

Aktiveer die spesifieke skakel en volg die aanlyn instruksies deur 'n boek
aan te koop:

|
Voorgeskryf (Verpligtend) Christian
Counselor's Manual Voorgeskryf vir die Sertifikaat & Diploma in Christelike Berading. Die wereldbekende boek wat dekades lank al gebruik word deur feitlik elke Christelike berader. Dit spreek 'n wye reeks kwessies, onderwerpe en tegnieke aan wat van groot belang is en die fondament behoort te vorm vir Christelike Berading. Nie net beradingskwessies en -probleme word aangespreek nie, maar heelwat inligting word gegee oor die rol van die Heilige Gees in berading, die funksie van hoop in berading, kwaliteite van die berader, ens. |
Sterk Aanbeveel Competent
to Counsel Die voorloper en inleidende werk van Jay Adams wat lei tot die skryf van die Christian Counselor's Manual. Reeds vir die eerste keer gedruk in 1970 is hierdie boek nog steeds dertig uitgawes later 'n hulp vir duisende predikante, studente, Christelike Beraders en evangeliste. Dit verskaf hulp ten opsigte van die ontwikkeling van 'n algemene benadering tot Christelike Berading, maar bevat ook heelwat inligting oor spesifieke probleme. |
|
Baie Sterk Aanbeveel Die
A-Z van Berading Aanbeveel vir die Sertifikaat & Diploma in Christelike Berading. 'n Omvattende gids vir elke mens wat ander wil help om probleme te oorkom en 'n vervulde lewe wil lei. Dit benader 'n wye reeks kwessies vanuit 'n Christelike perspektief en elke hoofstuk bevat 'n gevallestudie, Bybelse beginsels en omvattende inligting oor die oorsake en gevolge van elke probleem en gee ook volledige riglyne vir die berading van mense wat daarmee worstel. |
Aanbeveel Christian
Counseling Casebook Aanbeveel vir die Sertifikaat & Diploma in Christelike Berading. Hierdie boek vergesel die A-Z van Berading en elke hoofstuk bevat 'n gevallestudie en drie stelle vrae oor die gevallestudie en die oplossing van die probleem. Die hoofstukke in hierdie boek loop hand aan hand met die hoofstuknommers in die A-Z van Berading en is 'n baie goeie bron vir enige berader. |
|
Sterk Aanbeveel Effective
Biblical Counseling Aanbeveel vir die Sertifikaat & Diploma in Christelike Berading. In hierdie boek bied Dr. Larry Crabb Jnr 'n model vir berading aan wat maklik inegreer kan word in enige bediening van individue en kerke. Die boek is 'n hulp om mense te help om meer gehoorsaam te leef en om karaktergroei te bewerkstelling in menselewens ten einde selfwaarde te verhoog. Larry Craab is 'n hoogs aangeskrewe spreker en skrywer wereldwyd wat al heelwat toekennings ontvang het vir sy werk. |
Aanbeveel Boundaries Aanbeveel vir die Sertifikaat & Diploma in Christelike Berading. Hierdie boek, geskryf deur twee bekende internasionale sprekers en sielkundiges van formaat, is bekend daarvoor dat dit al meer as 1 000 000 kopiee van verkoop het. Dit bied aan die leser 'n realistiese en deernisvolle plan ten einde grense te bepaal tussen familie, vriende en kollegas. |
|
Baie Sterk Aanbeveel Quick
Scripture Reference to Counseling Aanbeveel vir die Sertifikaat & Diploma in Christelike Berading. Vir meer as 'n dekade is hierdie die gids en bron vir elke berader wat vinnig Skrifverwysings m.b.t 'n spesifieke probleem wil opsoek. Dit bevat 'n volledige indeks vir feitlik enige probleem en is volledig saamgestel met alle Skrifverwysings na die spesifieke probleem. 'n Absolute vereiste vir elke berader wat erns maak daarmee om sy/haar passie uit te leef en 'n verskil te maak. |
Aanbeveel Aanbeveel vir die Sertifikaat & Diploma in Christelike Berading. Hierdie boek bevat al die inligting vir enige berader om te begin met berading asook inligting oor strukture, planne, programme en bronne vir berading. Prof. Tan is 'n gesaghebbende kenner op die gebied van psigologie en is dosent aan die Fuller Teologiese Seminarium in Pasadena. |
BEWEEG TERUG VAN HIERDIE RAK NA DIE BOEKWINKEL
TERUG NA BET-EL BYBEL INSTITUUT TUISBLAD