Meer oor die Kursus


Die Sertifikaat in die Christelike Geloof is 'n nie-geakrediteerde Vlak A en/of Vlak B (Sien die Prospektus 2010) kursus wat belangrike konsepte van Christenskap behandel.  

Hierdie kursus is gemik op diegene wat in die lokale kerk meer kennis en insig in die bediening wil verkry.  Belangrike fokuspunte is die Christelike lewe, wat die Bybel leer oor die kerk, vervulling met die Heilige Gees en 'n volledige studie oor die onderwerp van Dissipelskap.

Die kursus kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande vakeenhede.  Indien dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk op u eie tyd deur die materiaal.  Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van die program.  Studente mag vir Bybelstudiedoeleindes registreer vir die kursus in geheel en/of losstaande eenhede.   In hierdie geval is die koste ook aansienlik minder.  'n Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word en nie die Sertifikaat nie.

Studente wat registreer vir die Sertifikaatkursus moet die werkopdrag in elkeen van die 6 kursusse tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat te ontvang.  Werkopdragte behels in die meeste gevalle 'n 1500 woord (3 bladsye) werkstuk wat deur die dosent gemerk sal word.  'n Finale eksamen mag moontlik vereis word na voltooiing van die werkopdragte. Lees gerus meer oor elke vakeenheid  aan die regterkant van hierdie bladsy.

Vir meer inligting, lees gerus die Prospektus 2010 op die tuisblad.


Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente. 
Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.  Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.


U benodig geen spesiale sagteware om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser.  Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.


Sertifikaat in die Christelike Geloof


Die Sertifikaat in die Christelike Geloof behels die volgende ses vakeenhede:

Die Verstaan van die Christelike Lewe
Die basiese beginsels van die Christelike lewe wat nodig is om te ken ten einde dissipel vir Christus te wees. 

Dissipelskap Opleiding
Gelowiges word geleer om die pad van geestelike volwassenheid te stap deur hulself te sien as dissipels, soos God se opdrag in Matteus 28:19 dan ook was.

Toegepaste Dissipelskap Konsepte
Wat beteken dit om 'n Christenlewe te leef, ken die begrip in-Christus en hoe moet ek as volgeling van die Here bedien?

Die Kerk en die Bybel
'n Volledige studie oor alle aspekte van kerkwees soos beskryf in die Bybel.

Bybelse Beginsels vir Kerkwees
Sonder hierdie beginsels is geen kerk werklik kerk van Jesus Christus nie.  Die geheim van groeiende kerke is in hierdie beginsels opgesluit.

Vervulling met die Gees
'n Onderwerp wat heelwat vrae dikwels tot gevolg het.  Wat beteken dit werklik en wat behels vervulling met die Heilige Gees?


Koste van die kursus vir 2010:

  • Aansoekfooie:  Gratis
  • Registrasie:  Gratis
  • As geheel vir Sertifikaatdoeleindes:   
    Aflaai van Internet: R 600.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die Sertifikaatkursus
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 150.00
    per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing:  + R 150.00
    Totale Koste: Sonder CD R 750.00 of alternatiewelik met CD
    R 900.00 - uitgesluit versendingskoste.
    'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien 'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie.  Sien die Prospektus 2010 vir meer besonderhede hieroor.
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:        
    Aflaai van Internet: R 550.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die kursus.
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 150.00
    per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Totale Koste: Sonder CD R 550.00 of alternatiewelik met CD R 700.00
  • Per alleenstaande vakeenheid; slegs Bybelstudiedoeleindes:    
    Aflaai van Internet: R 150.00 per vakeenheid.  
    Uitreik van CD indien student dit wil bestel: R 150.00 per CD.  
    Student ontvang CD met alle vake
    enhede, maar ontvang slegs die gebruikersnaam en sleutelwoord van toepassing op die spesifieke vakeenheid waarvoor hy/sy registreer.  In die geval van herregistrasie vir daaropvolgende vakeenhede, word slegs R50.00 per uitreik van gebruikersnaam en sleutelwoord gehef en dieselfde CD word gebruik.  Hierdie koste sluit versending van CD uit.
  • Uitreik van brief van voltooiing  
    Gratis
  • Versending van CD:  R 50.00 per versending

 

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Business Solutions