Meer oor die Kursus


Die Sertifikaat in Christelike Dissipelskap is 'n nie-geakrediteerde, basiese Vlak A en/of Vlak B kursus (Sien die Prospktus 2010) wat 'n Evangelie (Johannes), die doktrine van redding (Romeine 1-8), die Christelike lewenswandel (Efesiėrs), Koninkryksetiek (Bergpredikasie) en 'n afsonderlike kursus in Christelike Seksualiteit insluit. 

Die kursus kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande vakeenhede.  Indien dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk op u eie tyd deur die materiaal.  Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van die program.  Studente mag vir Bybelstudiedoeleindes registreer vir die kursus in geheel en/of losstaande eenhede.   In hierdie geval is die koste ook aansienlik minder.  'n Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word en nie die Sertifikaat nie.

Studente wat registreer vir die Sertifikaat moet die werkopdrag in elkeen van die 6 vakeenhede tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat te ontvang.  Werkopdragte behels in die meeste gevalle 'n 1500 woord (3 bladsye) werkstuk wat deur die dosent gemerk sal word.  Lees gerus meer oor elke vakeenheid op hierdie bladsy aan die regterkant.


Vir meer inligting, lees gerus die Prospektus 2010 op die tuisblad.



Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente.  Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.  Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.



U benodig geen spesiale sagteware om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser.  Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.


Sertifikaat in Christelike Dissipelskap



Die Sertifikaat in Christelike Dissipelskap behels die volgende ses vakeenhede:

Johannes 1 - 11:  Die bekendstelling van die Redder
Die eerste elf hoofstukke van die Evangelie van Johannes stel Jesus aan ons bekend as Here en Redder.  Sy wonderwerke in hierdie Evangelie is tekens wat wys na die wese en aard van die Redding.

Johannes 12 - 21:  Johannes se Passie
Die laaste week in Jesus se lewe wat insluit die samekoms in die Bovertrek, die verrraad van Judas, Jesus se verhoor en dood aan die kruis, asook die opstanding.

Die Bergpredikasie
'n Vers vir vers eksposisie oor Jesus se bekendste preek.

Romeine 1 - 8
Hierdie gedeelte is Paulus se bekendste en volledigste bespreking met betrekking tot die aard en doel van ons redding in Jesus Christus.

Efesiėrs
Efesiėrs 1-3 bevat die betekenis van gelowiges se lewe wat "in Christus" leef, terwyl hoofstukke 4 - 6 meer inligting gee oor die Christelike lewe in die praktyk.

Christenskap en Seksualiteit
Hierdie vakeenheid bevat 'n verskeidenheid leringe oor seksualiteit.


Koste van die kursus vir 2010:

  • Aansoekfooie:  Gratis
  • Registrasie:  Gratis
  • As geheel vir Sertifikaatdoeleindes:   
    Aflaai van Internet: R 600.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die Sertifikaatkursus
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 150.00
    per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing:  + R 150.00
    Totale Koste: Sonder CD R 750.00 of alternatiewelik met CD
    R 900.00 - uitgesluit versendingskoste.
    'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien 'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie.  Sien die Prospektus 2010 vir meer besonderhede hieroor.
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:        
    Aflaai van Internet: R 550.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die kursus.
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 150.00
    per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Totale Koste: Sonder CD R 550.00 of alternatiewelik met CD 
    R 700.00
  • Per alleenstaande vakeenheid; slegs Bybelstudiedoeleindes:    
    Aflaai van Internet: R 150.00
    per vakeenheid.  
    Uitreik van CD indien student dit wil bestel: R 150.00 per CD.  
    Student ontvang CD met alle vake
    enhede, maar ontvang slegs die gebruikersnaam en sleutelwoord van toepassing op die spesifieke vakeenheid waarvoor hy/sy registreer.  In die geval van herregistrasie vir daaropvolgende vakeenhede, word slegs R50.00 per uitreik van gebruikersnaam en sleutelwoord gehef en dieselfde CD word gebruik.  Hierdie koste sluit versending van CD uit.
  • Uitreik van brief van voltooiing  
    Gratis
  • Versending van CD:  R 50.00 per versending

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Business Solutions