Meer oor die Kursus


Die Sertifikaat in Christelike Berading is 'n Vlak B studieprogram (Sien die Prospektus) wat bestaan uit 'n kombinasie van inleidende kursusse wat ten doel het om studente die kennis en vaardighede aan te leer ten einde 'n grondslag te vestig op die pad na effektiewe berading.

Die studieprogram is ontwerp om voornemende beraders, leiers van bedieninge en persone wat belangstel in berading en hulp aan mense van hulp te wees en in te tree in ander se lewens ten einde 'n betekenisvolle en blywende verskil te kan maak terwyl mense met die worstelings en krisisse van die lewe deel. Ons motivering hiervoor word deur Jesus Christus self vir ons gegee: "Die Seun van die Mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien." Sy instruksie aan ons was om dieselfde te doen.

Studente wat hierdie studieprogram voltooi verkry krediete vir die Diploma in Christelike Berading. Dit is 'n voorvereiste dat hierdie Sertifikaatprogram eers suksesvol voltooi moet word voordat registreer kan word vir die Diploma in Christelike Berading.

Studente wat belangstel in Christelike Berading volg dus die volgende pad:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in Christelike Berading
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Christelike Berading - Fase I
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Christelike Berading - Fase II

Voornemende studente moet daarop let dat Stap 3 in hierdie proses praktiese werk impliseer. Die Sertifikaatprogram en Fase I van die Diplomaprogram is teoretiese werk, maar in Fase II van die Diplomaprogram sal daar van voornemende studente verwag word om ongeveer 50 ure praktiese werk te verrig en 'n opname van die gesprekke asook verbatim verslae sal ingehandig moet word. Addisioneel daartoe vereis die sertifikaatprogram asook Fase I en II van die diplomaprogram 'n aantal werkopdragte wat tot bevrediging voltooi moet word.
'n Finale assesering per module sal ook van toepassing wees.   Lees gerus meer oor elke vakeenheid  aan die regterkant van hierdie bladsy.

Studente kan slegs registreer vir hierdie sertifikaatprogram as geheel en nie vir afsonderlike modules nie. Daar word egter voorsiening gemaak vir voornemende studente wat nie die volle bedrag by registrasie kan betaal nie. Krediete word verwerf vir die voltooiing van elke module.

Vir meer inligting, bestudeer die Prospektus

Die koste van hierdie studieprogram (R 2 290.00) sluit registrasie, alle klasnotas, koste van studieprogram en elektroniese lesings in. Daar word egter van studente verwag om een handboek aan te koop wat benodig word vir die suksesvolle voltooiing van die studieprogram. Die beraamde koste van die handboeke is R250.00 (Oktober 2011) en die handboek kan aangekoop word in ons boekwinkel. Hierdie handboek is verpligtend vir u studieprogram, maar is so gekies dat voornemende studente dit lewenslank sal kan benut in enige beradingskonteks.


U benodig geen verdere spesiale sagteware om die studiemateriaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n PDF leser.  Indien u nie oor 'n PDF leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.

Vir die koste van die
Sertifikaat in Christelike Berading beveel ons aan dat voornemende studente addisioneel tot die paragraaf aan die regterkant van hierdie blad ook die Prospektus deeglik bestudeer.  Alle toepaslike inligting is daarin vir u aangebring.

Sertifikaat in Christelike Berading




 

Skakels


Bet-El Bybel Instituut Tuisblad

E-Biblioteek

Studiesentrum

Gratis E-Sword Sagteware

Boekwinkel



Registreer hier vir die kursus

Registrasie vir hierdie kursus behels
'n registrasiefooi van R100.00
wat ingesluit is by die totale koste
van die Sertifikaatprogram

 

Toelatingsvereistes

Graad 12, alternatiewelik Graad 10
en ouer as 22 jaar.

Registrasie word egter voorbehou
en 'n keuringsproses vir voornemende
studente mag ingestel word.

