Meer oor die Kursus


Sal die bestuurder asseblief opstaan? Nie die president of die persoon met die hoogste titel nie, maar die rolmodel. Nie die persoon wat die meeste geld verdien nie, maar die een wat bereid is om berekende risiko's te neem. Nie die persoon met die duurste motor of die grootste huis nie, maar die dienaar. Nie die persoon wat hom- of haarself verhef nie, maar wat ander ophef en versterk. Nie die een wat die meeste praat nie, maar die een wat die beste luister.

Hoeveel van ons kwalifiseer as hierdie opdrag gegee word? Vra gerus hierdie vrae vir 'n groep van honderd besigheidsmanne en jy sal verbaas wees dat niemand opstaan nie.

Die Sertifikaat in Christelike Besigheidsbeginsels is 'n Vlak A studieprogram (Sien die Prospektus) wat bestaan uit 'n kombinasie van bestuurskursusse wat ten doel het om studente die kennis en vaardighede aan te leer ten einde 'n besigheid te bestuur ooreenkomstig die morele beginsels wat God in Sy Woord verskaf.

Die studieprogram is ontwerp om huidige asook toekomstige bestuurders, besigheidspersone en eienaars van besighede van hulp te wees in die bestuur van mense en organisasies volgens korrekte besigheidsbeginsels. Maak 'n blywende verskil in jou lewe en ook in die lewens van ander mense en laat 'n erfenis agter aan jou geliefdes en kollegas wat koninkrykswaarde het. Die inhoud van hierdie kursus is saamgestel deur 'n bewese besigheidsman wat internasionaal bekend is vir sy seminare en werkswinkels aan leiers en bestuurders van besigheide.

Hierdie kursus word slegs deur middel van afstandonderrig aangebied en geen aanlyn besprekingsklasse of mentorskap is van toepassing nie.  Studente bestudeer die inhoud deur middel van selfstudie en voltooi die werkopdragte waarna daar 'n eksamen van toepassing sal wees.  'n Studiementor is egter tot die beskikking van studente indien hulle enige vrae het.

Die kursus kan ook slegs vir Bybelstudie- doeleindes geneem word as geheel of as losstaande vakeenhede.  Indien dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk, soos in die geval van sertifikaatdoeleindes, op u eie tyd deur die materiaal.  Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van die program.  Studente mag vir Bybelstudiedoeleindes registreer vir die kursus in geheel en/of losstaande eenhede. 'n Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word en nie die Sertifikaat nie.

Studente wat registreer vir die Sertifikaatkursus moet 'n werkopdrag in elkeen van die 6 kursusse tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat te ontvang.  Werkopdragte behels in die meeste gevalle 'n 1500 woord (3 bladsye) werkstuk wat deur die dosent gemerk sal word.  'n Finale eksamen sal ook afgelê word na voltooiing van die werkopdragte. Lees gerus meer oor elke vakeenheid  aan die regterkant van hierdie bladsy.

Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente.  Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.  Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.

U benodig geen verdere spesiale sagteware om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n PDF leser.  Indien u nie oor 'n PDF leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.

Vir die koste van die Sertifikaat in Christelike Bestuursbeginsels beveel ons aan dat voornemende studente addisioneel tot die paragraaf aan die regterkant van hierdie blad ook die Prospektus deeglik bestudeer.  Alle toepaslike inligting is daarin vir u aangebring.

Sertifikaat in Christelike Bestuursbeginsels




 

Skakels


Bet-El Bybel Instituut Tuisblad

E-Biblioteek

Studiesentrum

Gratis E-Sword Sagteware

Boekwinkel



Registreer hier vir die kursus

 

Toelatingsvereistes

Graad 12, alternatiewelik Graad 10
en ouer as 22 jaar.

Registrasie word egter voorbehou
en 'n keuringsproses vir voornemende
studente mag ingestel word.

 

Studiemetode

Hierdie studieprogram word deur 
middel van afstandsonderrig
aangebied.

Dit behels selfstudie deur studente.

Die Sertifikaat in Christelike Bestuursbeginsels behels die volgende ses (6) vakeenhede:

Ken Jouself

Leer ken jou eie waardes, prioriteite, doelwitte, sterkpunte, beperkings, oortuigings, voorkeure en indivuduele styl. Ontdek jou gedragsprofiel en leer wat jy kan verander aan die manier waarop jy jou eie of enige besigheid sien.


Die Aard van Leierskap

Gemeenskaplike probleme en spanning by besigheidspersone, 'n ongesonde bestuursomgewing, die verskil tussen bestuurders en goeie bestuurders en die integriteit van goeie bestuurders.

'n Leierskapsmodel

Navorsing oor die begrip leierskap en bestuurslegendes en bestudeer 'n leierskapsmodel wat gewaarborgde resultate lewer.

Visionering

Wat is 'n bestuurder met visie? Hoe vestig ek 'n visie en motiveer mens om hierdie visie te volg? Strategiese keuses, aksieplanne en struikelblokke vir die vestiging van 'n visie. Ons bestudeer ook strukture wat werk, missiestellings en die rol van mense, aktivwiteite sisteme en verhoudings in visievorming.

Die Skep van 'n Korporatiewe Kultuur

Korporatiewe kultuur het 'n groot invloed op besluitneming en probleemoplossing op alle vlakke. Die bestuurder as argitek van hierdie korporatiewe kultuur word bestudeer asook verskillende vlakke en vorme van korporatiewe kultuur. Korporatiewe kultuur as raamwerk, vorming van gedragsbeginsels en metafoor vior kommunikasie word ook bestudeer.

Bestuur Blywende Verandering

Nuwe realiteite kan nie aanvaar en ervaar word sonder verandering nie. Bestuurders is die leiers wat verandering moet implimenteer en begelei. Effektiewe bestuurders het die kuns van transformasie aangeleer.en spesifiek hoe mense bestuur moet word gedurende 'n tydperk van transformasie.

Koste van die kursus vir 2012:

  • Aansoekfooie:  Gratis
  • Registrasie:  Gratis, onderhewig aan betalingsopsies.
  • As geheel vir Sertifikaatdoeleindes:   
    Aflaai van Internet: R 1 080.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die Sertifikaatkursus
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 250.00
    per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing:  + R 150.00
    Totale Koste: Sonder CD R 1 280.00 of alternatiewelik met CD R 1 480.00 - uitgesluit versendingskoste.
    'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien 'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie.  .
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:        
    Aflaai van Internet: R 950.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die kursus.
    Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 250.00
    per CD van ses vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Totale Koste: Sonder CD R 950.00 of alternatiewelik met CD R 1 200.00
  • Per alleenstaande vakeenheid:   
    Aflaai van Internet: R 300.00
    per vakeenheid.  
    Uitreik van CD indien student dit wil bestel: Hierdie opsie is nie beskikbaar indien u registreer per alleenstaande vakeenheid nie. Alle materiaal word aan u beskikbaar gestel op ons webtuiste waarvandaan u dit kan aflaai. In die geval van registrasie vir alleenstaande vakeenhede is 'n registrasiefooi van R250.00 by eerste registrasie vir die spesifieke studieprogram betaalbaar.  
  • Uitreik van brief van voltooiing  
    Gratis
  • Versending van CD:  R 75.00 per versendin

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Design Studio