Meer oor die Kursus


Die Sertifikaat in Missionêre Werk  is 'n nie-geakrediteerde, basiese Vlak A en/of Vlak B kursus (Sien die Prospektus 2010) wat belangrike konsepte van Christenskap behandel.  

Hierdie kursus is gemik op diegene wat in die lokale kerk meer kennis en insig in die bediening wil verkry, veral met betrekking tot die uitreikbediening in die lokale kerk.  Na voltooiing van hierdie kursus, sal studente ook by magte wees om as sendeling te funksioneer.  Belangrike doelwitte van hierdie kursus is as volg:

  • Leer om jou getuienis met selfvertroue te deel.
  • Leer meer oor evangelisasie en dissipelskap.
  • Hoe lyk 'n kerk wat dissipels maak?
  • Wat is die groot opdrag en wat presies beteken dit?
  • Hoekom moet jy getuig?
  • Hoe pas jy by God se plan in?
  • En nog vele meer ......

Die kursus kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande vakeenhede.  Indien dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk op u eie tyd deur die materiaal.  Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van die program.  Studente mag vir Bybelstudiedoeleindes registreer vir die kursus in geheel, maar hierdie kursus word nie in losstaande eenhede aangebied nie.   In hierdie geval is die koste ook aansienlik minder.  'n Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word en nie die Sertifikaat nie.  . 

Studente wat registreer vir die Sertifikaat moet die werkopdragte in elkeen van die 9 kursusse tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat te ontvang.  Werkopdragte behels in die meeste gevalle 'n aantal geskrewe opdragte en/of 'n verslag oor praktiese werk wat ingehandig word en deur die dosent gemerk sal word.  Lees gerus meer oor elke kursus op hierdie bladsy aan die regterkant.



Vir meer inligting, lees gerus die Prospektus 2010 op die tuisblad.



Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente. 
Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.  Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.

 

U benodig geen spesiale sagteware om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser.  Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.


Sertifikaat in Missionêre Werk


 

 

Die Sertifikaat in Missionêre Werk behels die volgende nege vakeenhede:

Evangelisasie
Voorbereiding vir Redding; Die lewenstyl van 'n Evangelis; Tekens en Wonders; Genesing van siekes; Demoniese bevryding; ens. 

Sending tot aan die uithoeke
God se plan vir die wêreld; Wat is sending?; God se sendingbelofte; Die laaste opdrag; Onbereikte volke; Jesus, God se sendeling; Die vestiging van missionêre ondersteuning, ens.

Basiese Dissipelskap
Sekerheid; Die Heilige Gees; Gebed; Meditasie; God se stem; Aanbidding; Visie; Die oplê van hande; Lyding; Gesag; Die geldskandaal; ens.

God en Armoede
Temas wat insluit - Hoekom is armes arm?; Seën aan die armes en die vraagstuk oor vas in die Bybel.

Finansies in die Koninkryk
Hoe Jesus geleef het; Van hongersnood na oorvloed; Die wisselkoers van die Koninkryk; Die sleutels van die Koninkryk; Die ekonomie van die Koninkryk; ens.

'n Roeping van God
Dissipelskap; My roeping; My bestemming; Deursettingsvermoë; Die markplein in die Koninkryk; ens.

Die proses van leierskap

Getrouheid; Versoekings; Weerstaan ontmoediging; Oorkom eensaamheid; Tydsbestuur; ens.

Kerk en Koninkryk

Bou die kerk; 'n Kerk wat oes, wat dien, wat dissipels maak, wat lewe, wat vervul is met die Gees, wat stuur, wat die wêreld verander, wat herleef; Selkerke; 'n Apostoliese Kerk; 'n Kerk in stryd; 'n Kerk van mense vir mense; ens.

Mag die Koninkryk kom

'n Koninkryksvisie; 'n Verenigde Koninkryk; Die Koms van die Koninkryk; Jou eie Bybelskool; ens.

Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus is gratis beskikbaar aan studente.


Koste van die kursus vir 2010:

  • Aansoekfooie:  Gratis
  • Registrasie:  Gratis
  • As geheel vir Sertifikaatdoeleindes:   
    Aflaai van Internet: R 600.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die Sertifikaatkursus
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 150.00
    per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing:  + R 150.00
    Totale Koste: Sonder CD R 750.00 of alternatiewelik met CD
    R 900.00 - uitgesluit versendingskoste.
    'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien 'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie.  Sien die Prospektus 20108 vir meer besonderhede hieroor.
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:        
    Aflaai van Internet: R 550.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die kursus.
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 150.00
    per CD van nege vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Totale Koste: Sonder CD R 550.00 of alternatiewelik met CD R 700.00
  • Per alleenstaande vakeenheid; slegs Bybelstudiedoeleindes:    
    Hierdie kursus word nie in losstaande vakeenhede aangebied nie.  Studente kan slegs die kursus in geheel neem.
  • Uitreik van brief van voltooiing  
    Gratis
  • Versending van CD:  R 50.00 per versending

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Business Solutions