WIE
IS BET-EL BYBEL INSTITUUT?
Bet-El Bybel Instituut is 'n Christelike Opvoedkundige Inrigting (dus nie gekoppel aan enige kerkverband nie) wat hoë kwaliteit, praktiese opleiding verskaf teen 'n minimale koste. Sertifikaat-, Diploma- en Voorgraadse kursusse, sowel as nagraadse studieprogramme word sowel korrespondensie asook onder mentorskap deur middel van afstandsonderrig sowel as by ons opleidingsfasiliteite aangebied.
Ons funksioneer op 'n interkerklike basis met verskeie denominasies, kerkverbande en individue wat by ons studeer of gebruik maak van ons studiemateriaal. Ons is bereid om hande te vat met alle gelowiges wat wedergebore is en onvoorwaardelik God se Woord aanvaar as Sy wil.
Ons
maak gebruik van die volgende studiemetodes:
Ten einde die leerervaring van studente so aangenaam, persoonlik en effektief as moontlik te maak, word studente ingedeel in leergroepe wat nie 10 studente in getal oorskry nie. Op daardie manier verseker ons dat studente effektief met mekaar kan kommunikeer indien daardie behoefte ontstaan en kommunikasie tussen dosente en studente vind meer gereeld plaas. Werskwinkels/Mentorskapsklasse
Formale
Studieprogram Studente
kan inskakel by 'n formele studieprogram by 'n Leersentrum wat registreer
is by Bet-El Bybel Instituut en wat weekliks bymekaarkom in 'n lokale
sentrum. Hierdie program word dan fasiliteer deur 'n Afstandsmentor
of -leier op plaaslike vlak. Selfstudie Alle vakeenhede en studieprogramme is so ontwerp dat studente dit op hul eie sal kan baasraak. Baie studente verkies eerder om self op hul gemak en in hul eie tyd te studeer. Met al die hulp en maniere van interaksie waarvoor ons voorsiening maak, kan studente gemaklik hul eie studieprogram volg. Afstandsmentors Sommige studieprogramme vereis dat studente 'n afstandsmentor moet kies en aanwys wat woonagtig is in die area waar hy/sy woonagtig is. Hierdie mentor skeduleer 'n kontaksessie ten minste een keer per maand waarna 'n verslag ingehandig word deur die hom/haar. Praktiese werk vind dan ook plaas onder mentorskap van hierdie persoon. In die geval waar afstandsmentors nie vereis word nie, word 'n studiementor aangewys deur die Instituut en hierdie studiementor sal op gereelde basis met die studente skakel deur middel van verskeie wyses van kommunikasie. Groepstudie Studente is ook welkom om as groep bymekaar te kom om lesings en studiemateriaal te bespreek. Feitlik alle eenhede word vergesel van 'n aantal vrae asook doelwitte vir die vakeenhede. Dus kan studente in 'n groep maklik begelei word deur net die aanwysings te volg wat deel is van die studiemateriaal. Web Seminare Vanaf
Februarie 2012 maak ons ook gebruik van Web Seminare om diegene te bereik
wat 'n behoefte het aan onderrig en lering, maar nie vir 'n formele studieprogram
wil registreer nie. Studente vind ook baat by hierdie tegnologie, aangesien
hulle ook die geleentheid kry om teen 'n minimale koste in te skakel op
die Web Seminaar. In die gerief van u eie huis kan u net registreer vir
'n spesifieke Web Seminaar, u ontvang 'n aantekenkode en webadres per
E-pos en op die geskeduleerde tyd open u die webwerf wat aan u gegee is
en u skakel in en kan selfs deelneem deur vrae te stel aan die aanbieder.
Die skerm wat ons gebruik in ons klankateljee word op eie eie skerm gesien
en u kan so die hele aanbieding elektronies ervaar. Deur affiliasie is Bet-El Bybel Instituut akkrediteer by die WWAC (World-Wide Accreditation Commission of Christian Educational Institutions). WWAC is ‘n nie staats-organisasie wat registreer is in die Verenigde State van Amerika wat ten doel het om die opleidingsprogramme van private Christelike opleidingsinstansies, ook diegene wat Christelike studieprogramme via die Internet beskikbaar stel, te koordineer deur middel van evaluasie en goedkeuring van studieprogramme ten einde die integriteit van sodanige opleidingsprogramme en –instansies te onderskryf. Ons akkreditasie strek egter veel verder in die opsig dat ons vir vier van ons agt sertifikaatprogramme, al vier diplomaprogramme en beide die graadprogramme in 2010 addreditasie ontvang het van CQA (Christian Qualtity Assurance). CQA is 'n internasionale, nie-winsgewende organisasie wat ten doel het om internasionale akkreditasie te verskaf aan Christelike opvoedkundige instansies wat voldoen aan die vereistes wat gestel word vir internasionale akkreditasie. Akkreditasie word toegeken slegs aan hierdie opvoedkundige instansies indien hul bewys gelewer het dat hulle voldoen aan die streng vereistes en standaarde van akkreditasie. Hierdie kriteria wat gebruik word om 'n Christelike opvoedkundige instansie te akkrediteer is die volgende twaalf standaarde: 1..Die visie, missie en doelstellings van die opvoedkundige inrigting. 2..Beplanning en prosedures in gebruik 3. Organisatoriese en bestuurskwaliteite 4. Studieprogramme en opvoeding 5. Fakulteite 6. Studentedienste 7. Biblioteekfasiliteite, hetsy virtueel of fisies 8. Bronne, hetsy virtueel of fisies 9. Finansiele verantwoordelikheid 10.Deursigtigheid 11.Integriteit 12.Christelike waardes.
