Bet-El Bybel Instituut is 'n Christelike Opvoedkundige Inrigting wat hoë kwaliteit, praktiese opleiding verskaf teen 'n minimale koste.  Sertifikaat-, Diploma- en Voorgraadse kursusse word sowel korrespondensie asook onder mentorskap by ons opleidings- fasiliteite aangebied.

Ons is 'n interkerklike bediening wat bereid is om hande te vat  met alle gelowiges wat wedergebore is en onvoorwaardelik God se Woord aanvaar as Sy wil.  

Die meeste van die materiaal wat ons verskaf kan afgelaai word van die Internet, maar studente wat dit verkies kan ook die materiaal per kompakskyf (CD) bestel.  Daar is ook heelwat materiaal in ons E-Biblioteek wat gratis beskikbaar is vir aflaai aan enige persoon wat ons webtuiste besoek.   Ons beskik oor 'n volledig toegeruste E-Biblioteek waar heelwat voorgeskrewe boeke aanlyn gelees kan word en/of afgelaai kan word.  Enkele kursusse het aanbevole boeke wat by ons boekwinkel aangekoop kan word.  

Ons fokus ook op bystand aan kerke en bedieninge wat studiemateriaal wil ontwikkel vir hul lede en wat as Leersentrum van ons Bybel Instituut wil optree.  Ons staan sulke kerke en bedieninge by om hul eie Bybelskole te vestig wat dan optree as Leersentrum vir Bet-El Bybel Instituut.  In hierdie geval word die kursusse aangebied deur 'n bedieningsleier van die Leersentrum en ons verskaf dokumentasie met betrekking tot die oprigting van Bybelskole bv. begrotingsriglyne, aansoekvorms, evaluasiekaarte, ens.

Ons nooi u uit om aan te sluit as student of Leersentrum by ons Bybel Instituut.  Besoek ons so gereeld as wat u wil.  
Gratis registrasie in geselekteerde kursusse aan alle studente wat direk by ons registreer vir korrespondensiestudies voor einde Desember 2010.  Die meeste van ons korrespondensie kursusse kan in u eie tyd en eie omstandighede afhandel word, sonder enige druk wat op u geplaas word deur 'n formele studieprogram.  

Hierdie bediening word aan u gebied in gehoorsaamheid aan 'n roeping van God.  Vir dit alles, loof ons die Here en eer Sy Naam.  Besoek gerus ons hulpsentrum indien u enige vrae het, of kontak ons indien u verdere inligting benodig.  Ons nooi u ook om ons Prospektus 2010 af te laai.  

En natuurlik - dankie vir jou wat hierdie Bybel Instituut so gereeld besoek.





Dissipelskap deur Ontwikkeling
BET-EL BYBEL INSTITUUT

                           



'n Groep studente wat by 'n Leersentrum gesels en kuier


 
Elke sertifikaatkursus behels
kragtige lewensveranderde vakeenhede!

Sertifikaat in die Christelike Geloof

Sertifikaat in Missionêre Werk

Sertifikaat in Koninkryksekonomie

Sertifikaat in Bybelse Berading

Sertifikaat in Christelike Dissipelskap

Sertifikaat in Gebed en 'n Genesingsbediening

Sertifikaat in In-Diepte Bybelstudie

Sertifikaat in Missionêre Kerkstudies

Sertifikaat in 'n Wêreldwye Bediening


Sertifikaat in Bybelstudies



'n Diplomakursus watpraktiese en  toepaslike modules behels!

Diploma in Bybelstudies




'n Graadkursus wat ten volle akkrediteer is!

Baccalareus in Bybelstudies

Gratis Christelike E-Boeke

Gratis Sagteware vir Bybelstudiedoeleindes

Skakels

2010 - IN 'N NEUTEDOP

'n Nuwe Subsidiestelsel word aangekondig

Mentorklasse in hoofsentra van Suid-Afrika

Nuwe sertifikaat-, diploma- en graadkursusse

Vertalingswerk 50% voltooi

SAQA registrasie begin 'n werklikheid word

Die instelling van die eerste nie-teologiese studieprogramme

'n lewensdinamika.co.za
alliansie vennoot
 

 

Bet-El Bybel Instituut is 'n bediening van Lewens Dinamika Instituut wat inkorporeer is as 'n Artikel 21 Maatskappy sonder winsoogmerk in die Republiek van Suid-Afrika. Bet-El Bybel Instituut werk in assosiasie en met die organisasies soos genoem op hierdie webtuiste.

Hierdie webwerf is ontwerp en word in stand gehou deur MDI Business Solutions