Meer oor die Kursus


Die Diploma in Leierskap is 'n geakrediteerde Vlak D kursus (Sien die Prospektus) wat bestaan uit 'n kombinasie van Bybelkundige en Teologiese kursusse gekombineer met noodsaaklike lewensvaardigheids- kursusse wat ten doel het om diegene in die lokale kerk wat hulself wil bemagtig en toe te rus om geestelike werkers en leiers te wees.  Hierdie diplomaprogram behels twaalf (13) vakeenhede wat ingedeel is in ses (6) modules.  

Die Diploma in Leierskap  vorm die tweede stap in die verwerwing van 'n Gevorderde Diploma in Bediening wat 'n voorvereiste is in die verwerwing van 'n Baccalareusgraad in 'n spesialiteitsrigting van keuse. Studente wat dus registreer met die doelwit om 'n Baccalareusgraad te verwerf volg die volgende pad na verwerwing van hierdie kwalifikasie:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in Dissipelskap. (80 Krediete)
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Leierskap. (80 Krediete)
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Gevorderde Diploma in Bediening. (80 Krediete)
Stap 4 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Hoër Diploma in Herderskap. (80 Krediete)
Stap 5 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Baccalareusgraad in 'n spesialiteitsgebied van keuse. (80 Krediete)
(Ten einde 'n Baccalareusgraag te verwerf benodig u 400 krediete.  Studente ontvang die toepaslike kwalifikasie na voltooing van die Sertifikaat- asook Diplomakursusse en volle krediete en kan dan registreer vir die laaste fase - Stap 5 - ter verwerwing van die Baccalareusgraad in 'n spesialiteitsrigting.


Studente wat registreer vir die Diplomakursus moet 'n aantal werkopdragte/toetse tot bevrediging voltooi ten einde die Diploma te ontvang.  'n Finale assesering sal ook van toepassing wees.   Lees gerus meer oor elke vakeenheid  aan die regterkant van hierdie bladsy.


Vir meer inligting, bestudeer die Prospektus


Alle studiemateriaal vir dertien (13) vakeenhede - ses (6) modules is ingesluit by die koste van die kursus. 


Daar is ook addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.  Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.


U benodig geen verdere spesiale sagteware om die studiemateriaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser.  Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.

Vir die koste van die
Diploma in Leierskap beveel ons aan dat voornemende studente addisioneel tot die paragraaf aan die regterkant van hierdie blad ook die Prospektus deeglik bestudeer.  Alle toepaslike inligting is daarin vir u aangebring.

Diploma in Leierskap




Skakels


Bet-El Bybel Instituut Tuisblad

E-Biblioteek

Studiesentrum

Gratis E-Sword Sagteware

Boekwinkel



Registreer hier vir die kursus

 

Toelatingsvereistes

Sertifikaat in Dissipelskap

 

Studiemetode

Hierdie studieprogram word deur 
middel van afstandsonderrig 
aangebied.

Dit behels selfstudie deur studente,
maar ook die bywoning van 
aanlyn lesings wat vanuit die Bet-El Studiesentrum via Internet aangebied word.

Die Diploma in Leierskap (80 krediete) behels die volgende dertien (13) vakeenhede, aangebied in ses (6) modules:

Module 1

1.  CVD2 - Dissipelskap (Gratis Vakeenheid)
2.  MPX2 -  Bedieningspraktyk (8 krediete)
3.  QPV1 - Oorwinningstoerusting I (11 krediete)

Module 2

4.  OTS2 - Ou Testamentiese Oorsig II (7 krediete)

5.  ICV - Kommunikasievaardighede (2 krediete)
6.  MRF - Die Huwelik & Gesin
(5 krediete)

Module 3

7.  IPR - Persoonlike Verhoudings (2 krediete)
8.  SRM -
'n Studie van Romeine (11 krediete)

Module 4

9.  ISC - 'n Verbeterde Selfbeeld (2 krediete)
10 CHM1 - Christelike Volwassenheid I (12 krediete)

Module 5

11. GJH1 - Die Evangelie van Johannes I (6 krediete)
12. EMB - 
Basiese Internet- kommunikasie (2 krediete)

Module 6

13. Christelike Leierskap I (12 krediete)


Koste van die kursus vir 2012:

  • Aansoekfooie:  Gratis
  • Registrasie:  R 250.00 (ingesluit by die totale koste van R3 450.00)
  • As geheel vir Sertifikaatdoeleindes:   
    Totale Koste:   R 3 450.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van hierdie Sertifikaatkursus (Ingesluit registrasiefooie, alle studiemateriaal (gedrukte sowel as elektroniese formaat) asook sertifisering by suksesvolle voltooiing van die kursus, maar uitgesluit die versendingskoste van die materiaal ten bedrae van R75.00 soos hieronder aangetoon. 
  • Betalingsopsie:  Ten einde studente behulpsaam te wees met die betaling van die kursus, bied ons 'n opsie aan vir studente om vir die totale kwalifikasie te registreer en die koste af te betaal deur slegs die registrasiefooi te betaal en dan daarna per module te betaal.  Modules moet egter in die volgorde geneem word soos hierbo aangetoon en slegs studiemateriaal word voorsien wat reeds betaal is.  Die koste van hierdie opsie is egter heelwat duurder in die opsig dat studente elke versending se posgeld self moet betaal wat R75.00 per module beloop, en die koste van 'n krediet verhoog van R40.00 per krediet na R58.00 per krediet, uitgesluit registrasie.  Die rede daarvoor is dat hierdie opsie aansienlike administrasiekoste meebring.  Studente betaal egter net vir die eerste registrasie die registrasiefooi van R250.00.  (Sien Prospektus vir 'n volledige uiteensetting).
  • Versending van Studiemateriaal:  R 75.00 per versending (uitgesluit by die totale koste van R3 450.00). Hierdie opsie is tans nie beskikbaar nie en alle studiemateriaal sal in die Studiesentrum aan studente beskikbaar gestel word vir aflaai.
  • Gradeplegtigheid:  'n Jaarlikse Gradeplegtigheid word jaarliks gehou in Pretoria.  Koste vir die bywoning van hierdie gradeplegtigheid (toga, reis- en verblyfkoste) is vir die rekening van die student.  Op hierdie gradeplegtigheid word alle sertifikate, diplomas en grade oorhandig.  Dit mag bygewoon word deur die student asook twee besoekers wat hom/haar mag vergesel

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Design Studio