|
Meer oor die Kursus Die Sertifikaat in Dissipelskap is 'n geakrediteerde Vlak D kursus (Sien die Prospektus) wat bestaan uit 'n kombinasie van Bybelkundige en Teologiese kursusse gekombineer met noodsaaklike lewensvaardigheidskursusse wat ten doel het om diegene in die lokale kerk wat hulself wil bemagtig en toe te rus om geestelike werkers en leiers te wees. Hierdie sertifikaatprogram behels dertien (13) vakeenhede wat ingedeel is in ses (6) modules. Die Sertifikaat in Dissipelskap vorm die eerste stap in die verwerwing van 'n Diploma in Leierskap wat 'n voorvereiste is in die verwerwing van 'n Baccalareusgraad in verskeie spesialiseringsgebiede. Sien Prospektus vir meer besonderhede hieroor. Dit kan egter ook as 'n losstaande kwalifikasie verwerf word, met die opsie om voort te gaan na die Diploma en Graad programme. Studente wat dus registreer met die doelwit om 'n Baccalareusgraad te verwerf volg die volgende pad na verwerwing van hierdie kwalifikasie: Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in Dissipelskap. (80 Krediete) Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Leierskap. (80 Krediete) Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Gevorderde Diploma in Bediening. (80 Krediete) Stap 4 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Hoër Diploma in Herderskap. (80 Krediete) Stap 5 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Baccalareusgraad in 'n spesialiseringsrigting van keuse. (80 Krediete) (Ten einde 'n Baccalareusgraag te verwerf benodig u 400 krediete. Studente ontvang die toepaslike kwalifikasie na voltooing van die Sertifikaat- asook Diplomakursusse en volle krediete en kan dan registreer vir die laaste fase - Stap 5 - ter verwerwing van die graad) Studente wat registreer vir die Sertifikaatkursus moet twee (2) werkopdragte per vakeenheid tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat te ontvang. 'n Aantal addisionele leeswerk/navorsing asook 'n praktiese werkopdrag per vakeeenheid en 'n finale assesering sal ook van toepassing wees. Lees gerus meer oor elke vakeenheid aan die regterkant van hierdie bladsy. Vir meer inligting, bestudeer die Prospektus Alle studiemateriaal vir dertien (13) vakeenhede - ses (6) modules is ingesluit by die koste van die kursus. Daar is ook addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf. Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie. U benodig geen verdere spesiale sagteware om die studiemateriaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser. Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer. Vir die koste van die Sertifikaat in Dissipelskap beveel ons aan dat voornemende studente addisioneel tot die paragraaf aan die regterkant van hierdie blad ook die Prospektus deeglik bestudeer. Alle toepaslike inligting is daarin vir u aangebring.
|
Sertifikaat in Dissipelskap
Koste
van die kursus vir 2012:
|
Hierdie
webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI
Design Studio