|
Die Diploma in Bybelstudies is 'n geakrediteerde Vlak G kursus (Sien die Prospektus 2008) wat ten doel het om Christene op beide leierskaps- en nie-leierskapsvlak toe te rus vir effektiewe bediening. Na voltooiing van
hierdie kursus ontvang studente 240
krediete
wat ten gunste van registrasie vir die Baccalareus in Teologie gebruik kan word. Die doelwit in die samestelling van die vakeenhede was die behoeftes van studente wat deur middel van afstandsonderrig studeer, maar daar is geen toegewings gemaak wat betref die standaard van die studierigting nie. Die Sertifikaatprogram (Eerstejaarsvlak) vereis dat studente enkele handboeke sal aanskaf, maar die benadering van die Diploma- sowel as Voorgraadse programme het 'n nuwe benadering tot gevolg gehad. Grepe uit handboeke word verskaf aan studente en daar is geen nodigheid vir studente om enige handboeke aan te koop nie. Daar is egter enkele aanbevole werke beskikbaar in die boekwinkel, maar die aankoop daarvan is egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie. Die Sertifikaatvlakprogram kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande vakeenhede. Registrasie vir losstaande vakeenhede in die Diplomaprogram asook Graadkursus is egter nie moontlik nie. In die geval van registrasie in die Sertifikaatprogram vir losstaande vakeenhede of Bybelstudie doeleindes, ontvang u al die studiemateriaal en werk op u eie tyd deur die materiaal. Geen werkopdragte of eksamens is van toepassing nie. In hierdie geval is die koste ook aansienlik minder. 'n Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word en nie die Sertifikaat nie. Studente
wat registreer vir die Sertifikaatkursus, Diplomakursus asook Graadkursus
moet 'n aantal werkopdragte tot bevrediging voltooi ten einde die
kwalifikasie te ontvang. 'n Finale eksamen sal ook afgelê moet
word. Lees gerus meer oor elke vakeenheid aan die
regterkant van hierdie bladsy. Vir meer inligting, laai gerus die Prospektus 2008 af.
|
Koste van die kursus vir 2008:
|
Hierdie
webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI
Business Solutions