Meer oor die Kursus


Die Sertifikaat in Missionêre Kerkstudies is 'n nie- geakrediteerde Vlak A en/of Vlak B kursus (Sien die Prospektus 2010) wat die student voorstel aan die aard van die kerk asook die teologie onderliggend aan die strukture van kerkwees.  Die kursus ondersoek ook die strukture van opkomende, jong kerke en sendingorganisasies - en skenk ook oorweging aan kreatiewe alternatiewe.

Die kursus kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande vakeenhede.  Indien dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk op u eie tyd deur die materiaal.  Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van die program.  Studente mag vir Bybelstudiedoeleindes registreer vir die kursus in geheel en/of losstaande eenhede.   In hierdie geval is die koste ook aansienlik minder.  'n Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word en nie die Sertifikaat nie.

Studente wat registreer vir die Sertifikaatkursus moet die werkopdrag in elkeen van die 6 kursusse tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat te ontvang.  Werkopdragte behels in die meeste gevalle 'n 1500 woord (3 bladsye) werkstuk wat deur die dosent gemerk sal word.  'n Finale oopboekeksamen sal ook afgelê word na voltooiing van die werkopdragte. Lees gerus meer oor elke vakeenheid  aan die regterkant van hierdie bladsy.

Vir meer inligting, lees gerus die Prospektus 2010 op die tuisblad.


Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente. 
Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.  Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.


U benodig geen spesiale sagteware om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser.  Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.

 



Sertifikaat in Missionêre Kerkstudies




Skakels


Bet-El Bybel Instituut Tuisblad

E-Biblioteek

Studentesentrum

Gratis E-Sword Sagteware

Boekwinkel

 



Registreer hier vir die kursus

 

Die Sertifikaat in Missionêre Kerkstudies behels die volgende ses vakeenhede:

Die lewe en bediening van Jesus die Messias
'n Stap-vir-stap reis op saam met Jesus deur Sy lewe.  Ons siening van Jesus het 'n invloed op alles wat ons in ons Christelike lewenswandel doen.

Handelinge 1 - 8:  Die eerste gemeente
Die eerste jare van die kerk gee ons 'n patroon vir die lewe en groei van die kerk vandag.

Die Koninkryk van die Hemel
Jesus het dikwels verwys na die "Koninkryk van die Hemel" en die nuwe lewe en krag van hierdie Koninkryk.  'n Herondekking van hierdie waarheid beinvloed ons siening van kerkwees vandag.

Oor Denominasionele Grense
'n Oorsigtelike studie oor eenheid in die Christendom, die probleem van denominasies en 'n paar kreatiewe oplossings.

Tempels en Tiendes
Hoe moet ons die ware aard van die Evangelie en die radikale vryheid wat ons in Christus het verstaan in die konteks van die kerklike lewe en praktyk.

'n Oorsig oor die Kerkgeskiedenis
'n Studie oor waar die kerk vandaan kom en hoe God in die kerk werksaam was deur die eeue.


Koste van die kursus vir 2010:

  • Aansoekfooie:  Gratis
  • Registrasie:  Gratis
  • As geheel vir Sertifikaatdoeleindes:   
    Aflaai van Internet: R 600.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die Sertifikaatkursus
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 150.00
    per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing:  + R 150.00
    Totale Koste: Sonder CD R 750.00 of alternatiewelik met CD
    R 900.00 - uitgesluit versendingskoste.
    'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien 'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie.  Sien die Prospektus 2010 vir meer besonderhede hieroor.
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:        
    Aflaai van Internet: R 550.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die kursus.
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 150.00
    per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Totale Koste: Sonder CD R 550.00 of alternatiewelik met CD 
    R 700.00
  • Per alleenstaande vakeenheid; slegs Bybelstudiedoeleindes:    
    Aflaai van Internet: R 150.00
    per vakeenheid.  
    Uitreik van CD indien student dit wil bestel: R 150.00 per CD.  
    Student ontvang CD met alle vake
    enhede, maar ontvang slegs die gebruikersnaam en sleutelwoord van toepassing op die spesifieke vakeenheid waarvoor hy/sy registreer.  In die geval van herregistrasie vir daaropvolgende vakeenhede, word slegs R50.00 per uitreik van gebruikersnaam en sleutelwoord gehef en dieselfde CD word gebruik.  Hierdie koste sluit versending van CD uit.
  • Uitreik van brief van voltooiing  
    Gratis
  • Versending van CD:  R 50.00 per versending

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Business Solutions