Meer oor die Kursus


Die Sertifikaat in Bybelstudies is 'n geakrediteerde Vlak A of C kursus (Sien die Prospektus 2010) wat die studente voorstel aan die inhoud van die Bybel asook goeie Bybelstudie metodes.  Studente word ook geleer om hierdie Bybelstudiemetodes persoonlik toe te pas op die gelowige se lewe.

Na voltooiing van hierdie kursus ontvang studente 24 krediete wat ten gunste van registrasie vir die Diploma in Bediening asook by voltooiing daarvan vir die Baccalareus in Bybelstudies gebruik kan word. 

Die kursus kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande vakeenhede.  Indien dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk op u eie tyd deur die materiaal.  Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van die program.  Studente mag vir Bybelstudiedoeleindes registreer vir die kursus in geheel en/of losstaande eenhede.   In hierdie geval is die koste ook aansienlik minder.  'n Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word en nie die Sertifikaat nie.  Daar is egter geen krediete wat toegeken word nie, maar erkenning vir vakeenhede geslaag sal gegee word indien studente later wil inskryf vir die Sertifikaatkursus.  

Studente wat registreer vir hierdie kursus moet ‘n werkopdrag in elkeen van die ses vakeenhede tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat te ontvang.   'n Finale eksamen sal ook afgelę moet word.   Lees gerus meer oor elke vakeenheid  aan die regterkant van hierdie bladsy.

Vir meer inligting, lees gerus die Prospektus 2010 op die tuisblad.


Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente. 
Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.  Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.



U benodig geen spesiale sagteware om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser.  Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.

 



Sertifikaat in Bybelstudies





Skakels


Bet-El Bybel Instituut Tuisblad

E-Biblioteek

Studentesentrum

Gratis E-Sword Sagteware

Boekwinkel




Registreer hier vir die kursus


Die Sertifikaat in Bybelstudies 
(24 krediete) behels die volgende twee modules wat bestaan uit ses vakeenhede:

MODULE 1 (Verpligte Vakeenhede - 18 Krediete)

HAR101 - Ou Testamentiese Oorsig

HAR102 - Nuwe Testamentiese
Oorsig

'n Oorsig oor die Bybel.  Die struktuur van elke Bybelboek word oorsigtelik bespreek, met agtergrondinligting bv. die tema, skrywer, ens. van elke boek.

HAR103 - Geloofsfondasies
Die belangrikheid van die regte geestelike fondasies vir die lewe en bediening word beklemtoon deur te fokus op die Christelike geloof soos dit beskryf word in Hebreërs 6:1.

HAR104 -  Kreatiewe Bybelstudie Metodes

Hulp aan gelowiges vir persoonlike studie van God se Woord.  Studente leer hoe om die Bybel te bestudeer per boek, hoofstuk, paragraaf, vers en woord.  Metodes sluit in die biografiese, teologiese, tipologiese en tematiese metodes.

MODULE 2 (Keuse Vakeenhede - 6 Krediete)

Studente oefen 'n keuse uit en moet registreer vir twee van die volgende vakeenhede:

HAR201 - 'n Bybelse Węreldbeeld

Die Bybelse węreldbeeld van Genesis tot Openbaring word bestudeer.  God se plan vir die nasies van die węreld van die begin van die tye word uitgelig.

HAR202 -  Koninkrykslewe

Hierdie vakeenheid fokus op patrone en beginsels van 'n Koninkrykslewe wat belangrik is vir die lewe en vir 'n bediening.

HAR203 - Ken God se stem

Hoe praat God vandag met mense?  Wat is Sy algemene en spesifieke wil vir my?  'n Christenmodel vir besluitneming word bespreek asook riglyne wat verkeerde keuses kan verhoed.

HAR204 - Die Bediening van die Heilige Gees

Die bediening van die Heilige Gees, gawes van die Gees, die vrug van die Gees.  Ontdek jou eie geestelike gawes en jou posisie as bedienaar in die Liggaam van Christus.

HAR205 - Geestelike Oorlogvoering

Die taktiek van die vyand word ondersoek en geestelike oorlogvoering word verduidelik.

HAR206 - Kragbeginsels

Die kragbeginsels wat in hierdie vakeenheid geleer word beweeg gelowiges van toeskouers na kinders van God wat in Sy krag optree.


Koste van die kursus vir 2010:

  • Aansoekfooie:  Gratis 
  • Registrasie:  Gratis
  • As geheel vir Sertifikaatdoeleindes:   
    Aflaai van Internet: R 2 250.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die Sertifikaatkursus
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 300.00 per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing:  + R 150.00
    Totale Koste: Sonder CD R 2 400.00 of alternatiewelik met CD R 2 700.00 – uitgesluit versendingskoste.
    'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien 'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie.  Sien die Prospektus 20
    10 vir meer besonderhede hieroor.
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:        
    Aflaai van Internet: R 1 200.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die kursus.
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 300.00 per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Brief van Voltooiing:  Gratis
    Totale Koste: Sonder CD R 1 200.00 of alternatiewelik met CD's    
    R 1 500.00 – uitgesluit versendingskoste.
  • Per alleenstaande vakeenheid; slegs Bybelstudiedoeleindes:    
    Aansoekfooie en Registrasie:  Gratis 
    Aflaai van Internet: R 250.00 per vakeenheid, of alternatiewelik uitreik van CD indien student dit wil bestel: 
    R 300.00 per CD.  Student ontvang CD met alle vake
    enhede, maar ontvang slegs die gebruikersnaam en sleutelwoord van toepassing op die spesifieke vakeenheid waarvoor hy/sy registreer.  In die geval van herregistrasie vir daaropvolgende vakeenhede, word slegs R50.00 per uitreik van gebruikersnaam en sleutelwoord gehef en dieselfde CD word gebruik.  Hierdie koste sluit versending van CD uit.
  • Versending van CD:  R 50.00 per versending

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Business Solutions