 

Studiemetode

Hierdie studieprogram word deur 
middel van mentorskap 
aangebied.

Dit behels selfstudie deur studente,
maar ook die bywoning van 
aanlyn lesings wat vanuit die Bet-El
Studiesentrum via Internet aangebied word

Die Sertifikaat in Christelike Berading (80 krediete) behels die volgende ses (6) modules:

Module 1 - Berading as Bediening (9 krediete)

BSCB101 - Inleiding tot Christelike Berading
BSCB102 - Die Rol van die Gees & Die Woord in Berading
BSCB103 - Die Bediening van Berading

Module 2 - Die Berader (16 krediete)

BSCB104 - Kwalifikasies van 'n Berader
BSCB105 - Fondasies van Christelike Berading
BSCB106 - Voorveronderstellings in Berading
BSCB107 - Voorbereiding in Berading

Module 3 - Die Beradingsproses I (12 krediete)

BSCB108 - Verwerking van Informasie
BSCB109 - Vestiging van Hoop
BSCB110 - Skrifgebruik in Berading

Module 4 - Die Beradingsproses II (12 krediete)

BSCB111 - Probleemanalise
BSCB112 - Probleemoplossings
BSCB113 - Rol van Huiswerk in Berading

Module 5 - Beradingsbronne (15 krediete)

BSCB114 - Beradingswaarskuwings
BSCB115 - Die Gebruik van Illustrasies in Berading
BSCB116 - Algemene Vrae m.b.t Berading
BSCB117 - Beradingsbronne

Module 6 - Beradingstegnieke (16 krediete)

BSCB118 - Tegnieke m.b.t Luister, Bevraagteken, Klassifiseer, Waarneming & Reaksie
BSCB119 - Opsomming & Integrasie
BSCB120 - Konfrontasietegnieke & Identifisering
BSCB121 - Metodes van Analise
BSCB122 - Beplanningstegnieke
BSCB123 - Etiek in Berading

Koste van die kursus vir 2012:

  • Aansoekfooie: Gratis
  • Registrasie: R 100.00 (ingesluit by die totale koste van R2 290.00)
  • Voorgeskrewe Boeke. Een boek word voorgeskryf ten bedrae van ongeveer R250.00 (Koste soos in Oktober 2011). Die koste van hierdie boeke is nie ingesluit in die totale koste wat hieronder aangegee word nie, maar dit kan aangekoop word deur voornemende studente. Die koste wat vir die voorgeskrewe boeke gegee word is vir aankoop vir die student se rekening en kan aangekoop word vanaf Bet-El Bybel Instituut op ons webtuiste. Dus beteken dit een boek vir die Sertifikaat in Christelike Berading, of alternatiewelik 'n boek vir die Sertifikaat in Christelike Leierskap.
  • As geheel vir Sertifikaatdoeleindes:
    Totale Koste: R 2 290.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van hierdie Sertifikaatprogram (Ingesluit registrasiefooie, alle studiemateriaal (gedrukte en/of elektroniese formaat) asook sertifisering by suksesvolle voltooiing van die kursus, maar uitgesluit enige versendingskoste van materiaal. (Voorgeskrewe boeke ter waarde van ongeveer R250.00 moet addisioneel deur die voornemende student begroot word.)
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:
    Totale Koste: R 2 290.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van hierdie studieprogram (Ingesluit registrasiefooie, alle studiemateriaal (gedrukte en/of elektroniese formaat) asook sertifisering by suksesvolle voltooiing van die kursus, maar uitgesluit enige versendingskoste van materiaal. (Voorgeskrewe boeke ter waarde van ongeveer R250.00 moet addisioneel deur die voornemende student begroot word.)
  • Per alleenstaande vakeenheid; slegs Bybelstudiedoeleindes:
    Hierdie opsie is tans nie beskikbaar vir hierdie kwalifikasie nie.
  • Versending van CD: R 75.00 per versending

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Design Studio