|
Meer
oor die Kursus
Die Sertifikaat
in Bybelstudies is 'n Vlak C kursus (Sien die Prospektus)
wat voortbou op die Sertifikaat in Bybelkunde en wat die kennis wat reeds
verwerf is verder toepas op 'n paar gespesialiseerde onderwerpe. Belangrike
konsepte wat bestudeer word sluit in die Heilige Gees, Kommunikasie met
God asook Geestelike Oorlogvoering. Dit stel studente verder bekend aan
'n omgewing van leierskap met die klem op die bediening.
Na voltooiing van hierdie kursus ontvang
studente 32 krediete
wat ten gunste van registrasie vir die Diploma in Bediening asook by
voltooiing daarvan vir die Baccalareus in Bybelstudies gebruik kan word.
Die
Sertifikaat in Bybelstudies
vorm die tweede stap in die verwerwing van 'n Diploma
in Bybelstudies wat 'n voorvereiste is in die verwerwing van 'n Baccalareusgraad
in Bybelstudies (B.BS). Studente wat dus registreer met die doelwit
om 'n Baccalareusgraad in Bybelstudies te verwerf volg die volgende
pad na verwerwing van hierdie kwalifikasie:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in
Bybelskunde. (24 Krediete)
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in
Bybelstudies. (32 Krediete)
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Bybelstudies.
(31 Krediete)
Stap 4 - Registrasie
en suksesvolle voltooiing van 'n Baccalareusgraad in Bybelstudies (B.BS).
(33 Krediete)
(Ten einde 'n B.BS graad te verwerf benodig u 120 krediete. Studente
ontvang die toepaslike kwalifikasie na voltooing van die Sertifikaat-
asook Diplomakursusse en volle krediete en kan dan registreer vir die
laaste fase - Stap 4 - ter verwerwing van die B.BS graad)
Studente
wat registreer vir hierdie kursus moet ‘n werkopdrag in elkeen van die
agt vakeenhede tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat te
ontvang. 'n Finale eksamen sal ook afgelê moet word.
Lees gerus meer oor elke vakeenheid aan die regterkant van hierdie
bladsy.
Vir
meer inligting, lees gerus die Prospektus op die tuisblad.
Alle
voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus
is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente.
Daar
is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel
en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.
Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van
hierdie kursus nie.
U benodig geen spesiale sagteware
om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten
'n pdf leser. Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus
Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die
kategorie "Programmatuur" te aktiveer.
|
Sertifikaat
in Bybelstudies
|

Skakels
Bet-El
Bybel Instituut Tuisblad
E-Biblioteek
Studiesentrum
Gratis
E-Sword Sagteware
Boekwinkel
Registreer
hier vir die kursus
Registrasie
vir hierdie kursus behels 'n registrasiefooi van R100.00 wat ingesluit
is by die totale koste van die Sertifikaatprogram
Toelatingsvereistes
Sertifikaat in Bybelkunde
Studiemetode
Hierdie studieprogram
word deur middel van korrespondensie aangebied.
Dit behels selfstudie deur studente, maar ook die moontlike bywoning
van
aanlyn lesings wat vanuit die Bet-El Studiesentrum via Internet
aangebied word
|
Die Sertifikaat
in Bybelstudies
(32
krediete) behels
die volgende vier (4) modules wat bestaan uit agt (8) vakeenhede:
MODULE 1 (8 Krediete)
HAR203
- Ken God se stem
HAR204 - Die Bediening
van die Heilige Gees
MODULE
2 (8 Krediete)
HAR205
- Geestelike Oorlogvoering
HAR206
- Kragbeginsels
MODULE
3 (8 Krediete)
HAR301 - Bestuursbeginsels
HAR302 -
Omgewingsanalise
MODULE
4 (8 Krediete)
HAR303
- Bestuur deur Doelwitstelling
HAR304
- Mobiliserings Metodologie
|
Koste
van die kursus vir 2012:
- Aansoekfooie:
Gratis
- Registrasie:
R100.00 (ingesluit by totale studiekoste)
- As
geheel vir Sertifikaatdoeleindes:
Aflaai van Internet: R 3 090.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak
van die Sertifikaatkursus
Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 250.00 per CD van
agt vakeenhede. Elke vakeenheid word ontsluit met n gebruikersnaam
en sleutelwoord.
Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing: + R 150.00
Totale Koste: Sonder CD R 3 240.00 of alternatiewelik met CD R 3 490.00
uitgesluit versendingskoste.
'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien
'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie. Sien
inligting in die Prospektus vir meer besonderhede hieroor.
- As
geheel vir Bybelstudiedoeleindes:
Aflaai van Internet: R 2 500.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak
van die kursus.
Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 250.00 per CD van
agt vakeenhede. Elke vakeenheid word ontsluit met n gebruikersnaam
en sleutelwoord.
Uitreik van Brief van Voltooiing: Gratis
Totale Koste: Sonder CD R 2 500.00 of alternatiewelik met CD, R 2
750.00 uitgesluit versendingskoste.
- Per
alleenstaande vakeenheid; slegs Bybelstudiedoeleindes:
Hierdie opsie is nie beskikbaar vir hierdie kwalifikasie nie.
- Versending
van CD: R 75.00 per versending
|