Meer oor die Kursus


Die Baccalareus in Besigheidsleiding (B.BL) is 'n geakrediteerde kursus wat bestaan uit 'n kombinasie kursusse wat die student 'n keuse laat om te spesialiseer in 'n spesifieke bedieningsarea. Hierdie studieprogram behels nege (9) algemene vakeenhede wat ingedeel is in vier (4) modules plus 'n spesialiseringsrigting wat bestaan uit 'n verdere ses (6) vakeenhede.

'n Totaal van sewe-en-twintig studievelde word behandel, elkeen met sewe (7) onderwerpstudies. 'n Aantal werkopdragte word ingehandig vir evaluasie. Daar is ook vier praktiese take wat suksesvol deur die student voltooi moet word.

'n Kandidaat verkry twee (2) jaar om die studieprogram af te handel, wat gemaklik op 'n deeltydse basis voltooi behoort te word.

Hierdie Spesialisasieblok  vorm die vyfde stap in die verwerwing van 'n Baccalareusgraad in Besigheidsleiding (B.BL).  Studente wat dus registreer met die doelwit om 'n Baccalareusgraad in Besigheidsleiding (B.BL) te verwerf volg die volgende pad na verwerwing van hierdie kwalifikasie:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in Dissipelskap. (80 Krediete)
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Leierskap. (80 Krediete)
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Gevorderde Diploma in Bediening. (80 Krediete)
Stap 4 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Hoër Diploma in Leierskap (80 Krediete)
Stap 5 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Baccalareusgraad in
Besigheidsleiding (B.BL) (80 Krediete)

(Ten einde 'n B.BL graad te verwerf benodig u 400 krediete.  Studente ontvang die toepaslike kwalifikasie na voltooing van die Sertifikaat- asook Diplomakursusse en volle krediete en kan dan registreer vir die laaste fase - Stap 5 - ter verwerwing van die B.BL graad)


Alle studiemateriaal vir die voltooiing van hierdie studieprogram is ingesluit by die koste van die kursus. 


Daar is ook addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.  Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.


U benodig geen verdere spesiale sagteware om die studiemateriaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser.  Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.

Vir die koste van die
verwerwing van die Baccalareus in Besigheidsleiding (B.BL) beveel ons aan dat voornemende studente addisioneel tot die paragraaf aan die regterkant van hierdie blad ook die Prospektus deeglik bestudeer.  Alle toepaslike inligting is daarin vir u aangebring.

Baccalareus in Besigheidsleiding (B.BL)




Skakels


Bet-El Bybel Instituut Tuisblad

E-Biblioteek

Studiesentrum

Gratis E-Sword Sagteware

Boekwinkel



Registreer hier vir die kursus

 

Toelatingsvereistes

Hoër Diploma in Leierskap

 

Studiemetode

Hierdie studieprogram word deur 
middel van afstandsonderrig 
aangebied.

Dit behels selfstudie deur studente,
maar ook die bywoning van 
aanlyn lesings wat vanuit die Bet-El Studiesentrum via Internet aangebied word.

Die Baccalareus in Besigheidsleiding (80 krediete) behels die volgende nege (9) vakeenhede, aangebied in vier (4) modules, tesame met die spesialiseringsarea soos aangedui hieronder:

Module 1

1. ORB1 - Organisatoriese Bestuur I (10 krediete)
2.
 HRP - Die Hantering van Verantwoordelikheid
(2 krediete)
3. LTM - Bestuur van Groepe (2 krediete)

Module 2

4. LSK1 - Leierskapsvaardighede I (9 Krediete)
5. MPT -
Microsoft Powerpoint (4 krediete)

Module 3

6. HUR1 - Menslike Hulpbronne I (9 krediete)
7. PLM - Vergaderingsprosedures en -leiding (2 krediete)

Module 4

8. HRM1 - Menslike Hulpbronbestuur I (10 krediete)
9. TCH - Onderig & Lering (2 krediete)

Een van die volgende Spesialiteitsareas word gekies (30 Krediete elk):

Opsie 1

Organisatoriese Teorie (5 Krediete)
Besigheidsleierskap I
(5 Krediete)
Besigheidsbestuur 2
(5 Krediete)
Algemene Bestuur
2 (5 Krediete)
Menslike Hulpbron Bestuur (5 Krediete)
Algemene Boekhouding
(5 Krediete)

Opsie 2

Entrepeneurskap (5 Krediete)
Publieke Kommunikasie
(5 Krediete)
Inleiding tot Sielkunde
(6 Krediete)
Besigheidskommunikasie
(5 Krediete)
Taalvaardighede
(5 Krediete)
Besluitneming
(2 Krediete)
Besigheidsvergaderings
(2 Krediete)


Koste van die kursus vir 2012:
  • Aansoekfooie:  Gratis
  • Registrasie:  R 650.00 (ingesluit by die totale koste van R 4 500.00)
  • As geheel vir Sertifikaatdoeleindes:   
    Totale Koste:   R 4 500.00
    vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van hierdie Diplomakursus (Ingesluit registrasiefooie, alle studiemateriaal (gedrukte sowel as elektroniese formaat) asook sertifisering by suksesvolle voltooiing van die kursus, maar uitgesluit die versendingskoste van die materiaal ten bedrae van R150.00 per versending. 
  • Betalingsopsie:  Ten einde studente behulpsaam te wees met die betaling van die kursus, bied ons 'n opsie aan vir studente om vir die kwalifikasie te registreer en die koste af te betaal in vier paaiemente. Studente betaal dus by registrasie die registrasiefooi van R650.00 en 25% van die totale koste, die balans betaalbaar in 3 paaiemente van 25% van die totale koste (uitgesluit registrasiefooi). Modules moet egter in die volgorde geneem word soos hierbo aangetoon en slegs studiemateriaal word voorsien wat reeds betaal is.  Studente betaal egter net vir die eerste registrasie die registrasiefooi van R650.00. Studente kan aansoek doen voor registrasie indien hulle hierdie opsie verkies. Kontak ons met u versoek
  • Versending van Studiemateriaal:  R 150.00 per versending vir die totale kursus/R75.00 vir versending per module (uitgesluit by die totale koste van R4 500.00). Hierdie opsie is tans nie beskikbaar nie en alle studiemateriaal sal in die Studiesentrum aan studente beskikbaar gestel word vir aflaai.
  • Gradeplegtigheid:  'n Jaarlikse Gradeplegtigheid word jaarliks gehou in Pretoria.  Koste vir die bywoning van hierdie gradeplegtigheid (toga, reis- en verblyfkoste) is vir die rekening van die student.  Op hierdie gradeplegtigheid word alle grade oorhandig.  Dit mag bygewoon word deur die student asook twee besoekers wat hom/haar mag vergesel

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Design Studio