|
Meer
oor die Kursus
Die Sertifikaat
in Bybelkunde is 'n Vlak C kursus (Sien die Prospektus)
wat die studente voorstel aan die inhoud van die Bybel asook goeie Bybelstudie
metodes. Studente word ook geleer om hierdie Bybelstudiemetodes
persoonlik toe te pas op die gelowige se lewe.
Na voltooiing van hierdie kursus ontvang
studente 24 krediete
wat ten gunste van registrasie vir die Sertifikaat in Bybelstudies,
die Diploma in Bybelstudies asook by voltooiing daarvan vir die Baccalareus
in Bybelstudies gebruik kan word.
Die Sertifikaat
in Bybelkunde
vorm die eerste stap in die verwerwing van 'n Diploma
in Bybelstudies wat 'n voorvereiste is in die verwerwing van 'n Baccalareusgraad
in Bybelstudies (B.BS). Dit kan egter ook as 'n losstaande kwalifikasie
verwerf word, met die opsie om voort te gaan na die Diploma en Graad
programme. Studente wat dus registreer met die doelwit om 'n Baccalareusgraad
in Bybelstudies (B.BS) te verwerf volg die volgende pad na verwerwing
van hierdie kwalifikasie:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in
Bybelkunde. (24 Krediete)
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in
Bybelstudies. (32 Krediete)
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Bybelstudies.
(31 Krediete)
Stap 4 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Baccalareusgraad
in Bediening (B.Min). (33 Krediete)
(Ten einde 'n B.BS graad te verwerf benodig u 120 krediete. Studente
ontvang die toepaslike kwalifikasie na voltooing van die Sertifikaat-
asook Diplomakursusse en volle krediete en kan dan registreer vir die
laaste fase - Stap 4 - ter verwerwing van die B.BS graad)
Die kursus kan ook slegs vir
Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande
modules. Indien
dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk op u eie
tyd deur die materiaal. Geen eksamens is van toepassing nie, maar
daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van
die program. In die
geval van registrasie vir Bybelstudiedoeleindes word 'n brief van voltooiing
uitgereik en nie die Sertifikaat nie. Daar is geen krediete
wat toegeken word nie, maar erkenning vir vakeenhede geslaag sal gegee
word indien studente later wil inskryf vir die Sertifikaatkursus.
Studente
wat registreer vir hierdie kursus moet ‘n werkopdrag in elkeen van die
ses vakeenhede tot bevrediging voltooi ten einde die Sertifikaat te
ontvang. 'n Finale eksamen sal ook afgelę moet word.
Lees gerus meer oor elke vakeenheid aan die regterkant van hierdie
bladsy.
Vir
meer inligting, lees gerus die Prospektus op die tuisblad.
Alle
voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursus
is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente.
Daar
is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel
en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.
Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van
hierdie kursus nie.
U benodig geen spesiale sagteware
om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten
'n pdf leser. Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus
Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die
kategorie "Programmatuur" te aktiveer.
|
Sertifikaat in Bybelkunde
|

Skakels
Bet-El
Bybel Instituut Tuisblad
E-Biblioteek
Studiesentrum
Gratis
E-Sword Sagteware
Boekwinkel
Registreer
hier vir die kursus
Registrasie
vir hierdie kursus behels 'n registrasiefooi van R100.00 wat ingesluit
is by die totale koste van die Sertifikaatprogram
Toelatingsvereistes
Graad 12, alternatiewelik
Graad 10
en ouer as 22 jaar.
Studiemetode
Hierdie studieprogram
word deur middel van korrespondensie aangebied.
Dit behels selfstudie deur studente, maar ook die moontlike bywoning
van
aanlyn lesings wat vanuit die Bet-El Studiesentrum via Internet
aangebied word
|
Die Sertifikaat in Bybelkunde
(24
krediete) behels
die volgende drie (3) modules wat bestaan uit ses (6) vakeenhede:
MODULE 1 (8 Krediete)
HAR101 -
Ou Testamentiese Oorsig
HAR102 - Nuwe Testamentiese
Oorsig
'n Oorsig oor die Bybel. Die
struktuur van elke Bybelboek word oorsigtelik bespreek, met
agtergrondinligting bv. die tema, skrywer, ens. van elke boek.
MODULE
2 (8 Krediete)
HAR103 - Geloofsfondasies
Die belangrikheid van die regte geestelike fondasies vir die
lewe en bediening word beklemtoon deur te fokus op die Christelike
geloof soos dit beskryf word in Hebreërs 6:1.
HAR104
- Kreatiewe Bybelstudie Metodes
Hulp aan gelowiges vir persoonlike studie van God se Woord.
Studente leer hoe om die Bybel te bestudeer per boek, hoofstuk,
paragraaf, vers en woord. Metodes sluit in die biografiese,
teologiese, tipologiese en tematiese metodes.
MODULE
3 (8 Krediete)
HAR201
- 'n Bybelse Węreldbeeld
Die Bybelse węreldbeeld
van Genesis tot Openbaring word bestudeer. God se plan vir
die nasies van die węreld van die begin van die tye word uitgelig.
HAR202
- Koninkrykslewe
Hierdie vakeenheid fokus
op patrone en beginsels van 'n Koninkrykslewe wat belangrik is
vir die lewe en vir 'n bediening.
|
Koste
van die kursus vir 2012:
- Aansoekfooie:
Gratis
- Registrasie:
R100.00 (ingesluit by totale studiekoste)
- As
geheel vir Sertifikaatdoeleindes:
Aflaai van Internet: R 2 500.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak
van die Sertifikaatkursus
Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 250.00 per CD van
ses vakeenhede. Elke vakeenheid word ontsluit met n gebruikersnaam
en sleutelwoord.
Uitreik van Sertifikaat na Voltooiing: + R 150.00 (ingesluit by totale
studiekoste)
Totale Koste: Sonder CD R 2 650.00 of alternatiewelik met CD R 2 900.00
uitgesluit versendingskoste.
'n Toegewing word onderhewig aan sekere voorwaardes gemaak indien
'n student nie die totale koste by registrasie kan betaal nie. Sien
Prospektus.
- As
geheel vir Bybelstudiedoeleindes:
Aflaai van Internet: R 2 200.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak
van die kursus.
Uitreik van CD, indien student dit wil bestel: + R 250.00 per CD van
ses vakeenhede. Elke vakeenheid word ontsluit met n gebruikersnaam
en sleutelwoord.
Uitreik van Brief van Voltooiing: Gratis
Totale Koste: Sonder CD R 2 200.00 of alternatiewelik met CD, R 2
350.00 uitgesluit versendingskoste.
- Per
alleenstaande vakeenheid; slegs Bybelstudiedoeleindes:
Aansoekfooie en Registrasie: Gratis
Aflaai van Internet: R 450.00 per vakeenheid, of alternatiewelik uitreik
van CD indien student dit wil bestel: R 250.00 per CD. Student ontvang
CD met alle vakeenhede, maar ontvang slegs die gebruikersnaam en sleutelwoord
van toepassing op die spesifieke vakeenheid waarvoor hy/sy registreer.
In die geval van herregistrasie vir daaropvolgende vakeenhede, word
slegs R50.00 per uitreik van gebruikersnaam en sleutelwoord gehef
en dieselfde CD word gebruik. Hierdie koste sluit versending van CD
uit.
- Versending
van CD: R 75.00 per versending
|