|
Die Baccalareus in Bybelstudies is 'n geakrediteerde Vlak I kursus (Sien die Prospektus 2008) wat ten doel het om Christene toe te rus as bedieningsleier in die kerk van die Here Jesus Christus. Na voltooiing van hierdie kursus ontvang studente 'n Baccalareus in Bybelstudies wat ten volle akkrediteer en internasionaal aanvaar word, en uitgereik word deur 'n Universiteit in die Verenigde State van Amerika. Vir meer inligting, sien die Prospektus 2008 wat op die tuisblad afgelaai kan word. Die primêre kurrikulum bestaan uit dieselfde vakeenhede wat benodig word ten einde die Diploma in Bediening te verwerf. Dit is dan ook bedoel om as intreevlak vir die Baccalareus in Bybelstudies te dien. Die 87 krediete wat studente in die diplomakursus verdien, verskaf die eerste 87 krediete vir die Baccalareus in Bybelstudies. Alle vakeenhede voldoen aan die vereistes vir graaderkenning. Die balans van die vakeenhede vir die Baccalareus in Bybelstudies bestaan uit 'n verdere 33 krediete wat studente kan kies uit een van vyf spesialisasiegebiede. Vir meer inligting hieroor, sien die Prospektus 2008. Studente registreer vir al die vakeenhede (87 krediete) wat vereis word vir die Diploma in Bediening. Na suksesvolle voltooiing daarvan, registreer studente vir die balans van die krediete (33 krediete) in ooreenstemming met die spesialisasiegebied van keuse direk aan die Universiteit. Volle erkenning vir die 87 krediete wat behaal is word deur die Universiteit verskaf en studente voltooi dan die Graadkursus deur die suksesvolle afhandeling van die balans van krediete. Bet-El Bybel Instituut doseer nie die laaste 33 krediete nie, maar ons fasiliteer die registrasieproses en die oordrag van die krediete aan studente wat die eerste 87 krediete by ons voltooi het. Studente registreer egter direk by die Universiteit vir die balans van die 33 krediete. Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir die suksesvolle voltooiing van die eerste 87 krediete, is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente. Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf. Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie. Daar is egter enkele aanbevole werke beskikbaar in die boekwinkel, maar die aankoop daarvan is egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie. Die Diplomaprogram kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande vakeenhede. Registrasie vir losstaande vakeenhede in die Graadkursus moet egter met die Universiteit opgeneem word. In die geval van registrasie in die Diplomaprogram (erste 87 krediete), ontvang u al die studiemateriaal en werk op u eie tyd deur die materiaal. Geen werkopdragte of eksamens is van toepassing nie. In hierdie geval is die koste ook aansienlik minder. 'n Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word. Erkenning hiervoor word egter gegee indien die student later vir die Diploma of Graadkursus wil registreer. Dit is belangrik dat voornemende studente die Prospektus 2008 sal bestudeer wat verdere inliging bevat met betrekking tot veral toelatingsvereistes, kostes van individuele vakeenhede, ens. Studente
wat registreer vir die Graadkursus
moet 'n aantal werkopdragte tot bevrediging voltooi ten einde die
kwalifikasie te ontvang. 'n Finale eksamen sal ook afgelê moet
word. Lees gerus meer oor elke vakeenheid aan die
regterkant van hierdie bladsy. U benodig geen spesiale sagteware om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser. Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.
|
Koste van die kursus vir 2008:
|
Hierdie
webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI
Business Solutions