|
Meer
oor die Kursus
Die Diploma
in Christelike Berading - Fase I is 'n Vlak B studieprogram
(Sien die Prospektus) wat bestaan
uit 'n kombinasie van kursusse wat ten doel het om studente die kennis
en vaardighede aan te leer ten einde 'n grondslag te vestig op die pad
na effektiewe berading. Die Diploma in Christelike
Berading - Fase I bou voort op die Sertifikaatprogram en
voornemende studente moet eers registreer vir die Sertifikaatprogram voordat
registreer kan word vir die Diplomaprogram.
Die studieprogram
is ontwerp om voornemende beraders, leiers van bedieninge en persone
wat belangstel in berading en hulp aan mense van hulp te wees en in
te tree in ander se lewens ten einde 'n betekenisvolle en blywende verskil
te kan maak terwyl mense met die worstelings en krisisse van die lewe
deel. Ons motivering hiervoor word deur Jesus Christus self vir ons
gegee: "Die Seun van die Mens het nie gekom om gedien te word nie,
maar om te dien." Sy instruksie aan ons was om dieselfde te doen.
Christelike Berading
word beoefen binne die konteks van Christenskap en die Evangelie van
Jesus Christus. Wanneer 'n persoon begelei word op 'n beradingspad is
begrippe soos geloof, heiligmaking, Christelike Beginsels almal ter
sprake. Hierdie diplomaprogram fokus op gebruik van Bybelse konsepte
in die beradingsproses en die daarstel van programme en beginsels ten
einde verandering en oorwinning oor probleme te bewerkstellig. Dit word
egter binne die konteks van begeleiding gedoen en poog nie om voorskrifte
te gee nie.
Studente wat hierdie
studieprogram voltooi verkry krediete vir die Diploma in Christelike
Berading. Dit is 'n voorvereiste dat hierdie Fase van die Diplomaprogram
eers suksesvol voltooi moet word voordat registreer kan word vir die
Diploma in Christelike Berading - Fase II
Studente wat belangstel in Christelike
Berading volg dus die volgende pad:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in
Christelike Berading
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Christelike
Berading - Fase I
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Christelike
Berading - Fase II
Voornemende studente moet daarop let dat Stap 3 in hierdie proses praktiese
werk impliseer. Die Sertifikaatprogram en Fase I van die Diplomaprogram
is teoretiese werk, maar in Fase II van die Diplomaprogram sal daar
van voornemende studente verwag word om ongeveer 50 ure praktiese werk
te verrig en 'n opname van die gesprekke asook verbatim verslae sal
ingehandig moet word. Die inligting met betrekking tot die praktiese
werk word alreeds aan studente verskaf gedurende Fase I van die studieprogram
en studente kan alreeds gedurende Fase I daarmee begin. Addisioneel
daartoe vereis Fase I van die diplomaprogram 'n aantal werkopdragte
wat tot bevrediging voltooi moet word. 'n
Finale assesering per module sal ook van toepassing wees.
Lees gerus meer oor elke vakeenheid aan die regterkant van hierdie
bladsy.
Studente kan slegs
registreer vir hierdie diplomaprogram as geheel en nie vir afsonderlike
modules nie. Daar word egter voorsiening gemaak vir voornemende studente
wat nie die volle bedrag by registrasie kan betaal nie. Krediete word
verwerf vir die voltooiing van elke module.
Vir meer inligting,
bestudeer die Prospektus.
Die koste van hierdie
studieprogram (R2 290.00) sluit registrasie, alle klasnotas, koste van
studieprogram en elektroniese lesings in. Daar word egter van studente
verwag om 'n sestal handboeke aan te koop wat benodig word vir die suksesvolle
voltooiing van die studieprogram. Die beraamde koste van die handboeke
is R190.00 (September 2011) per boek en die handboeke kan aangekoop
word in ons boekwinkel. Hierdie handboeke
is verpligtend vir u studieprogram, maar is so gekies dat voornemende
studente dit lewenslank sal kan benut in enige beradingskonteks.
U benodig geen verdere spesiale
sagteware om die studiemateriaal in hierdie kursus te lees nie, buiten
'n PDF leser. Indien u nie oor 'n PDF leser beskik nie, laai gerus
Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek
onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.
