Meer oor die Kursus

Die Sertifikaat in 'n Wêreldwye Bediening is 'n nie- geakrediteerde Vlak A en/of Vlak B (Sien die Prospektus 2010) kursus wat die student bekendstel aan begrippe wat gewoonlik buite die lokale kerk aangetref word.  Hierdie fokuspunte word dikwels in die lokale kerk ignoreer.  Dit sluit in - sending, kultes, sektes, politiek, etiek (ingesluit besigheidsetiek), armoede, vrede en konflik asook 'n stedelike bediening.

Die kursus kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande vakeenhede.  Indien dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk op u eie tyd deur die materiaal.  Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van die program.  Studente mag vir Bybelstudiedoeleindes registreer vir die kursus in geheel en/of losstaande eenhede.   In hierdie geval is die koste ook aansienlik minder.  'n Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word en nie die Sertifikaat nie.

Studente wat registreer vir die Sertifikaatkursus moet die werkopdrag in elkeen van die 6 kursusse tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat te ontvang.  Werkopdragte behels in die meeste gevalle 'n 1500 woord (3 bladsye) werkstuk wat deur die dosent gemerk sal word.  'n Finale oopboekeksamen sal ook afgelê word na voltooiing van die werkopdragte. Lees gerus meer oor elke vakeenheid  aan die regterkant van hierdie bladsy.

Vir meer inligting, lees gerus die Prospektus 2010 op die tuisblad.


Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente. 
Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.  Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.


U benodig geen spesiale sagteware om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser.  Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.



Sertifikaat in 'n Wêreldwye Bediening





Skakels


Bet-El Bybel Instituut Tuisblad

E-Biblioteek

Studentesentrum

Gratis E-Sword Sagteware

Boekwinkel





Registreer hier vir die kursus

 

Die Sertifikaat in 'n Wêreldwye Bediening behels die volgende ses vakeenhede:

Sending: 'n Avontuur in Geloof
'n Navorsings-gebaseerde vakeenheid.  Veertien in-diepte bybelstudies wat die Bybelse basis vir sending ondersoek deur gebruik te maak van verskillende karakters in die Bybel.

Kultes, Sektes & Kettery
Wat is 'n sekte?  Hoe gaan hulle te werk? Hoe werf hulle mense?  Hoe kan ons diegene wat verblind word deur kettery en sektes help?

Christelike Etiek
Verskeie werke oor die onderwerp van die Christelike Etiek word bestudeer en dan formuleer elke student sy/haar eie etiese standpunt.

Die Geestelike Dinamika van Wêreldwye Kwessies
Wat is die geestelike dinamika van verskillende botsende markkragte, Christendom, Islam en terrorisme?

Die Bybel en Politiek
'n Oorsig oor verskeie politieke sisteme wat in die Bybel aangetref word, hulle betekenis en effektiwiteit en hulle toepassing op die huidige omstandighede in die wêreld.

Inleiding in Stedelike Bediening
Beginsels vir 'n Christelike bediening vir diegene wat in stede bedien, veral ten opsigte van stede in die ontwikkelende wêreld.


Koste van die kursus vir 2010:

  • Aansoekfooie:  Gratis
  • Registrasie:  Gratis
  • As geheel vir Sertifikaatdoeleindes:   
    Aflaai van Internet: R 600.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die Sertifikaatkursus
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 150.00
    per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing:  + R 150.00
    Totale Koste: Sonder CD R 750.00 of alternatiewelik met CD
    R 900.00 - uitgesluit versendingskoste.
    'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien 'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie.  Sien die Prospektus 2010 vir meer besonderhede hieroor.
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:        
    Aflaai van Internet: R 550.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die kursus.
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 150.00
    per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Totale Koste: Sonder CD R 550.00 of alternatiewelik met CD 
    R 700.00
  • Per alleenstaande vakeenheid; slegs Bybelstudiedoeleindes:    
    Aflaai van Internet: R 150.00
    per vakeenheid.  
    Uitreik van CD indien student dit wil bestel: R 150.00 per CD.  
    Student ontvang CD met alle vake
    enhede, maar ontvang slegs die gebruikersnaam en sleutelwoord van toepassing op die spesifieke vakeenheid waarvoor hy/sy registreer.  In die geval van herregistrasie vir daaropvolgende vakeenhede, word slegs R50.00 per uitreik van gebruikersnaam en sleutelwoord gehef en dieselfde CD word gebruik.  Hierdie koste sluit versending van CD uit.
  • Uitreik van brief van voltooiing  
    Gratis
  • Versending van CD:  R 50.00 per versending

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Business Solutions