Meer oor die Kursus


Die Diploma in Bybelstudies is 'n Vlak C kursus (Sien Prospektus) wat voortbou op die Sertifikaatprogramme in Bybelkunde en Bybelstudies. Daar word weereens soos in die geval van die Sertifikaatprogram in Bybelstudies gefokus op leierskap in 'n bediening en spesifiek kom onderrig aan die beurt. Ander konsepte wat bestudeer word sluit in Evangelisasie en die metodes om bedienings uit te brei. Vier spesialisbedienings word hier behandel naamlik 'n bediening aan gevangenis en vroue, terwyl intersessie en die interessante veld van genesing ook hanteer word.

Die Diploma in Bybelstudies  vorm die derde stap in die verwerwing van 'n Baccalareusgraad in Bybelstudies (B.BS).  Studente wat dus registreer met die doelwit om 'n Baccalareusgraad in Bybelstudies (B.BS) te verwerf volg die volgende pad na verwerwing van hierdie kwalifikasie:
Stap 1 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in Bybelkunde. (24 Krediete)
Stap 2 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Sertifikaat in Bybelstudies. (32 Krediete)
Stap 3 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Diploma in Bybelstudies. (32 Krediete)
Stap 4 - Registrasie en suksesvolle voltooiing van 'n Baccalareusgraad in Bybelstudies (B.BS). (33 Krediete)
(Ten einde 'n B.BS graad te verwerf benodig u 120 krediete.  Studente ontvang die toepaslike kwalifikasie na voltooing van die Sertifikaat- asook Diplomakursusse en volle krediete en kan dan registreer vir die laaste fase - Stap 4 - ter verwerwing van die B.BS graad)

Studente kan egter ook slegs registreer vir die Diplomaprogram in Bybelstudies en na verwerwing van die kwalifikasies dit as uittreepunt neem. Dit is nie 'n vereiste om voort te gaan met die verwerwing van die Baccalareusgraad nie.

Die kursus kan ook slegs vir Bybelstudiedoeleindes geneem word as geheel of as losstaande vakeenhede.  Indien dit die geval is, ontvang u al die studiemateriaal en werk op u eie tyd deur die materiaal.  Geen eksamens is van toepassing nie, maar daar word van studente verwag om werkopdragte in te handig as deel van die program.  Studente mag vir Bybelstudiedoeleindes registreer vir die kursus in geheel en/of losstaande eenhede.   In hierdie geval is die koste ook aansienlik minder.  'n Brief van voltooiing sal in hierdie geval uitgereik word en nie die Diploma nie.  Daar is egter geen krediete wat toegeken word nie, maar erkenning vir vakeenhede geslaag sal gegee word indien studente later wil inskryf vir die Diplomakursus.  

Studente wat registreer vir hierdie kursus moet ‘n werkopdrag in elkeen van die agt vakeenhede tot bevrediging voltooi ten einde die Diploma te ontvang.   'n Finale eksamen sal ook afgelę moet word in elke vakeenheid.   Lees gerus meer oor elke vakeenheid  aan die regterkant van hierdie bladsy, asook in die Prospektus.

Alle voorgeskrewe boeke, studiegidse en artikels vir hierdie sertifikaatkursusse is ingesluit by die koste van die kursus en is beskikbaar aan studente.  Daar is egter addisionele aanbevole werke beskikbaar in die aanlyn boekwinkel en dit word sterk aanbeveel dat studente dit aanskaf.  Dis egter geen vereiste vir registrasie en/of voltooiing van hierdie kursus nie.

U benodig geen spesiale sagteware om die voorgeskrewe materiaal in hierdie kursus te lees nie, buiten 'n pdf leser.  Indien u nie oor 'n pdf leser beskik nie, laai gerus Adobe Reader af deur die skakel daarvoor in ons E-Biblioteek onder die kategorie "Programmatuur" te aktiveer.

 



Diploma in Bybelstudies



Skakels

Bet-El Bybel Instituut Tuisblad

E-Biblioteek

Studiesentrum

Gratis E-Sword Sagteware

Boekwinkel



Registreer hier vir die kursus

 

Toelatingsvereistes

Sertifikaat in Bybelstudies

 

Studiemetode

Hierdie studieprogram word deur middel van afstandsonderrig 
aangebied.

Dit behels selfstudie deur studente, maar moontlik ook die bywoning van 
aanlyn lesings wat vanuit die Bet-El Studiesentrum via Internet aangebied word.

Die Diploma in Bybelstudies (32 krediete) behels die volgende vier modules wat bestaan uit agt verpligte vakeenhede:

MODULE 1 (8 Krediete)

HAR305 - Evangelisasie

HAR306 - Strategieë vir 'n geestelike Oes

MODULE 2 (8 Krediete)

HAR401 - Onderrigtegnieke

HAR402 - Vermenigvuldigings metodes

MODULE 3 (8 Krediete)

HAR403 - 'n Bediening in die Gevangenis

HAR404 - Vroue in die Bediening

MODULE 4 (8 Krediete)

HAR405 - Intersessie

HAR406 - Genesing: 'n Stryd van die Liggaam



Vir meer inligting oor die inhoud van die spesifieke vakeenhede, sien die
Prospektus


Koste van die kursus vir 2012:
  • Aansoekfooie:  Gratis 
  • Registrasie:  R100.00 ingesluit by die totale koste van R 3 100.00
  • As geheel vir Diplomadoeleindes:   
    Aflaai van Internet: R 3 100.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die Diplomakursus
    Uitreik van CD indien student dit wil bestel: + R 250.00 per CD van agt vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Diploma na Voltooiing:  + R 150.00
    Totale Koste: Sonder CD R 3 250.00 of alternatiewelik met CD 
    R 3 500.00 – uitgesluit versendingskoste.
  • As geheel vir Bybelstudiedoeleindes:        
    Aflaai van Internet: R 2 850.00 vir alle vakeenhede wat deel uitmaak van die kursus.
    Uitreik van CD indien student dit wil bestel: + R 250.00 per CD van agt vakeenhede.  Elke vakeenheid word ontsluit met ‘n gebruikersnaam en sleutelwoord.
    Uitreik van Brief van Voltooiing:  Gratis
    Totale Koste: Sonder CD R 2 850.00 of alternatiewelik met CD
    R 3 100.00 – uitgesluit versendingskoste.
  • Per alleenstaande vakeenheid; slegs Bybelstudiedoeleindes:    
    Hierdie opsie is nie beskikbaar vir hierdie kwalifikasie nie.
  • Betalingsopsie:  Ten einde studente behulpsaam te wees met die betaling van die kursus, bied ons 'n opsie aan vir studente om vir die totale kwalifikasie te registreer en die koste af te betaal per module.  Modules moet egter in die volgorde geneem word soos hierbo aangetoon en slegs studiemateriaal word voorsien wat reeds betaal is.  Die koste van hierdie opsie is egter heelwat duurder in die opsig dat studente elke versending se posgeld self moet betaal wat R60.00 per versending beloop, en die koste van 'n krediet verhoog van R93.75 per krediet na R125.00 per krediet, uitgesluit registrasie.  Die rede daarvoor is dat hierdie opsie aansienlike administrasiekoste meebring.  Studente betaal egter net vir die eerste registrasie die registrasiefooi van R100.00.  Hierdie betalingsopsie is net beskikbaar vir registrasie vir Diplomadoeleindes en nie vir registrasie vir Bybelstudiedoeleindes nie. (Sien Prospektus vir 'n volledige uiteensetting).
  • Versending van CD:  R 75.00 per versending

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Design Studio