|
Voltooi
hierdie aanlyn
Bet-El Bybel Instituut is 'n Christelike Opvoedkundige Instansie wat hoë kwaliteit, praktiese opleiding verskaf teen 'n minimale koste. Sertifikaat-, Diploma- en Voorgraadse kursusse word sowel korrespondensie asook onder mentorskap deur middel van afstandsonderrig sowel as by opleidingsfasiliteite aangebied. Ons is 'n interkerklike bediening wat bereid is om hande te vat met alle gelowiges wat wedergebore is en onvoorwaardelik God se Woord aanvaar as Sy wil. Alle studiemateriaal wat ons verskaf kan afgelaai word van die Internet, maar in sekere kursusse kan studente wat dit verkies ook die materiaal per kompakskyf (CD) bestel. Studente wat studiemateriaal per kompakskyf bestel, ontvang as deel van die studiepakket 38 sagteware- programme wat gebruik kan word vir studiedoeleindes. Dit sluit oa in: twee volledige Engels verklarende woordeboeke, drie "mindmap" programme, persoonlike beplanningsagteware soos taakskeduleerders en nog vele meer. Materiaal in sekere kursusse word ook in gedrukte vorm beskikbaar gestel. Daar is ook heelwat materiaal in ons E-Biblioteek wat gratis beskikbaar is vir aflaai aan enige persoon wat ons webtuiste besoek. Ons beskik oor 'n volledig toegeruste E-Biblioteek waar heelwat voorgeskrewe boeke aanlyn gelees kan word en/of afgelaai kan word. Enkele kursusse het voorgeskrewe boeke wat by ons boekwinkel aangekoop kan word. Ons fokus ook op bystand aan kerke en bedieninge wat studiemateriaal wil ontwikkel vir hul lede en wat as Leersentrum van ons Bybel Instituut wil optree. Ons staan sulke kerke en bedieninge by om hul eie Bybelskole te vestig wat dan optree as Leersentrum van Bet-El Bybel Instituut. In hierdie geval word die kursusse aangebied deur 'n bedieningsleier van die Leersentrum en ons verskaf dokumentasie met betrekking tot die oprigting van Bybelskole bv. begrotingsriglyne, aansoekvorms, evaluasiekaarte, rekenaarprogrammatuur, ens. Ons nooi u uit om aan te sluit as student of Leersentrum by ons Bybel Instituut. Gratis registrasie in geselekteerde kursusse aan alle studente wat direk by ons registreer vir korrespondensiestudies voor einde Desember 2012. Die meeste van ons korrespondensie kursusse kan in u eie tyd en eie omstandighede afhandel word, sonder enige druk wat op u geplaas word deur 'n formele studieprogram. Hierdie bediening word aan u gebied in gehoorsaamheid aan 'n roeping van God. Vir dit alles, loof ons die Here en eer Sy Naam. Kontak ons gerus indien u verdere inligting benodig. Ons
nooi u ook om ons Prospektus
te bestudeer.
World-Wide
Accreditation
Subsidiestelsel vir Studente 'n Engelse Virtuele Kampus Vertalingsprojek |
|
Hierdie
webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI
Design Studio