Meer oor die Kursus


Die Diploma in Christelike Berading - Fase I is 'n Vlak B studieprogram (Sien die Prospektus) wat bestaan uit 'n kombinasie van kursusse wat ten doel het om studente die kennis en vaardighede aan te leer ten einde 'n grondslag te vestig op die pad na effektiewe berading. Die Diploma in Christelike Berading - Fase II bou voort op die Diploma in Christelike Berading - Fase I en voornemende studente moet eers registreer vir Fase I van die Diplomaprogram voordat registreer kan word vir hierdie Fase.

Die studieprogram is ontwerp om voornemende beraders, leiers van bedieninge en persone wat belangstel in berading en hulp aan mense van hulp te wees en in te tree in ander se lewens ten einde 'n betekenisvolle en blywende verskil te kan maak terwyl mense met die worstelings en krisisse van die lewe deel. Ons motivering hiervoor word deur Jesus Christus self vir ons gegee: "Die Seun van die Mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien." Sy instruksie aan ons was om dieselfde te doen.

In fase II van hierdie studieprogram fokus ons op spesifieke probleme en die begeleiding van 'n persoon ten einde hierdie probleme te bowe te kom en 'n lewe van oorwinning te lei. Probleme wat aangespreek word sluit in: Huwelik & Gesinne, Afhanklikheid & Verslawing, Geweld, Woede & Molestering, ens. Ons stel studente ook bekend aan die vakgebied van die Psigopatologie en studente word die geleentheid gebied om Berading in die praktyk te beoefen.

Studente wat hierdie studieprogram suksesvol voltooi verwerf die Diploma in Christelike Berading.

Studente wat belangstel in Christelike Berading volg die volgende pad:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in Christelike Berading
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Christelike Berading - Fase I
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Christelike Berading - Fase II

Voornemende studente moet daarop let dat hierdie fase van die studieprogram praktiese werk impliseer. Inligting met betrekking tot die praktiese werk word alreeds gedurende fase I van die program aan studente beskikbaar gestel sodat hulle daarmee kan begin. Die voltooiing en evaluering daarvan vind egter plaas gedurende hierdie fase van die Diplomaprogram. Praktiese werk behels ongeveer 50 ure praktiese werk en 'n opname van die gesprekke asook verbatim verslae wat ingehandig moet word. Addisioneel daartoe vereis Fase II van die diplomaprogram 'n aantal werkopdragte wat tot bevrediging voltooi moet word.
'n Finale assesering per module sal ook van toepassing wees.   Lees gerus meer oor elke vakeenheid  aan die regterkant van hierdie bladsy.

Studente kan slegs registreer vir hierdie diplomaprogram as geheel en nie vir afsonderlike modules nie. Daar word egter voorsiening gemaak vir voornemende studente wat nie die volle bedrag by registrasie kan betaal nie. Krediete word verwerf vir die voltooiing van elke module.

Vir meer inligting, bestudeer die Prospektus

Die koste van hierdie studieprogram (R2 290.00) sluit registrasie, alle klasnotas, koste van studieprogram en elektroniese lesings in. Daar word egter van studente verwag om 'n vyftal handboeke aan te koop wat benodig word vir die suksesvolle voltooiing van die studieprogram. Die beraamde koste van die handboeke is gemiddeld R190.00 (September 2011) per boek en die handboeke kan aangekoop word in ons boekwinkel. Hierdie handboeke is verpligtend vir u studieprogram, maar is so gekies dat voornemende studente dit lewenslank sal kan benut in enige beradingskonteks.


U benodig geen verdere spesiale sagteware om die studiemateriaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n PDF leser.  Indien u nie oor 'n PDF leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.

Vir die koste van die
Diploma in Christelike Berading - Fase I beveel ons aan dat voornemende studente addisioneel tot die paragraaf aan die regterkant van hierdie blad ook die Prospektus deeglik bestudeer.  Alle toepaslike inligting is daarin vir u aangebring.