Vir die koste van die Diploma
in Christelike Berading -
Fase I beveel ons
aan dat voornemende studente addisioneel tot die paragraaf aan die regterkant
van hierdie blad ook die Prospektus
deeglik bestudeer. Alle
toepaslike inligting is daarin vir u aangebring.
|
Diploma
in Christelike Berading (Fase I)
|

Skakels
Bet-El
Bybel Instituut Tuisblad
E-Biblioteek
Studiesentrum
Gratis
E-Sword Sagteware
Boekwinkel
Registreer hier vir die kursus
Registrasie
vir hierdie kursus behels 'n registrasiefooi van R100.00 wat ingesluit
is by die totale koste
van die Diplomaprogram
Toelatingsvereistes
Sertifikaat in Christelike
Berading
Registrasie word egter
voorbehou en 'n keuringsproses vir voornemende studente mag ingestel
word.
Studiemetode
Hierdie studieprogram
word deur
middel van mentorskap
aangebied.
Dit behels selfstudie deur studente,
maar ook die bywoning van
aanlyn lesings wat vanuit die Bet-El
Studiesentrum via Internet aangebied word
|
Die Diploma
in Christelike Berading (Fase I) (80 krediete) behels
die volgende ses (6) modules:
Module
1 - Geloofsterapie
(9 krediete)
BDCB101 -
Die toepassing van geloofsterapie en die proses vanuit 'n Bybelse
en psigologiese basis.
BDCB102 - Die rol van geloof in die oplossing van spesifieke probleme.
BDCB103 - Bybelse metodes vir die gebruik van geloof in die oplossing
van probleme.
Module
2 - Mentorskap & Begeleiding (12
krediete)
BDCB104 -
Begeleidingsmodelle
BDCB105 - Begeleidingskonsepte
BDCB106 - Begeleiding & Praktyk
Module
3 - Die Rol van Verandering
(16 krediete)
BDCB107 -
'n Narratiewe Benadering & Model
BDCB108 - Verandering m.b.t Spesifieke Probleme I
BDCB109 - Verandering m.b.t Spesifieke Probleme II
BDCB110 - Verandering m.b.t Spesifieke Probleme III
Module
4 - Die Rol van Openbaring
(15 krediete)
BDCB111 -
'n Bybelse Fondasie
BDCB112 - Geloof, Deugdaamheid & Kennis
BDCB113 - Selfbeheersing, Volharding, Heiligheid
BDCB114 - Goedhartigheid, Liefde
BDCB115 - Assesering, Berading en Geestelike Groei
Module
5 - Lewensbeginsels
(15 krediete)
BDCB116 -
Beginsels vir Blywende Verandering
BDCB117 - Tipe Lewensbeginsels I
BDCB118 - Tipe Lewensbeginsels II
BDCB119 - Beradingsplanne
Module
6 - Groepsberading
(13 krediete)
BDCB120 -
Die Behoefte aan Groepe en Tipes Groepe
BDCB121 - Voordele, Nadele & Struktuur van Groepe
BDCB122 - Dinamika & Fases van Groepe
BDCB123 - Groepsleierskap
|
Koste
van die kursus vir 2012:
-
Aansoekfooie: Gratis
- Registrasie:
R 100.00 (ingesluit by die totale koste van R2 290.00)
- Voorgeskrewe
Boeke. 'n Aantal voorgeskrewe boeke word voorgeskryf. Die koste van
hierdie boeke is nie ingesluit in die totale koste wat hieronder aangegee
word nie, maar dit kan aangekoop word deur voornemende studente. Die
koste wat vir die voorgeskrewe boeke gegee word is vir aankoop vir
die student se rekening en kan aangekoop word vanaf Bet-El Bybel Instituut
op ons webtuiste.
- As
geheel vir Diplomadoeleindes:
Totale Koste: R 2 290.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van
hierdie Sertifikaatprogram (Ingesluit registrasiefooie, alle studiemateriaal
(gedrukte en/of elektroniese formaat) asook sertifisering by suksesvolle
voltooiing van die kursus, maar uitgesluit enige versendingskoste
van materiaal. (Voorgeskrewe boeke moet addisioneel deur die voornemende
student begroot word.)
- As
geheel vir Bybelstudiedoeleindes:
Totale Koste: R 2 150.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van
hierdie studieprogram (Ingesluit registrasiefooie, alle studiemateriaal
(gedrukte en/of elektroniese formaat), maar uitgesluit enige versendingskoste
van materiaal. (Voorgeskrewe boeke moet addisioneel deur die voornemende
student begroot word.)
- Per
alleenstaande vakeenheid;
Hierdie opsie is nie beskikbaar vir hierdie kwalifikasies nie.
- Versending
van CD: R 75.00 per versending
|