik, vrywilligers wat hul tyd en energie beskikbaar stel om sonder vergoeding te help om hierdie visie te vestig en enkele donasies wat ontvang word.

'n Gedeelte van ons fondse word aangewend vir die toekenning van beurse aan studente wat dit nie kan bekostig om te studeer nie. U kan aansoek doen deur 'n brief aan die Dekaan te stuur by Die Dekaan, Bet-El Bybel Instiuut, Posbus 6618, Meyersdal, 1447 of alternatiewelik kan u 'n E-Pos met volledige motivering stuur aan die Dekaan. U kan ons kontak op ons "Kontakvorm" van hierdie webtuiste en ons sal u van daar begelei. Indien ons eie fondse nie voldoende is nie, word u naam na goedkeuring op 'n waglys geplaas. Soos en wanneer fondse beskikbaar raak, word dit toegeken aan voornemende studente.

Daar is 'n keuringsproses van aansoeke en die kriteria wat gebruik word om hierdie fondse toe te ken, is baie streng. U moet werklik oor 'n passie vir die bediening beskik en daar word seker gemaak dat u werklik nie enige studies kan bekostig nie. Aansoeke word op meriete hanteer met kommunikasie aan die betrokke party wat aansoek gedoen het.

TERUG NA BO


INDIEN EK NIE MY VOLLE STUDIEREKENING BY REGISTRASIE KAN VEREFFEN NIE, KAN EK ALTERNATIEWE REËLINGS TREF?

In kort, is die antwoord "ja" op hierdie vraag. Koste verskil van studieprogram na studieprogram en dus verskil die tipe van reëling wat ons tref om studente te akkomodeer wat afbetaling betref ook van program tot program. Keuring van plaas soos voorgeskryf deur die Kredietwet.

 

Die inligting m.b.t die koste van elke individuele studieprogram, en dus ook die tipe reëling wat ons tref, is vir u aangebring in die afdeling van hierdie prospektus wat die spesifieke studieprogram bevat bv. Afdelings 5-15. Beweeg net terug na die hoofblad van die prospektus met die sleutel hierbo en aktiveer die spesifieke studieprogram wat vir u die koste daaraan verbonde sal verskaf.

TERUG NA BO

 

 

KAN EK 'N DONASIE AAN BET-EL BYBEL INSTITUUT MAAK?

Soos reeds verduidelik hierbo in die paragraaf met verwysing na die toekenning van beurse, is bekostigbaarheid een van ons ononderhandelbare doelwitte. Heelwat kost is verbonde aan die administrasie van die verskillende studieprogramme, vertaling van materiaal, betaling van akkreditasiefooie, ens. Ons verwelkom dus enige donasie van studente, vriende of belangstellendes op wie se hart die Here hierdie behoefte geplaas het.

Baie dankie vir u bydrae vir die uitbreiding van Gods Koninkryk.

TERUG NA BO



Indien u enige vrae het waarvoor u nie die antwoord gekry het nie, 
kontak ons hier met u navraag.


TERUG NA DIE HOOFBLAD VAN PROSPEKTUS