|
Meer
oor die Kursus
Die Gevorderde
Diploma in Bediening is 'n geakrediteerde Vlak D kursus
(Sien die Prospektus) wat bestaan
uit 'n kombinasie van Bybelkundige en Teologiese kursusse gekombineer
met noodsaaklike lewensvaardigheids kursusse wat ten doel het om diegene
in die lokale kerk wat hulself wil bemagtig en toe te rus om geestelike
werkers en leiers te wees. Hierdie diplomaprogram behels dertien
(13) vakeenhede wat ingedeel is in ses (6) modules.
Die
Gevorderde Diploma in Bediening vorm die derde
stap in die verwerwing van 'n Hoër Diploma in Herderskap
wat 'n voorvereiste is in die verwerwing van 'n Baccalareusgraad in
'n spesialiteitsrigting van keuse. Studente wat dus registreer met die
doelwit om 'n Baccalareusgraad te verwerf volg die volgende pad na verwerwing
van hierdie kwalifikasie:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in
Dissipelskap. (80 Krediete)
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Leierskap.
(80 Krediete)
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Gevorderde Diploma
in Bediening. (80 Krediete)
Stap 4 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Hoër Diploma
in Herderskap. (80 Krediete)
Stap 5 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Baccalareusgraad
in 'n spesialiteitsgebied van keuse. (80 Krediete)
(Ten einde 'n Baccalareusgraag te verwerf benodig u 400 krediete.
Studente ontvang die toepaslike kwalifikasie na voltooing van die Sertifikaat-
asook Diplomakursusse en volle krediete en kan dan registreer vir die
laaste fase - Stap 5 - ter verwerwing van die Baccalareusgraad in 'n
spesialiteitsrigting.
Studente wat registreer vir die Diplomakursus moet 'n aantal werkopdragte/toetse
tot bevrediging voltooi ten einde die Diploma te ontvang. 'n Finale
assesering sal ook van toepassing wees. Lees gerus meer
oor elke vakeenheid aan die regterkant van hierdie bladsy.
Vir meer inligting, bestudeer die Prospektus.
Alle studiemateriaal
vir dertien (13) vakeenhede - ses (6) modules is ingesluit by die koste
van die kursus.
Daar is ook addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel
en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.
Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van
hierdie kursus nie.
U benodig geen verdere spesiale sagteware om die studiemateriaal in
hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser. Indien u nie
oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel
daarvoor in ons E-Biblioteek onder
die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.
Vir die koste van die Gevorderde
Diploma in Bediening beveel
ons aan dat voornemende studente addisioneel tot die paragraaf aan die
regterkant van hierdie blad ook die Prospektus
deeglik bestudeer. Alle
toepaslike inligting is daarin vir u aangebring.
|
Gevorderde
Diploma in Bediening
|

Skakels
Bet-El
Bybel Instituut Tuisblad
E-Biblioteek
Studiesentrum
Gratis
E-Sword Sagteware
Boekwinkel
Registreer
hier vir die kursus
Toelatingsvereistes
Diploma in Leierskap
Studiemetode
Hierdie studieprogram
word deur
middel van afstandsonderrig
aangebied.
Dit behels selfstudie deur studente,
maar ook die bywoning van
aanlyn lesings wat vanuit die Bet-El Studiesentrum via Internet
aangebied word.
|
Die Gevorderde
Diploma in Bediening (80
krediete) behels
die volgende dertien (13) vakeenhede, aangebied in ses (6) modules:
Module
1
1. CVD3
- Dissipelskap (Gratis
Vakeenheid) 2. MPX3
- Bedieningspraktyk
(7 krediete)
3. OTS3
- Ou Testamentiese Oorsig III
(6 krediete)
4. SWE
- Effektiewe Gesprekvoering (2
krediete)
Module
2
5. MSW
- Microsoft
Word (4
krediete)
6. MPR1
- Bedieningsbeginsels
I (12 krediete)
Module
3
7. PCH
- Christusvoorskrifte (8 krediete)
8. GJH2
- Die Evangelie van Johannes II (8 krediete)
Module
4
9. CHL2
- Christelike
Leierskap II
(11 krediete)
10. MNP - Menslike
Hulpbronbestuur (2 krediete)
Module
5
11. PTR1
- Pastorale Bediening I
(12 krediete)
Module
6
12. SCR
- 'n
Studie van Korintiërs (6 krediete)
13. ENG
- Engelse Vaardighede
(2 krediete)
|
Koste
van die kursus vir 2012:
- Aansoekfooie: Gratis
- Registrasie:
R 250.00 (ingesluit by die totale koste van R3 450.00)
- As geheel
vir Sertifikaatdoeleindes:
Totale Koste: R 3 450.00 vir
alle vakeenhede wat deel uitmaak van hierdie Diplomakursus
(Ingesluit registrasiefooie, alle studiemateriaal (gedrukte sowel
as elektroniese formaat) asook sertifisering by suksesvolle voltooiing
van die kursus, maar uitgesluit die versendingskoste van die materiaal
ten bedrae van R75.00 soos hieronder aangetoon.
- Betalingsopsie:
Ten einde studente behulpsaam te wees met die betaling van die
kursus, bied ons 'n opsie aan vir studente om vir die totale kwalifikasie
te registreer en die koste af te betaal deur slegs die registrasiefooi
te betaal en dan daarna per module te betaal. Modules moet egter
in die volgorde geneem word soos hierbo aangetoon en slegs studiemateriaal
word voorsien wat reeds betaal is. Die koste van hierdie opsie
is egter heelwat duurder in die opsig dat studente elke versending
se posgeld self moet betaal wat R75.00 per module beloop, en die koste
van 'n krediet verhoog van R40.00 per krediet na R58.00 per krediet,
uitgesluit registrasie. Die rede daarvoor is dat hierdie opsie
aansienlike administrasiekoste meebring. Studente betaal egter
net vir die eerste registrasie die registrasiefooi van R250.00.
(Sien die Prospektus vir 'n
volledige uiteensetting).
- Versending
van Studiemateriaal: R 75.00 per versending (uitgesluit
by die totale koste van R3 450.00). Hierdie opsie is tans nie beskikbaar
nie en alle studiemateriaal sal in die Studiesentrum aan studente
beskikbaar gestel word vir aflaai.
- Gradeplegtigheid:
'n Jaarlikse Gradeplegtigheid word jaarliks gehou in Pretoria.
Koste vir die bywoning van hierdie gradeplegtigheid (toga, reis- en
verblyfkoste) is vir die rekening van die student. Op hierdie
gradeplegtigheid word alle grade oorhandig. Dit mag bygewoon
word deur die student asook twee besoekers wat hom/haar mag vergesel
|