Meer oor die Kursus


Die Sertifikaat in Koninkryksekonomie  is 'n nie-geakrediteerde Vlak A en/of Vlak B kursus (Sien die Prospektus 2010) wat ideaal is vir tuisstudie asook vir die gebruik in kleingroepe.  Individue wat 'n roeping het om betrokke te raak in die lokale kerk se uitreikbediening asook individue wat graag betrokke wil raak op die sendingveld, word sterk aangeraai om te registreer vir hierdie kursus.  Alle geestelike leiers kan ook baat vind by hierdie kursus.

Die kursus kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word.  Indien u vir Bybelstudiedoeleindes registreer, ontvang u al die studiemateriaal en werk op u eie tyd deur die materiaal.  Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van die program.  Studente mag vir Bybelstudiedoeleindes registreer vir die kursus in geheel, maar hierdie kursus word nie in losstaande vakeenhede aangebied nie.   In hierdie geval van Bybelstudiedoeleindes is die koste ook minder.  'n Brief van voltooiing sal in uitgereik word en nie die Sertifikaat nie.  U moet asseblief daarop let dat daar praktiese werk in hierdie kursus van toepassing is.

Studente wat registreer vir die Sertifikaat moet die werkopdragte in hierdie kursus tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat te ontvang.  Werkopdragte behels in die meeste gevalle 'n aantal geskrewe opdragte en/of 'n verslag oor praktiese werk wat ingehandig word en deur die dosent gemerk sal word.  Lees gerus meer oor hierdie kursus op die bladsy aan die regterkant.


Vir meer inligting, lees gerus die Prospektus 2010 op die tuisblad.


Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente. 
Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.  Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.



U benodig geen spesiale sagteware om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser.  Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.


Sertifikaat in Koninkryksekonomie


 
Die Sertifikaat in Koninkryksekonomie behels slegs een kursus wat bestaan uit twaalf onderafdelings:

God as Gewer in die Bybel
Geld
Rentmeesterskap en Tiendes
Offers
Geld en Missionêre Werk
Die verband tussen gee en seën
Begeertes

Beleggings
Wat beteken dit om te gee?
Die gawe van gee
Die groot opdrag
Jou bediening as gewer



Koste van die kursus vir 2010:

  • Aansoekfooie:  Gratis
  • Registrasie:  Gratis
  • As geheel vir Sertifikaatdoeleindes:   
    Aflaai van Internet: R 600.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die Sertifikaatkursus
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 150.00
    per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing:  + R 150.00
    Totale Koste: Sonder CD R 750.00 of alternatiewelik met CD
    R 900.00 - uitgesluit versendingskoste.
    'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien 'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie.  Sien die Prospektus 2010 vir meer besonderhede hieroor.
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:        
    Aflaai van Internet: R 550.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die kursus.
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 150.00
    per CD van nege vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Totale Koste: Sonder CD R 550.00 of alternatiewelik met CD R 700.00
  • Per alleenstaande vakeenheid; slegs Bybelstudiedoeleindes:    
    Hierdie kursus word nie in losstaande vakeenhede aangebied nie.  Studente kan slegs die kursus in geheel neem.
  • Uitreik van brief van voltooiing  
    Gratis
  • Versending van CD:  R 50.00 per versending

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Business Solutions