Diploma in Christelike Berading (Fase II)


Diploma in Christelike Berading - Fase II



 

Skakels


Bet-El Bybel Instituut Tuisblad

E-Biblioteek

Studiesentrum

Gratis E-Sword Sagteware

Boekwinkel



Registreer hier vir die kursus

Registrasie vir hierdie kursus behels
'n registrasiefooi van R100.00
wat ingesluit is by die totale koste
van die Diplomaprogram

 

Toelatingsvereistes

Diploma in Christelike Berading - Fase I

Registrasie word egter voorbehou
en 'n keuringsproses vir voornemende
studente mag ingestel word.

 

Studiemetode

Hierdie studieprogram word deur 
middel van mentorskap 
aangebied.

Dit behels selfstudie deur studente,
maar ook die bywoning van 
aanlyn lesings wat vanuit die Bet-El
Studiesentrum via Internet aangebied word

Die Diploma in Christelike Berading (Fase II) (80 krediete) behels die volgende ses (6) modules:

Module 1 - Huwelik & Gesinne (12 krediete)

BDCB201 - Geslagsverskille, Kommunikasie & Intimiteit
BDCB202 - Probleemhuwelike & Ouerskap
BDCB203 - Huweliksberading & Egskeiding

Module 2 - Afhanklikheid (9 krediete)

BDCB204 - Definisie, Oorsake & Behandeling
BDCB205 - Analise, Diagnose & die Afhanklike
BDCB206 - Behandeling van Spesifieke Afhanklikheid

Module 3 - Verslawing (16 krediete)

BDCB207 - Begrip en Teorie
BDCB208 - Alkohol, Dwelms, Liefde & Eetsteurings
BDCB209 - Behandeling & Genesing
BDCB210 - Assesering, Etiek & Beheer

Module 4 - Huishoudelike Geweld (16 krediete)

BDCB211 - Woede
BDCB212 - Emosionele & Fisies Mishandeling
BDCB213 - Geweld & die Slagoffer
BDCB214 - Seksuele Mishandeling

Module 5 - Psigopatologie (20 krediete)

BDCB215 - Psigopatologie I
BDCB216 - Psigopatologie II
BDCB217 - Psigopatologie III
BDCB218 - Psigopatologie IV
BDCB219 - Psigopatologie V

Module 6 - Beradingspraktyk (7 krediete)

BDCB220 - Beradingspraktyk

Koste van die kursus vir 2012:

  • Aansoekfooie: Gratis
  • Registrasie: R 100.00 (ingesluit by die totale koste van R2 290.00)
  • Voorgeskrewe Boeke. 'n Aantal voorgeskrewe boeke word voorgeskryf. Die koste van hierdie boeke is nie ingesluit in die totale koste wat hieronder aangegee word nie, maar dit kan aangekoop word deur voornemende studente. Die koste wat vir die voorgeskrewe boeke gegee word is vir aankoop vir die student se rekening en kan aangekoop word vanaf Bet-El Bybel Instituut op ons webtuiste.
  • As geheel vir Diplomadoeleindes:
    Totale Koste: R 2 290.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van hierdie Sertifikaatprogram (Ingesluit registrasiefooie, alle studiemateriaal (gedrukte en/of elektroniese formaat) asook sertifisering by suksesvolle voltooiing van die kursus, maar uitgesluit enige versendingskoste van materiaal. (Voorgeskrewe boeke moet addisioneel deur die voornemende student begroot word.)
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:
    Totale Koste: R 2 150.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van hierdie studieprogram (Ingesluit registrasiefooie, alle studiemateriaal (gedrukte en/of elektroniese formaat), maar uitgesluit enige versendingskoste van materiaal. (Voorgeskrewe boeke moet addisioneel deur die voornemende student begroot word.)
  • Per alleenstaande vakeenheid;
    Hierdie opsie is nie beskikbaar vir hierdie kwalifikasies nie.
  • Versending van CD: R 75.00 per versending

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Web Design