Bet-El Bybel Instituut is trots daarop dat ons nie net deur affiliasie akkreditasie ontvang het van CQA nie, maar ook dat die weg gebaan is vir die aanbied van honneurs, meesters en doktorale studies In samewerking met ons internasionale en nasionale vennote is hierdie doelwit wat ons vir onsself gestel het bereik.
Ons het ook 'n aantal affiliasie-ooreenkomste met ander Universiteite en Kolleges, afhangende van die spesifieke studieprogram waarvoor die student registreer. Beide ons Baccalareusgrade gee studente toegang tot verdere studies vanaf honneurs tot doktorale vlak by internasionale universiteite.
Ons
is verder trots daarop dat
ons vakeenhede in lyn gebring is met die vereistes van die NQF (National
Qualifications Forum) van Suid-Afrika. Indien u 'n oorsig wil kry oor
ons vakeenhede wat aan die vereistes van die NQF voldoen,
lees meer op hierdie webblad. WAT
IS ONS GELOOFSBEGINSELS?
Jesus Christus
Die Heilige Gees
Die Bybel
Die Mens
Die
volgende is beginsels wat die inhoud en aanbieding van ons studiemateriaal
beïnvloed:
Die gawes van die Gees
Die bediening van die gelowiges
Die eenheid van die Liggaam van Christus
WAT
IS ONS LEERMODEL?
1. Die student berei voor deur die studiemateriaal deur te lees en notas te maak. (Voorbereiding) 2. Die student luister na die lesing van die dosent en neem deel aan die besprekings. (Onderrig) 3. Die student volg die studieprogram in 'n studieproses. (Feite/Memorisering) 4. Die student versamel inligting ten einde die werkopdrag te voltooi. (Lees, Navorsing) 5. Die werkopdrag word evalueer en 'n eksamen word gedoen. (Praktiese vaardigheid, Evaluasie)
Die evaluasiemetode wat ons gebruik is geskoei op die memoriserings-, navorsings- en evaluasiefases van die leermodel. Die slaagsyfer vir alle kursusse is 60% en 'n onderskeiding word verdien deur 'n student wat in 'n spesifieke vakeenheid 80% of meer verdien. 'n Kwalifikasie word Cum Laude toegeken indien die student uitstaande werk lewer oor die duur van die studieprogram, 'n gemiddelde van 80% verdien in al die vakeenhede van toepassing, en in nie meer as een vakeenheid minder as 80% verdien nie.
1. 'n Afstandsmentor of Studiementor wat persoonlik aandag aan elke student kan gee. 2. 'n Dosent wat vryelik beskikbaar is deur die Studiesentrum. 3. Die dekaan wat telefonies gekontak kan word. 4. 'n Elektroniese biblioteek wat bystand vergemaklik. 5. 'n Studiesentrum wat dien as die spilpunt waarom enige studieprogram ontwikkel is. 6. Internet bystand deur middel van die webwerf en E-Pos fasiliteite.
TERUG
NA BO
Ons verwys u hier na die inligting wat alreeds gegee is in die afdeling aan studente in die Prospektus
ERKENNING VAN VORIGE STUDIES
Een van die vereistes waaraan Bet-El Bybel Instituut moes voldoen het alvorens akkreditasie van CQA ontvang kon word, was die erkenning van vorige studies van studente. Bet-El Bybel Instituut aanvaar die beginsel van erkenning vir vorige studies (RPL) en pas dit toe met inagneming van ons doelwitte en waardes. Vlak A en B Sertifikaatprogramme is lae koste programme wat studies toeganklik maak vir enige persoon wat wil inskryf en hom/haarself wil bekwaam in die bediening. Geen erkenning van vorige studies is hier van toepassing nie. In al die ander studieprogramme word die beginsel van erkenning van vorige studies toegepas. Hierdie beginsel word toegepas binne ons standaarde en doelwitte. Ons doelwit is om opleiding te verskaf aan diegene wat hulself wil verryk, bemagtig of bekwaam vir 'n bediening. Die woord "bediening" strek egter veel wyer as die woord "teologie". Heelwat studente wat registreer het hulself bekwaam in die teologie. In die bediening val die fokus egter op teologie sowel as op bedieningsvaardighede. Elke student wat registreer se unieke omstandighede word dus in ag geneem alvorense enige krediete toegestaan word. Somtyds gebeur dit dat alle teologiese vakke erken word, maar ons verwag van studente om 'n oorgangsprogram te voltooi om voorsiening te maak vir vaardighede. So onderskei ons byvoorbeeld tussen "onvolledige akademiese vorige studies" en "onvolledige praktiese vaardigheidstudies". Binne hierdie onderskeiding is dit natuurlik moontlik vir iemand wat geen teologiese agtergrond of studies voltooi het, wel erkenning kan kry en krediete kan ontvang vir praktiese vaardigheidskursusse wat hy/sy voltooi het. Ons het 'n oorbruggingsprogram ontwikkel vir beide hierdie situasies en elke student se situasie sal evalueer word. U kan aansoek doen deur te vermeld watter vorige studies u voltooi het en verskaf by registrasie 'n afskrif van u kwalifikasies van toepassing en ons evalueer u vorige studies in hierdie konteks.
|
|