|
Meer
oor die Kursus
Die Sertifikaat
in In-diepte Bybelstudie is 'n Vlak A (Sien die Prospektus)
studieprogram wat die studente voorstel aan goeie Bybelstudie metodes.
Studente word ook geleer om hierdie Bybelstudiemetodes toe te pas op
'n wye verskeidenheid Christen kwessies. Ons bestudeer ook 'n oorsig
oor die Bybel en leer meer oor die wyse hoe om God se stem te kan hoor.
Hierdie kursus word
slegs deur middel van afstandonderrig aangebied en geen aanlyn besprekingsklasse
of mentorskap is van toepassing nie. Studente bestudeer die inhoud
deur middel van selfstudie en voltooi die werkopdragte waarna daar 'n
eksamen van toepassing sal wees. 'n Studiementor is egter tot
die beskikking van studente indien hulle enige vrae het.
Studente verdien
hierdie studieprogram suksesvol voltooi ontvang 12 Krediete wat gebruik
kan word vir verdere studie.
Die kursus kan ook slegs vir
Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande
vakeenhede. Indien
dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk, soos in
die geval van sertifikaatdoeleindes, op u eie tyd deur die materiaal.
Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag
om werkopdragte in te handig as deel van die program.
Studente mag vir Bybelstudiedoeleindes registreer vir die kursus
in geheel en/of losstaande eenhede. 'n
Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word en nie die
Sertifikaat nie.
Dit
is belangrik vir alle studente om eers vakeenheid
SBS-KB101 - Kreatiewe Bybelstudiemetodes te voltooi
alvorens aangegaan kan word met die ander vakeenhede.
Studente wat registreer vir die Sertifikaatkursus moet 'n werkopdrag
in elkeen van die 5 kursusse tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat
te ontvang. Werkopdragte behels in die meeste gevalle 'n 1500
woord (3 bladsye) werkstuk wat deur die dosent gemerk sal word.
'n Finale eksamen sal ook afgelê word na voltooiing van die werkopdragte.
Lees gerus meer oor elke vakeenheid aan die regterkant van hierdie
bladsy.
Vir meer
inligting, lees die Prospektus
op die tuisblad.
Alle
voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus
is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente.
Daar
is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel
en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.
Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van
hierdie kursus nie.
U benodig geen verdere spesiale sagteware
om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten
'n PDF leser. Indien u nie oor 'n PDF leser beskik nie, laai gerus
Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek
onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.
|
Sertifikaat
in In-diepte Bybelstudie
|

Skakels
Bet-El
Bybel Instituut Tuisblad
E-Biblioteek
Studiesentrum
Gratis
E-Sword Sagteware
Boekwinkel
Registreer
hier vir die kursus
|
Die Sertifikaat
in In-diepte Bybelstudie
behels
twee hoofvakeenhede en drie byvakke, dus die volgende vyf (5)
vakeenhede:
Hoofvakke:
Kreatiewe Bybelstudiemetodes
Hulp aan gelowiges vir persoonlike studie van God se Woord.
Studente leer hoe om die Bybel te bestudeer per boek, hoofstuk,
paragraaf, vers en woord. Metodes sluit in die biografiese,
teologiese, tipologiese en tematiese metodes. Die gebruik van
sagteware in Bybelstudie word ook bemeester.
God Praat Vandag Nog - Hoor
Sy Stem
Gelowiges hoor dikwels die frase "God het vir my gesê".
Wat presies bedoel hul daarmee? Het jy al God se stem gehoor?
Ons leer alle aspekte van God se stem en leer gelowiges hoe om
van God te hoor.
Byvakke:
Die Leiding van die Heilige
Gees
Om deur die Heilige Gees gelei te word, impliseer dat ons Sy stem
sal hoor. Dit is waaroor hierdie studie gaan. Ons bestudeer Bybelse
beginsels asook praktiese beginsels met betrekking tot hierdie
onderwerp.
Ou Testamentiese
Oorsig
'n Oorsig oor die verskillende boeke en literatuursoorte wat voorkom
in die Ou Testament.
Nuwe Testamentiese Oorsig
'n Oorsig oor die verskillende boeke en literatuursoorte wat voorkom
in die Nuwe Testament.
|
Koste
van die kursus vir 2012:
- Aansoekfooie:
Gratis
- Registrasie:
Gratis, onderhewig aan betalingsopsies.
- As
geheel vir Sertifikaatdoeleindes:
Aflaai van Internet: R 1 080.00 vir
alle vakeenhede wat deel uitmaak van die Sertifikaatkursus
Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 200.00 per
CD van ses vakeenhede. Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n
gebruikersnaam en sleutelwoord.
Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing: + R 150.00
Totale Koste: Sonder CD R 1 230.00 of alternatiewelik met CD R 1 430.00
- uitgesluit versendingskoste.
'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien
'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie.
.
- As
geheel vir Bybelstudiedoeleindes:
Aflaai van Internet: R 950.00 vir
alle vakeenhede wat deel uitmaak van die kursus.
Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 200.00 per
CD van vyf vakeenhede. Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n
gebruikersnaam en sleutelwoord.
Totale Koste: Sonder CD R 950.00 of alternatiewelik met CD R
1 150.00
- Per
alleenstaande vakeenheid:
Aflaai van Internet: R 300.00 per
vakeenheid.
Uitreik van CD indien student dit wil bestel: Hierdie opsie is
nie beskikbaar indien u registreer per alleenstaande vakeenheid nie.
Alle materiaal word aan u beskikbaar gestel op ons webtuiste waarvandaan
u dit kan aflaai. In die geval van registrasie vir alleenstaande vakeenhede
is 'n registrasiefooi van R250.00 by eerste registrasie vir die spesifieke
studieprogram betaalbaar.
- Uitreik
van brief van voltooiing
Gratis
- Versending
van CD: R 75.00 per versendin
|