|
Meer
oor die Kursus
Die Hoër
Diploma in Mentorskap is 'n geakrediteerde Vlak D kursus
(Sien die Prospektus) wat bestaan
uit 'n kombinasie van Persoonlike Ontwikkelings- en Opvoedkundige kursusse
gekombineer met noodsaaklike lewensvaardigheidskursusse wat ten doel het
om diegene in die lokale kerk wat hulself wil bemagtig en toerus om geestelike
leiers te wees wat spesialiseer in Opvoedkunde. Die studieprogram is ook
die eerste stap na die verwerwing van 'n Baccalareusgraad in Opvoedkunde
(B.Ed) vir diegene wat hulself wil bekwaam as opvoeders. Hierdie studieprogram
is vir diegene wat wil spesialiseer in Opvoedkunde. Die diplomaprogram
behels tien (10) vakeenhede wat ingedeel is in ses (6) modules.
Studente kies na
voltooing van die Gevorderde Diploma in Bediening een van vyf spesialiteitsrigtings
indien hulle 'n Baccalareusgraad wil verwerf. Die volgende spesialiteitsrigtings
word aangebied:
1. Bediening (B.Min)
2. Berading (B.Cns)
3. Teologie (B.Div)
4. Besigheidsleiding (B.BL)
5. Opvoedkunde (B.Ed)
6. Besigheidsadministrasie (B.Admin)
7. Kunste (B.A met Endossement)
(U registreer vir die Hoër Diploma
in Mentorskap indien u die spesialiteitsrigting Opvoedkunde
verkies)
Die
Hoër Diploma in Mentorskap vorm
dus die vierde stap in die verwerwing van 'n
Baccalareusgraad in Opvoedkunde (B.Ed). Studente wat dus registreer
met die doelwit om 'n Baccalareusgraad in Opvoedkunde (B.Ed) te verwerf
volg die volgende pad na verwerwing van hierdie kwalifikasie:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in
Dissipelskap. (80 Krediete)
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Leierskap.
(80 Krediete)
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Gevorderde Diploma
in Bediening. (80 Krediete)
Stap 4 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Hoër Diploma
in Mentorskap (80 Krediete)
Stap 5 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Baccalareusgraad
in Opvoedkunde (B.Ed) (80 Krediete)
(Ten einde 'n Baccalareusgraad te verwerf benodig u 400 krediete.
Studente ontvang die toepaslike kwalifikasie na voltooing van die Sertifikaat-
asook Diplomakursusse en volle krediete en kan dan registreer vir die
laaste fase - Stap 5 - ter verwerwing van die Baccalareusgraad in Opvoedkunde
(B.Ed).
Studente wat registreer vir die Diplomakursus moet 'n aantal werkopdragte/toetse
tot bevrediging voltooi ten einde die Diploma te ontvang. 'n Finale
assesering sal ook van toepassing wees. Lees gerus meer
oor elke vakeenheid aan die regterkant van hierdie bladsy.
Vir meer inligting, bestudeer die Prospektus.
Alle studiemateriaal
vir tien (10) vakeenhede - ses (6) modules is ingesluit by die koste
van die kursus.
Daar is ook addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel
en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.
Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van
hierdie kursus nie.
U benodig geen verdere spesiale sagteware om die studiemateriaal in
hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser. Indien u nie
oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel
daarvoor in ons E-Biblioteek onder
die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.
Vir die koste van die Hoër
Diploma in Mentorskap beveel
ons aan dat voornemende studente addisioneel tot die paragraaf aan die
regterkant van hierdie blad ook die Prospektus
deeglik bestudeer. Alle
toepaslike inligting is daarin vir u aangebring.
|
Hoër
Diploma in Mentorskap
|

Skakels
Bet-El
Bybel Instituut Tuisblad
E-Biblioteek
Studiesentrum
Gratis
E-Sword Sagteware
Boekwinkel
Registreer
hier vir die kursus
Toelatingsvereistes
Gevorderde Diploma
in Bediening
Studiemetode
Hierdie studieprogram
word deur
middel van afstandsonderrig
aangebied.
Dit behels selfstudie deur studente,
maar ook die bywoning van
aanlyn lesings wat vanuit die Bet-El Studiesentrum via Internet
aangebied word.
|
Die Hoër
Diploma in Mentorskap (80
krediete) behels
die volgende tien (10) vakeenhede, aangebied in ses (6) modules:
Module
1
1. DGR2
- Groei in Dissipelskap 2 (11
krediete)
2.
MSE - Microsoft Excel
(5
krediete)
Module
2
3. QPV2
- Oorwinningstoerusting II (12
krediete)
4. SPR
- Probleemoplossing
(2 krediete)
Module
3
5. PRX1
- Opvoedingspraktyk I (12 krediete)
6. SST -
Onderrigtegnieke (2 krediete)
Module
4
7. ISC1
- Inleiding tot Sosiologie
I (11 krediete)
Module
5
8. IPSL1
- Sielkunde van die Leerder - (12 krediete)
9. IWP
- Effektiewe Benutting van
Woorde (2 krediete)
Module
6
10. IPC1
- Interpersoonlike
Kommunikasie I - 11 krediete)
|
Koste
van die kursus vir 2012:
- Aansoekfooie: Gratis
- Registrasie:
R 250.00 (ingesluit by die totale koste van R3 850.00)
- As geheel
vir Sertifikaatdoeleindes:
Totale Koste: R 3 850.00 vir
alle vakeenhede wat deel uitmaak van hierdie Diplomakursus
(Ingesluit registrasiefooie, alle studiemateriaal (gedrukte sowel
as elektroniese formaat) asook sertifisering by suksesvolle voltooiing
van die kursus, maar uitgesluit die versendingskoste van die materiaal
ten bedrae van R75.00 soos hieronder aangetoon.
- Betalingsopsie:
Ten einde studente behulpsaam te wees met die betaling van die
kursus, bied ons 'n opsie aan vir studente om vir die totale kwalifikasie
te registreer en die koste af te betaal deur slegs die registrasiefooi
te betaal en dan daarna per module te betaal. Modules moet egter
in die volgorde geneem word soos hierbo aangetoon en slegs studiemateriaal
word voorsien wat reeds betaal is. Die koste van hierdie opsie
is egter heelwat duurder in die opsig dat studente elke versending
se posgeld self moet betaal wat R75.00 per module beloop, en die koste
van 'n krediet verhoog van R45.00 per krediet na R60.00 per krediet,
uitgesluit registrasie. Die rede daarvoor is dat hierdie opsie
aansienlike administrasiekoste meebring. Studente betaal egter
net vir die eerste registrasie die registrasiefooi van R250.00.
(Sien die Prospektus vir 'n
volledige uiteensetting).
- Versending
van Studiemateriaal: R 75.00 per versending (uitgesluit
by die totale koste van R3 850.00). Hierdie opsie is tans nie beskikbaar
nie en alle studiemateriaal sal in die Studiesentrum aan studente
beskikbaar gestel word vir aflaai.
- Gradeplegtigheid:
'n Jaarlikse Gradeplegtigheid word jaarliks gehou in Pretoria.
Koste vir die bywoning van hierdie gradeplegtigheid (toga, reis- en
verblyfkoste) is vir die rekening van die student. Op hierdie
gradeplegtigheid word alle grade oorhandig. Dit mag bygewoon
word deur die student asook twee besoekers wat hom/haar mag vergesel
|