|
Die Diploma in Bybelstudies is 'n geakrediteerde Vlak E of F kursus (Sien die Katalogus vir Studente) wat die studente voorstel aan die inhoud van die Bybel asook goeie Bybelstudie metodes. Studente word ook geleer om hierdie Bybelstudiemetodes persoonlik toe te pas op die gelowige se lewe, op 'n gemeenskap- en/of by gemeenskapsprojekte, asook in gespesialiseerde bedienings bv. Intersessie, 'n Tronkbediening, Vrouebediening, ens. Na voltooiing van
hierdie kursus ontvang studente 87 krediete
wat ten gunste van registrasie vir die Baccalareus in Bybelstudies gebruik kan word. Studente
wat registreer vir hierdie kursus moet ‘n werkopdrag in elkeen van die
twee-en-twintig vakeenhede tot bevrediging voltooi ten einde die Diploma te
ontvang. 'n Finale eksamen sal ook afgelę moet word in
elke vakeenheid. Lees gerus meer oor elke vakeenheid aan die regterkant
van hierdie bladsy, asook in die Prospektus 2010. Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursusse is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente. Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf. Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.
|
Koste van die kursus vir 2010:
|
Hierdie
webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI
Business Solutions