|
Meer
oor die Kursus Die Sertifikaat in Gebed en 'n Genesingsbediening is 'n is 'n Vlak A (Sien die Prospektus) studieprogram wat Bybelse begrippe met betrekking tot gebed en genesing behandel. Hierdie kursus is nie 'n sertifikasie om 'n professionele berader te wees nie. Hierdie kursus is gemik op diegene wat in die lokale kerk meer kennis en insig in die bediening wil verkry, veral met betrekking tot gebed, intersessie en 'n genesingsbediening. Belangrike fokuspunte is gebed, geestelike oorlogvoering, emosionele transformasie, 'n bediening vir genesing en geloof. Hierdie kursus word slegs deur middel van afstandonderrig aangebied en geen aanlyn besprekingsklasse of mentorskap is van toepassing nie. Studente bestudeer die inhoud deur middel van selfstudie en voltooi die werkopdragte waarna daar 'n eksamen van toepassing sal wees. 'n Studiementor is egter tot die beskikking van studente indien hulle enige vrae het. Studente verdien hierdie studieprogram suksesvol voltooi ontvang 12 Krediete wat gebruik kan word vir verdere studie op Vlak D. Die kursus kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande vakeenhede. Indien dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk, soos in die geval van sertifikaatdoeleindes, op u eie tyd deur die materiaal. Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van die program. Studente mag vir Bybelstudiedoeleindes registreer vir die kursus in geheel en/of losstaande eenhede. 'n Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word en nie die Sertifikaat nie. Studente
wat registreer vir die Sertifikaatkursus moet 'n werkopdrag in elkeen
van die 5 kursusse tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat
te ontvang. Werkopdragte behels in die meeste gevalle 'n 1500 woord
(3 bladsye) werkstuk wat deur die dosent gemerk sal word. 'n Finale
eksamen sal ook afgelê word na voltooiing van die werkopdragte.
Lees gerus meer oor elke vakeenheid aan die regterkant van hierdie bladsy. Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente. Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf. Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie. U benodig geen spesiale sagteware om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser. Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer. |
Sertifikaat in Gebed & Genesing
Koste
van die kursus vir 2012:
|
Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI
Design Studio